Programme

TERUG

Reis sonder grense

Potgooi

Dinge om te doen in Nieu-Seeland
Saterdag 20 Oktober 2018

Esther Koch woon in Nieu-Seeland. Sy vertel vir Johan Rademan van plekke wat Suid-Afrikaners moet gaan besigtig wanneer hulle die land van die Silwer Varing besoek.

Doringbaai
Saterdag 22 September 2018

Doringbaai aan die Weskus was eensbekend vir kreef en vis, maar toe raak dit met die gebrek aan viskwotas n spookdorpie. Met die gemeenskapsingesteldheid van Fryer Cove, wat destyds hier werksaam was, is die dorpie nou n gewilde toerismebesoekpunt en is die visfabriek omskep in die enigste wynkelder op seevlak in Suid-Afrika. Die gemeenskap se vaardighede is opgeknap vir die toerisme-uitdagings en deesdae hengel hulle toeriste. Hoor meer oor Doringbaai se opstanding en plekke soos Bamboesbaai en die hol kranse waaruit die pluimvee en vee hulle varswater moes drink. Johan Rademan het met Monika de Jager van Weskustoerisme en Jan van Zyl, Doringbaai-projekleier, gesels.

Bethlehemmuseum
Saterdag 15 September 2018

Die Betlehemmuseum word gehuisves in die tweede oudste sendingkerk in die Vrystaat, wat uit 1906 dateer. Die voorsitter van die Vriende van die Museum, Erene Olivier, en haar man, die voormalige stadsklerk Johan Olivier, vertel aan Johan Rademan hoe hulle moet woeker om die museum weer in n sierraad te omskep en die kultuur van die omgewing te verenig in die museum. Hulle werk saam met die museumtrust om dit lewensvatbaar te hou vir die publiek en om deur gesellige geleenthede die geldkoffers gevul te probeer hou.

Darling Blommeskou
Saterdag 8 September 2018

Johan Rademan gesels met Martin Halvorsen oor die oudste blommeskou in die land wat vanjaar 101 jaar oud is.

Die Kamdebo
Saterdag 8 September 2018

Johan Rademan gesels met Chantelle Marais van Graaff-Reinet oor die Kamdeboo en bekende mense soos Robert Sobukwe en dr. Anton Rupert wat deel is van hulle erfenis.

Verlorenkloof
Saterdag 8 September 2018

Johan Rademan gesels met die besturende direkteur van Verlorenvlei, Eric Johnson, oor die Verlorenkloof in die Foreldriehoek in Mpumalanga.

Richmond se perdemuseum
Saterdag 18 Augustus 2018

Die Perdemuseum op Richmond in die Karoo is een van net twee ter wreld wat hulde aan die saalperd bring. Die ander een is in Kentucky in die VSA. Johan Rademan het met amateurhistorikus en opsiener van die museum, Johan Tolken, deur die gebou geloop.

Indi
Saterdag 11 Augustus 2018

Johan Rademan gesels met Bharat Bedi van Indi. Selfs al het di land n bevolking van 1,36 miljard mense, bly toerisme n reuse bron van inkomste in die snelgroeiende ekonomie.

Velddrif se bokkems
Saterdag 11 Augustus 2018

Johan Rademan gesels met Chavonne Ellis oor bokkems, Velddrif en die Weskus-omgewing.

Toerisme in Suidelike Afrika
Saterdag 28 Julie 2018

Dr. Mike Fabricius , n toerismekundige, konsulteer van China tot Zambi in toerisme-ontwikkeling. Johan Rademan het hom gepols oor die toerismesektor in Suidelike Afrika, en Zambi as n bestemming.

Victoria-Wes museum
Saterdag 28 Julie 2018

Johan Rademan gesels met Theo Olivier, die voorsitter van die Victoria-Wes museum.

Saketoerisme Indaba
Saterdag 21 Julie 2018

Johan Rademan gesels met Annemarie Ferns, die bestuurshoof van Stellenbosch360, oor die verbreding van bestemmings deur saketoerisme. Vivian Kleynhans, direkteur van Seven Sister Vineyards, vertel van n bemagtigingsprojek oor transformasie in saketoerisme. En Dirk Elzenga van Nederland, n lid van die Nasionale Konvensieburo, praat oor die groei en ontwikkeling van bestemmings deur Saketoerisme Internasionaal.

Rusland se amberroete
Saterdag 14 Julie 2018

Reis op die Amberroete in Rusland saam met Johan Rademan, n Russiese amberkenner, en dr. Mandie Uys.

Elgin
Saterdag 7 Julie 2018

Die ou klipgebou langs die spoorlyn in Elgin, wat deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is, is tot n nuwe glorie herstel, wat gekombineer word met n outentieke stoomtreinervaring uit Kaapstad. Deborah Smook en Derich du Toit deel hierdie opwindende nuus met Johan Rademan en voornemende toeriste aan di vrugbare vallei.

Rusland
Saterdag 7 Julie 2018

Johan Rademan gesels met dr. Mandie Uys oor die tsaardom en ikone in Rusland, met spesifieke verwysing na Uglich wat amper die hoofstad van Rusland was. Natalia, n Russiese gids, gee ook agtergrond oor die twee tsaardomme en die dood van Dimitri, wat gelei het tot n klok se klepel wat as tronkstraf hardepad in Siberi gekry het. Hoor hoe klink die klok, wat weer terug is in die Russiese-ortodokse kerkie in Uglich.