Programme

TERUG

Hoe verklaar jy dit?

Potgooi

Hoe verklaar jy dit? 15 Oktober 2017
Sondag 15 Oktober 2017

Bestaan daar enige bewys dat arende hulle kleintjies in die lug ondersteun wanneer hulle begin vlieg? Hoe werk n slimfoon se raaksensitiewe skerm? En hoe indentifiseer n mens geskikte areas vir die oprig van windturbines?

Hoe verklaar jy dit? 8 Oktober 2017
Sondag 8 Oktober 2017

Hoe werk n teensuurmiddel wat self suur bevat? Is uile gebiedsgebonde? En is die uithaal van vrugteboorde werklik n waterbesparende strategie?

Hoe verklaar jy dit? 1 Oktober 2017
Sondag 1 Oktober 2017

Wat is n Afrika-aartappel? Hoe lank bly insekte-middels giftig in die tuin? Deur watter stadiums van ewolusie het ons waterlewende voorouers ontwikkel tot by die vroegste menslike wesens? En hoe raak n mens van lastige blaaspootjies ontslae?

Hoe verklaar jy dit? 24 September 2017
Sondag 24 September 2017

Wat kan n mens doen om n keweragtige insek, in die volksmond bekend as twee-tweetjies, in jou groentetuin te bekamp? Watter soort wurm dra haar eiers op haar rug saam? Hoe word radio-aktiewe datering op fossiele gedoen? En watter soort spinnekop spin n pragtige, koepelvormige web? Henk Geertsema en Jurie van den Heever beantwoord di vrae.

Hoe verklaar jy dit? 17 September 2017
Sondag 17 September 2017

Hoekom moet n mens al minder water in n stoom-eierkoker gooi, hoe meer jy eiers daarin kook? Wat was die sogenaamde Carrington-gebeurtenis van 1859? En hoekom is die suiderligte tydens hierdie gebeurtenis in Australi waargeneem, maar nie in Suid-Afrika nie? Hoe is dit moontlik om met n selfoon n ligkol op n muur te kaats waarop die son reeds skyn? En wat veroorsaak dat n arend wat in die lug sirkel periodiek verskyn en verdwyn?

Hoe verklaar jy dit? 10 September 2017
Sondag 10 September 2017

Was ons voorgeslagte eeue gelede kleurblind? Hoe werk die induksie-kookproses? Gebruik n gasverwarmer meer gas as jy meer elemente gelyktydig gebruik? En hoekom het die gebou wat onlangs in n hewige brand in Londen verwoes is, nie ineengestort soos die Twin Towers destyds in die VSA nie?

Hoe verklaar jy dit? 3 September 2017
Sondag 3 September 2017

Is die feit dat die haainette aan die KwaZulu-Natalse kus onlangs tydens die sardientjie-loop verwyder moes word, nie n aanduiding dat die nette oorbodig is nie? Is daar n plaasvervanger vir naftaleen om vismotte mee te verdryf? Hoe kan n mens die koste van n boorgat vooraf bepaal? En kan n kat n skerpioen dood blaas?

Hoe verklaar jy dit? 27 Augustus 2017
Sondag 27 Augustus 2017

Kan katte ook met die MI-virus besmet raak? Kan n mens vooraf bepaal wat die gehalte van die water in n boorgat sal wees? En wat is die sogenaamde Parktown prawns?

Hoe verklaar jy dit? 20 Augustus 2017
Sondag 20 Augustus 2017

Watter veranderings het die pootlose akkedis ondergaan om te kan oorleef? Duisende jare gelede was Robbeneiland vas aan die Wes-Kaapse skiereiland. Is daar vandag enige noemenswaarddige genetiese verskille tussen die akkedisse op die eiland en di by Bloubergstrand? En hoekom gaan dennebome dood as n mens dit afkap, terwyl bloekombome weer uitloop?

Hoe verklaar jy dit? 13 Augustus 2017
Sondag 13 Augustus 2017

Waaruit bestaan die spektrum van lig wat die menslike oog kan sien? Is die adelaarsvaring n inheemse plant? En hoeveel skilpadspesies is daar in Suider-Afrika?