Programme

TERUG

Middag op RSG 1

Potgooi

Motocross
Donderdag 19 Oktober 2017

Motorfietsresies word dikwels beskryf as n sport vir mans, maar daar is vroue wat hulle beslis nie hieraan steur nie. Christelle van Tonder het by die professionele Motocross-atleet, Nanda Clowes, gaan kuier waar sy besig was om te oefen. Nanda se pa het haar as n tiener aan die sport blootgestel. Sy verduidelik vir Christelle van Tonder wat Motocross is.

Brief van Antoniem 18 Oktober 2017
Woensdag 18 Oktober 2017

Antoniem dink aan 'n dorpie in Namibi waar inwoners heel gelukkig sonder elektrisiteit oor die weg kom, en water met 'n vragmotor afgelewer moet word. Hulle het daarby aangepas, maar sal Suid Afrikaners dieselfde kan doen as die droogte vererger en die krane opdroog?

Rekenaarspeletjies
Woensdag 18 Oktober 2017

Rekenaarspeelitjies is al so tegnologies gevorderd dat dit lankal nie meer net speletjies is nie. Vir sommige mense is dit n beroep! Gustav van Rooyen, n rekenaarspeletjie-ontwikkelaar, vertel meer.

The Drifters
Dinsdag 17 Oktober 2017

Hulle het gesorg vir baie saamsingliedjies en treffers. Sue Pyler gaan terug in tyd met The Drifters.

Disco Duck
Maandag 16 Oktober 2017

Dit was nie Daffy nie. Ook nie Donald nie. Dit was Disco Duck! Vandag, 41 jaar gelede, het n liedjie oor n dansende eend die wreld oorheers

Donkiemelk
Vrydag 13 Oktober 2017

Sue Pyler het die pad Randfontein se kant toe gevat, en by n donkieplaas ingedraai. Daar het sy gaan uitvind waarom die akteur, Zak Hendrickz, besluit het om donkies te melk. Sy daag hom uit om almal van hulle by die naam te noem

Oktoberfees
Donderdag 12 Oktober 2017

Vandag 207 jaar gelede, het die wreld se grootse bierfees begin. Mnchen se Oktoberfees word nie net in Duitsland gevier nie, maar wreldwyd. Christelle van Tonder het gaan uitvind waar die fees sy ontstaan het.

Brief van Antoniem 11 Oktober 2017
Woensdag 11 Oktober 2017

Antoniem bespiegel oor die betekenis van name. As jy uit die woordeboek 'n naam moes kies wat by jou pas, wat sou dit wees?

Huisoutomatisering
Dinsdag 10 Oktober 2017

Stel jou voor die ligte in jou sitkamer gaan vanself aan sodra jy by die vertrek inloop. Of jou bedlampie gaan stiptelik om nege uur aan want dit weet dis jou bedtyd. Dit klink dalk verregaande en soos iets wat jy in n wetenskapfiksiefliek sal sien, maar vandag is huis-outomatisering amper alledaags. Christelle van Tonder gesels met Francois Groenewald, n rekenaarfoendie, oor hoe huis-outomatisering werk.

Doen iets skeppends
Donderdag 5 Oktober 2017

Daar is iets terapeuties daaraan om met jou hande te werk, om iets te maak wat jy in jou geestesoog gesien het en daaraan lewe te gee. Daar is deesdae n beweging, Die Makersbeweging, wat mense aanhits om te skep. Mia van Zyl is n professionele maker. Sy vertele vir Christelle van Tonder van die beweging en die voordele wat dit vir die jeug inhou.

Hoekom moet ek in jou dorp vakansie hou?
Woensdag 4 Oktober 2017

Skoolvakansie beteken nie noodwendig dis n blaaskans vir die ouers nie, dis meer n kans om die Desemberplanne in orde kry. Sue Pyler het by n paar luisteraars gehoor waarom hulle dorp as die perfekte vakansiebestemming bestempel kan word.

Brief van Antoniem 4 Oktober 2017
Woensdag 4 Oktober 2017

Antoniem kan nie glo dat toe sy na jare haar eerste kortverhaal gepubliseer kry, die Ontvanger van Inkomste haar grootste aanhanger sou wees nie.