Programme

TERUG

Rand en sent

Potgooi

Rand en sent 17 Maart 2019
Sondag 17 Maart 2019

Die derde van vier gesprekke oor aftredebeplanning handel oor “Beplanning NÁ aftrede”. ‘n Finansiële beplanner verduidelik ook wat die verband is tussen fietsry, finansies en goeie beleggings.

Rand en sent 10 Maart 2019
Sondag 10 Maart 2019

Die tweede van vier gesprekke oor aftredebeplanning handel oor “Beplanning BY aftrede”. ‘n Prokureur verduidelik ook wat handelsmerke, pattente en kopiereg behels, en hoekom dit nodig is dat ons almal daarvan kennis moet neem.

Rand en sent 3 Maart 2019
Sondag 3 Maart 2019

Die eerste van vier gesprekke oor aftredebepanning handel oor “Beplanning VIR aftrede". En ‘n prokureur praat oor die voordele daarvan om eiendom en ander bates in ‘n trust te registreer, en hoe om dit op die regte manier te doen.

Rand en sent 24 Februarie 2019
Sondag 24 Februarie 2019

Sien só om na jou werknemers se emosionele en liggaamlike welstand vir beter produktiwiteit - ‘n kundige deel statistiek en gee raad, en ‘n TV-vervaardiger verduidelik hoe hulle hulle personeel emosioneel ondersteun. En daar is nuus oor debietorderbedrog en nuwe maniere om dit die hoof te bied.

Rand en sent 17 Februarie 2019
Sondag 17 Februarie 2019

‘n Finansiële kenner bespreek gesondheidsversekering wat vir jou kinders die heel beste behandeling sal help koop in geval van kanker of ‘n ander gevreesde siekte. En daar is nuus oor nuwe internetbedrogslenters en hoe jy jouself daarteen kan beskerm.

Rand en sent 10 Februarie 2019
Sondag 10 Februarie 2019

Finansiële state en ‘n begroting kom aan die beurt in die sesde en laaste gesprek in die reeks oor finansiële geletterdheid. En ‘n prokureur verduidelik hoekom dit noodsaaklik is om alle ooreenkomste op skrif te stel om geskille, wat later mag opduik, te voorkom.

Rand en sent 3 Februarie 2019
Sondag 3 Februarie 2019

Skuld is die onderwerp in die vyfde en voorlaaste gesprek in die reeks oor finansiële geletterdheid. En ‘n kenner van tegnologie praat oor maklike, nuwe en veilige maniere vir kleinsake-ondernemings om betalings te ontvang.

Rand en sent 27 Januarie 2019
Sondag 27 Januarie 2019

In die vierde in ‘n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid kom basiese ekonomiese beginsels onder die soeklig. En beleggings in maatskappye met beter volhoubaarheidspraktykte word al hoe meer gewild. ‘n Kenner verduidelik hoekom dit belangrik is.

Rand en sent 20 Januarie 2019
Sondag 20 Januarie 2019

‘n Finansiële beplanner praat oor die noodsaaklikheid van ‘n mediese fonds nadat hy self onverwags in die hospital beland het. En in die derde in ‘n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid, val die klem op hoe jy jou geld bestee.

Rand en sent 13 Januarie 2019
Sondag 13 Januarie 2019

‘n Finansiële beplanner kyk na drie verskilende maniere om ‘n motor te koop en daarvoor te betaal. In die tweede in ‘n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid val die klem op finansiële risiko’s.