Programme

TERUG

Taaldinge

Potgooi

Taaldinge 11 November 2018
Sondag 11 November 2018

Hoekom word ren en sen met deeltekens geskryf, en been en steen nie? Wat is n noorkapperwalvis? Is dit korrek om te praat van die afvoer van mense?

Taaldinge 4 November 2018
Sondag 4 November 2018

Prof. Hans du Plessis het by 'n onlangse herkomsseminaar gepraat oor die wortels van Afrikaans. In 'n geredigeerde weergawe van sy bydrae verduidelik wat hy onder meer wat hy met die "voorpos" bedoel.

Taaldinge 28 Oktober 2018
Sondag 28 Oktober 2018

In Taalnavrae word die betekenis van navrant gegee, daar word gesels oor taptoe, en uitgebrei oor die woord tarentaal.

Taaldinge 21 Oktober 2018
Sondag 21 Oktober 2018

Daar is groot internasionale belangstelling in die grammatika van Afrikaans. Viva se grammatikasimposuim is onlangs in Gent in Belgi gehou, en prof. Gerhard van Huyssteen vertel meer oor die sprekers wat opgetree het en die onderwerpe wat bespreek is.

Taaldinge 14 Oktober 2018
Sondag 14 Oktober 2018

Wat is die effektiwiteit (of nie) en waarde van n reklameveldtog vir iets wat nie n konkrete diens of produk is nie, maar eerder n emosie, soos 'n taal?

Taaldinge 7 Oktober 2018
Sondag 7 Oktober 2018

'n Unieke nuwe woordeboek, die Junior Tweetalige Woordeboek, het pas verskyn. Ina Strydom praat met die leksikograaf, Delana Fourie en NB Uitgewers se streeksverkoopsbestuurder vir skole in Gauteng, Henk Viljoen oor die boek.

Taaldinge 30 September 2018
Sondag 30 September 2018

Kan die spanning tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariteite van Afrikaans verlig word, en hoe?

Taaldinge 23 September 2018
Sondag 23 September 2018

Gesproke Afrikaans en geskrewe Afrikaans is nie altyd dieselfde nie. Wat is die redes hiervoor en watter invloede speel 'n rol? Ina Strydom praat met Jana Luther van Viva oor hierdie kwessie.

Taaldinge 16 September 2018
Sondag 16 September 2018

Die taalkenners beantwoord n klompie taalnavrae van luisteraars. Hulle praat oor onder meer n stil veiling, n klossiegat en n boom operator.

Taaldinge 9 September 2018
Sondag 9 September 2018

Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens van die NWU oor die gapings wat nog bestaan in die optekening van die geskiedenis van Afrikaans.