Programme

TERUG

Middag op RSG 2

Potgooi

Vrouedag
Donderdag 9 Augustus 2018

Dis vandag Nasionale Vrouedag. Dit herdenk die 1956-optog na die Uniegebou, maar fokus ook op die hedendaagse uitdagings wat vroue in die gesig staar.

Poliobewusmakingsweek
Maandag 6 Augustus 2018

Dit is Poliobewusmakingsweek. Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met dr. Marlene le Roux, bestuurshoof van KunsteKaap en kampvegter vir die regte van gestremde jeug. Sy het op die ouderom van drie maande polio opgedoen.

Spider-Man en Flaming Wheels moedig mense aan om orgraanskenkers te word
Donderdag 2 Augustus 2018

Sue Pyler en Ettienne Ludick gesels met Eric Nefdt (as Spider-Man) en Normie Eckard (as Flaming Wheels in sy rolstoel) oor die tog wat hulle Saterdag aanpak van Pretoria af na Lderitz in Namibi. Hulle sal aangetrek wees as strokieshelde wat mense aanmoedig om orgaan- en weefselskenkers te word.

Wreld Hepatitisdag
Vrydag 27 Julie 2018

Wreld Hepatitisdag word elke jaar op 28 Julie gehou. Ettienne Ludick praat met n dokter om uite vind wat dit is, en hoe dit voorkom kan word.

Bob Dylan uitgejou
Woensdag 25 Julie 2018

Op 25 Julie 1965 speel Bob Dylan n elektriese kitaar by n konsert, en word deur die skare uitgejou... Ettienne Ludick diep klank van die konsert op, en hoor Dylan se reaksie op die daaropvolgende negatiewe publisiteit.

Kinders programmeer alles
Woensdag 11 Julie 2018

Enige elektroniese toestel werk met rekenaarprogramme wat deur iemand geskryf is. Kinders so jonk as 10 het kodering deesdae as 'n vak op skool of buitemuurs.

Nikola Tesla
Dinsdag 10 Julie 2018

Nikola Tesla is 10 Julie 1856 gebore. Terwyl hy geleef het, is daar is na hom verwys as die mal wetenskaplike, maar n sy dood het die werklike omvang van sy intellek bekend geword.

9 Julie 1991 - SA terugverwelkom in Olimpiese Spele
Maandag 9 Julie 2018

Op 9 Julie 1991 verwelkom die internasionale sportgemeenskap, spesifiek die Internasionale Olimpiese Komitee, Suid-Afrika terug in wreldsport. Ettienne Ludick kyk terug na hierdie besondere dag.

Marc Lottering oor komedie
Vrydag 6 Julie 2018

As jy vir Google vra wie Suid-Afrika se beste komediante is, sal name soos Barry Hilton, Nik Rabinowitz, Riaad Moosa, Trevor Noah en Marc Lottering heel bo-aan die lys verskyn. Lottering het sedert 1997 uiteindelik die groot sprong gemaak en vir sy familie, nie net in kennis gestel nie, maar gewys dat hy 'n komediant kan wees. Sue Pyler vra hom ernstiger vrae, soos wat die definisie van komedie is.

Konrad Giering
Donderdag 5 Julie 2018

Sue Pyler gesels met Konrad Giering, wat ysskaats vandat hy vier jaar oud is. Hy s dit is deesdae sy beroep.