Programme

TERUG

Fiks vir die lewe

Potgooi

Fiks vir die lewe 16 September 2018
Sondag 16 September 2018

Iemand het eenkeer opgemerk: By die huis roes alles, behalwe die liefde. Is dit waar, of het gesinne van die 21ste eeu al so begin uitrafel dat daar nie eens meer roes oor is nie? In baie gevalle lyk dit of gesinslede nog saam bestaan, maar vergeet het hoe om saam te lewe. Is daar hulp?

Fiks vir die lewe 9 September 2018
Sondag 9 September 2018

Die spreekwoord lui: Die lewe is nie net rosegeur en maanskyn nie. Daar kom oomblikke in die lewe waar dit voel of jy nie meer verder kan nie, waar jy voel dat die lewe aan jou swak kaarte uitgedeel het en oomblikke waar jy ast ware platgeslaan op die vloer l. Hoe nou gemaak? Is daar hoop?

Fiks vir die lewe 2 September 2018
Sondag 2 September 2018

Jy hoor so dikwels iemand s: In my dae was dinge baie anders, om te beklemtoon dat veranderinge aan die orde van die dag is. Vir baie mense is veranderinge, buite en binne hulle, n bedreiging. Hoe goed of sleg is verandering, en hoe kan ek dit hanteer?

Fiks vir die lewe 26 Augustus 2018
Sondag 26 Augustus 2018

Jy lees dit in koerante en hoor daarvan in hofsake: teistering van een geslag deur n ander, by die werkplek, waar daar gekuier word en selfs in huise. Wanneer is dit teistering, en hoe kan ek dit hanteer?

Fiks vir die lewe 19 Augustus 2018
Sondag 19 Augustus 2018

Daar is twee dinge wat enige verhouding kan vernietig: onrealistiese verwagtings en swak kommunikasie. En as ons dink aan wat die bekende skrywer, George Bernard Shaw, ges het: Die grootste probleem met kommunikasie is die illusie dat dit plaasgevind het, lyk dit asof mense probleme het om te kommunikeer.

Fiks vir die lewe 12 Augustus 2018
Sondag 12 Augustus 2018

Hoeveel mense sit dikwels met hulle hande in die hare oor verkeerde of swak besluite wat hulle geneem het. Hoe kan ek verseker dat ek die regte, goeie besluite neem in alle omstandighede en is dit moontlik?

Fiks vir die lewe 5 Augustus 2018
Sondag 5 Augustus 2018

Daar word soms gepraat van naby-dood ervarings waar mens ast ware die dood met haarbreedtes ontsnap het. Hoe hanteer jy sulke situasies, en is dit n tweede kans wat vir jou gegee word?

Fiks vir die lewe 29 Julie 2018
Sondag 29 Julie 2018

n Mens se emosies kan soms moeilik beheer word, veral by n afsterwe, of wanneer jy onregverdig van iets beskuldig word, of wanneer onverskillige motoriste jou bloeddruk laat styg. Dr. Gustav Gous verduidelik hoe jy jou emosies kan beheer.

Fiks vir die lewe 22 Julie 2018
Sondag 22 Julie 2018

Hoe maklik of moeilik is dit om iemand te vertrou? En wat maak jy as daardie een iets wat jy in vertroue aan hom of haar ges het, aan ander oordra?

Fiks vir die lewe 15 Julie 2018
Sondag 15 Julie 2018

Mense kan so maklik in die hitte van die oomblik harde woorde vir mekaar s en verhoudinge groot skade berokken. Hoe herstel jy sulke bre wat afgebrand het?