Programme

TERUG

Sterre en planete

Potgooi

Sterre en planete 18 Februarie 2018
Sondag 18 Februarie 2018

Die span gesels oor die krag en grootte van die swaarste vuurpyl ooit, die Falcon Heavy. Wat die lansering merkwaardig maak, is dat dit gedoen is deur n privaatmaatskappy, Space X. Daar word ook gepraat oor NASA wat blykbaar van plan is om die befondsing van die Internasionale Ruimtestasie oor te skuif na die privaatsektor.

Sterre en planete 11 Februarie 2018
Sondag 11 Februarie 2018

Wim Filmalter praat oor n paar tegnieke om sterre en die maan mooi af te neem. Kobus Olckers vertel van kosmiese strale. En daar is inligting oor twee sterrekyk-geleenthede. Die een is by Ludwig se roosplaas net noord van Pretoria, en die ander tydens die Woordfees by Knorhoek in die Wes-Kaap.

Sterre en planete 4 Februarie 2018
Sondag 4 Februarie 2018

Een van die projekte waaraan dr. Japie van Zyl en sy span by die Jet Propulsion Laboratory werk, is die Europa Clipper-sending na een van Jupiter se mane. Hy vertel van een van die uitdagings wat sy span het om vas te stel of die oppervlak van die maan met bros ys bedek is, en of daar soliede ysplate is. Dit sal die ontwerp van die tuig benvloed. Daar is ook inligting oor soliede ys wat onder die oppervlak van Mars gevind is.

Sterre en planete 28 Januarie 2018
Sondag 28 Januarie 2018

Die span gesels oor die verskillende sonne of sterre in ons sterrestelsel. Een van die interessante feite wat na vore kom, is dat dit ons son sowat 200 miljoen jaar neem om een keer om die sentrale punt in die Melkweg te roteer. Daar is ook interessante feite oor ligbesoedeling en die omvang daarvan.

Sterre en planete 21 Januarie 2018
Sondag 21 Januarie 2018

2018 is, wat ruimte-aktiwiteit betref, n taamlike vol jaar. Die span gesels oor die doen en late van verskeie ruimteagentskappe. En Willie Koorts praat oor vanjaar se twee bloumane.

Sterre en planete 14 Januarie 2018
Sondag 14 Januarie 2018

Kobus Olckers na die moontlikheid dat die ho sonvlekaktiwiteitaktiwiteit moontlik tot n nuwe Maunder-periode kan lei. Tydens die vorige Maunder-periode van ongeveer 1659 tot 1772 het die aarde heelwat koeler temperature ervaar, sodat selfs die water in die Teemsrivier geys het. Die span praat ook oor die wisseling van die waarneembare sonversksynsels en die voorkoms van verskynsels wat baie moeilik gemeet kan word.

Sterre en planete 7 Januarie 2018
Sondag 7 Januarie 2018

Dr. Japie van Zyl, direkteur van sonnestelseleksplorasie by die Jet Propulsion Laboratory in die V.S.A. praat oor die land se besluit om sy navorsing op die diep ruimte te fokus, en wat dit vir sy departement beteken. Daar word ook gepraat oor hoe ver in die ruimte sonkrag nog doeltreffend is, en die span gesels oor kubussatelliete wat deesdae baie gewild is.

Sterre en planete 24 Desember 2017
Sondag 24 Desember 2017

Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die Bethlehemster. Daar is baie oor hierdie ster bespiegel, en een van die vrae wat gevra word, is of dit moontlik n okkultasie was.

Sterre en planete 17 Desember 2017
Sondag 17 Desember 2017

Die span vertel waar sterre se name vandaan kom. Sterre het verskillende name in die verskillende kulture. n Interessante vraag word ook bespreek oor fisika: As daar n ander beskawing elders in die ruimte sou wees, sou die fisikabeginsels dieselfde wees as hier op aarde?

Sterre en planete 10 Desember 2017
Sondag 10 Desember 2017

Die boek, Sterre en Planete, is onlangs gepubliseer. Dit is in Pretoria en Bloemfontein bekendgestel, waar die gaste kon luister na n spesiale samestelling van hoe die skrywers die skryf van die boek ervaar het. Die skywers is prof. Matie Hoffman, Willie Koorts, Kobus Olckers, dr. Japie van Zyl en Hennie Maas.