Programme

TERUG

Oppiradio

Potgooi

Bianca Blanc
Vrydag 16 Februarie 2018

Bianca Blanc het verlede jaar matriek geskryf by die Horskool Zwartkops in Centurion, en is nou n voltydse musikant. Sy gesels met Christelle van Tonder oor die skryf van musiek, en die geleentheid om saam met die legendariese sanggroep Wonderboom op te tree.

Zacas
Vrydag 9 Februarie 2018

Broers Salva en Luigi Zaca is Afrikaanssprekende Italianers. Hulle ouers woon in Amerika, maar die twee noem Suid-Afrika hulle huis. Hulle het verlede jaar hulle eerste enkelsnit bekendgestel, en baie aandag daarmee getrek. Christelle van Tonder gesels met die broers oor hulle musiek, hoe hulle loopbaan begin het, en hulle ondersteuningstelsel in Suid Afrika.

Joe Foster
Vrydag 2 Februarie 2018

Joe Foster se sangloopbaan het baie draaie geloop. Hy het in Amsterdam studeer, in Duitsland gewoon, en het nou n nuwe klank. Christelle van Tonder gesels met hom oor Europese invloede, stres en sy jongste enkelsnit.

Loki Rothman
Vrydag 26 Januarie 2018

As kind het sy ouers nie gedink Loki Rothman sal ooit n instrument kan bespeel nie, as gevolg van sy vingers wat geweb was. Vandag het hy die kitaar bemeester, en kan enige genre uit sy skatkis trek en speel. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy tyd saam met Jack Parow, sy intrumente en musiek, en hoe hy ontdek het hy kan sing.

Carina Bruwer
Vrydag 19 Januarie 2018

Carina Bruwer is die stigterslid van die plaaslike groep, Sterling EQ. Buiten haar musiektalent, het Carina al menige prestasies behaal in die water as n langafstandswimmer. Haidee Muller het met Carina gesels oor haar musiek, Sterling EQ se 10 jaar herdenking en haar passie vir swem.

The Rustlers
Vrydag 12 Januarie 2018

The Rustlers het bekendheid verwerf in die vroe jare 60 met Rock-n-Roll-musiek. Hulle weergawe van Can Can Ladies het vinnig n gunsteling geword vir radiostasies om te speel. Meer as 50 jaar nadat die groep begin het, gesels Christelle van Tonder met ds. Hennie Coetzer en Dries van Zyl, twee van die lede van die groep, oor hoe die groep begin het, en die teenkanting wat hulle van hulle families gekry het.

The Capitals
Vrydag 5 Januarie 2018

The Capitals is n opkomende musiekgroep van Pretoria. Met 'n enkelsnit wat gereeld oor die lug gehoor word, is die manne vinnig oppad om hulle eerste album op te neem. Hulle gesels met Christelle van Tonder oor die verskil tussen die Afrikaanse- en Engelse musiekmark, en hoekom dit moeiliker is om in Engels musiek te maak.

Jay du Plessis
Vrydag 29 Desember 2017

Jay du Plessis vier vanjaar sy 21e jaar in die musiekbedryf. Hy het onlangs sy eerste solo-album in vier jaar bekendgestel. Hy vertel vir Christelle van Tonder van die album, So Lank Sal Ek Jou Lief H, en van die TV-realiteitsreeks waarin hy verskyn saam met sy vier seuns.

Alexandra May
Vrydag 22 Desember 2017

Alexandra May is n jong opkomende musikant. Christelle van Tonder gesels met haar oor mentors in die plaaslike musiekbedryf.

1925 Band
Vrydag 15 Desember 2017

Hulle sien hulleself as die moderne Afrikaanse Bee Gees. David-Lee, Jeffrey en Rno Gericke is drie broers wat saam musiek maak. Hulle groep se naam is 1925 BAND. Christelle van Tonder gesels met hulle oor die naam, die begindae en hoe hulle lirieke van Afrikaans na Spaans vertaal het.