Nou op die lug

19:00 Nuus

19:00-19:05

Empty

Interaktief

Programme

TERUG

Leefwêreld van die gestremde

Potgooi

Leefwreld van die gestremde 20 September 2020
Sondag 20 September 2020

Fanie du Toit kyk na statistiek van beroertes. Een uit elke vier mense kry iewers in hulle lewe n beroerte. Daar is ook toenemend gevalle van jongmense wat n beroerte kry. Jacqui January gesels met n ma van twee kinders, wat albei met Tipe 1 Diabetes n outisme gediagnoseer is. Sy vertel van die skok en stres wat dit meebring, en die uiteindelike aanvaarding.

Leefwreld van die gestremde 13 September 2020
Sondag 13 September 2020

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die SA Federasie vir Gestremdheid. En Jacqui January het gaan uitvind van die werk wat die Breede Rivier Vereniging vir Mense met Gestremdhede doen. Dis n wye gebied met n paar maatskaplike werkers en toegewyde vrywilligers wat wonderlike werk doen vir mense met gestremdhede in hierdie deel van die Boland.

Leefwreld van die gestremde 6 September 2020
Sondag 6 September 2020

Fanie du Toit vertel van n netwerk om inklusiwiteit, bewustheid en begrip vir gestremdhede te skep. En Jacqui January vind meer uit van die gedrag en unieke eienskappe van persone op die outismespektrum.

Leefwreld van die gestremde 30 Augustus 2020
Sondag 30 Augustus 2020

Fanie du Toit hoor hoe 'n veilige tuiste en werkplek vir volwassenes met intellektuele gestremdhede uit die boks dink, en versorgers en inwoners tydens die inperking stimuleer en gelukkig hou. Jacqui January gesels met Vanessa Viviers wat met Spina Bifida gebore is. Sy is n suksesvolle menslike hulpbronwerker by n ingenieursmaatskappy. Haar passie is om n netwerk te vestig vir algemene tot ongemaklike vrae wat persone met gestremdhede wil vra om hulleself te bemagtig.

Leefwreld van die gestremde 23 Augustus 2020
Sondag 23 Augustus 2020

Fanie du Toit praat met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor hulle werk, en die grootste fondsinsamelingsinisiatief, Losli dag, wat deur Covid-19 benvloed is. Jacqui January vind meer uit van die plasing van jongmense met intellektuele- en leergestremdhede in die arbeidsmark, en die ondersteuning wat lewenslank aan hulle gebied word.

Leefwreld van die gestremde 16 Augustus 2020
Sondag 16 Augustus 2020

Fanie du Toit gesels met n blinde man wat ondersteuning bied aan ander persone met gestremdhede in die Overstrandgebied. Hy vertel hoe gestremdes sukkel om stigmatisering af te skud, en met Covid-19 het dit net moeiliker geword. Jacqui January gesels met n kampvegter vir die regte van mense met gestremdhede. Dorithy-Anne Howitson is gestremd en moet nou die tuig as kampvegter neerl a.g.v van gesondheidsredes. Sy vertel van haar stryd met Post Polio Sindroom.

Leefwreld van die gestremde 9 Augustus 2020
Sondag 9 Augustus 2020

Fanie du Toit gesels met n mobiliteitspraktisyn oor daaglikse vaardighede vir persone met gehoorverlies en mense wat skielik hulle visie verloor. Jacqui January kyk na wetgewing oor kopiereg wat toegang tot leesstof vir persone met leesgestremdhede verseker. Dit is reeds in baie lande in plek, maar in Suid-Afrika sloer dit.

Leefwreld van die gestremde 2 Augustus 2020
Sondag 2 Augustus 2020

Fanie du Toit hoor hoe kwesbare persone en mense met kroniese siektetoestande, substansie-afhanklikheid tydens die Covid-pandemie kan hanteer. Ashley Theron is die bestuurshoof van die AGS Welsyn. Hy vertel van hulle gesin- en kinderversorgingsprojek. Ashley het 24-jarige seun met Downsindroom, en vertel hoe graag hy na Josh Groban en Afrikaanse musikante luister.

Leefwreld van die gestremde 26 Julie 2020
Sondag 26 Julie 2020

Fanie du Toit hoor hoe kwesbare persone en mense met kroniese siekte toestande, vrese en angs tydens die Covid-pandemie kan hanteer. En Jacqui January vind meer uit oor die versorging en bemagtiging van die versorgers van persone met demensie.

Leefwreld van die gestremde 19 Julie 2020
Sondag 19 Julie 2020

Fanie du Toit praat met 'n tolk oor hoe hy persone wat doofblind is by vergaderings insluit, en hoe daar met hulle gekommunikeer word. Jacqui January gesels met die vrou van n visueel gestremde man. Sy vertel van hulle ontmoeting, hulle werk onder blindes en wat sy by haar man leer.