Nou op die lug

Dis opera

21:10-23:00

Interaktief

Programme

TERUG

Taaldinge

Potgooi

Taaldinge 5 Julie 2020
Sondag 5 Julie 2020

In Taalnavrae word gevra of n mens sterf aan n siekte of weens n siekte, en n goeie Afrikaanse woord vir cabin fever.

Taaldinge 28 Junie 2020
Sondag 28 Junie 2020

Ina Strydom praat met emeritusprofessor verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan UWK, prof. Frank Hendricks, oor Kaaps se oorsprong, status en toekoms.

Taaldinge 21 Junie 2020
Sondag 21 Junie 2020

Taaldinge wyk af van die gewone formaat. Rika Sennet doen n uittreksel-voorlesing uit Elsa Joubert se boek Spertyd. Joubert is die afgelope week oorlede.

Taaldinge 14 Junie 2020
Sondag 14 Junie 2020

Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van die WAT se Tienjaarplan: die doelwitte, die vordering en die uitdagings.

Taaldinge 7 Junie 2020
Sondag 7 Junie 2020

In Taalnavrae word gepraat oor portret, masker, wat is kreosoot, en oor die mrestond wat goud in die mond het.

Taaldinge 31 Mei 2020
Sondag 31 Mei 2020

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, het onlangs sy Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend gestel. Die projekleier, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom wat di portale behels en hoe dit gebruik kan word.

Taaldinge 24 Mei 2020
Sondag 24 Mei 2020

Die afgelope week is verskeie ATKV Veertjie-toekennings gemaak. Een daarvan gaan aan Frieda van den Heever en haar program, Voetsoldaat van die Vers, wat oor die digter Clinton V. du Plessis gaan. DIt is verlede jaar as deel van RSG Skatkis uitgesaai. Luister weer na hierdie bekroonde hoorbeeld.

Taaldinge 17 Mei 2020
Sondag 17 Mei 2020

Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom van die projekte waarmee hulle tans besig is. Dit sluit onder meer n leerhulp-afdeling, n Covid-woordeboek en 'n muurprojek in.

Taaldinge 10 Mei 2020
Sondag 10 Mei 2020

In Taalnavrae word gepraat oor daaglikse brood, Engelse sout, verewekansig en oor hoe COVID-19 uitgespreek moet word.

Taaldinge 3 Mei 2020
Sondag 3 Mei 2020

Die pes of 'n virus as tema, kom al vir eeue in geskrifte voor. Ina Strydom praat met dr. Neil van Heerden van Unisa oor die skrywer as profeet, en die mensdom se fasinasie met die pes.