Programme

TERUG

Praat Saam

Potgooi

Praat saam 25 Mei 2018
Vrydag 25 Mei 2018

Afrikadag herdenk die stigting van die Organisasie van Afrika-eenheid, wat nou bekend staan as die Afrika Unie. Waar staan die vasteland ten opsigte van ontwikkeling binne Afrika?

Praat saam 24 Mei 2018
Donderdag 24 Mei 2018

Die sportkanaal Supersport s volgens hulle voorlopige bevindings is die Ashwin Willemse-voorval nie rasverwant nie. Hoe skep ons n klimaat van inklusiwiteit in die samelewing, en word bedag op subtiele bevooroordeling?

Praat saam 23 Mei 2018
Woensdag 23 Mei 2018

Met die De Zalze-moorde en die skuldigbevinding van Henri van Breda nog vars in die geheue, praat Lynette Francis oor gesinsmoorde en die skynbaar onverklaarbare motiewe daarvan.

Praat saam 22 Mei 2018
Dinsdag 22 Mei 2018

Sou n beleid van neo-liberalisme die ekonomiese klimaat vir groei skep, tot voordeel van alle Suid-Afrikaners? Hoe kan dit die politieke landskap in die land ontwrig?

Praat saam 21 Mei 2018
Maandag 21 Mei 2018

Daar was verlede week twee kotant-in-transito-rooftogte binne twee dae in Gauteng. Die parlementre portefeuljekomitee hou op 13 Junie n spesiale sitting met al die rolspelers oor die toename in hierdie soort rooftogte.

Praat saam 18 Mei 2018
Vrydag 18 Mei 2018

President Cyril Ramaphosa s sakebeleid moet deurlopend verbeter word om toe te sien dat kleinsake-ondernemings, wat die ruggraat van die ekonomie is, ondersteun word sodat hulle kan groei en selfstandig word. Waar is die geleenthede vir hierdie sektor om bande te smee met die regering?

Praat saam 17 Mei 2018
Donderdag 17 Mei 2018

Waarheen gaan mans as hulle slagoffers van mishandeling is? Wie ondersteun mans as hulle vroue of maats hulle mishandel, en het hulle die vrymoedigheid om daaroor te praat?

Praat saam 16 Mei 2018
Woensdag 16 Mei 2018

Die sesde sitting van die Pan Afrika Parlement het verlede week begin, met temas oor die stryd teen korrupsie en volhoubare transformasie in Afrika. Word daar vordering gemaak, en wat is die mylpale wat gevier kan word?

Praat saam 15 Mei 2018
Dinsdag 15 Mei 2018

Ouerskap is veeleisend, want die wreld en die tegnieke van kindgrootmaak het verander. Hoe het dit die komplekse verhouding tussen kinders en ouers benvloed?

Praat saam 14 Mei 2018
Maandag 14 Mei 2018

Die regering s hy sal toesien dat daar bestendigheid in Kaapstad is, maar ontleders meen die stryd tussen Patricia de Lille en die DA kan die politieke partye in volgende jaar se verkiesing duur te staan kom, en selfs in KwaZule-Natal kan faksies die ANC se eenheidsbootjie laat sink. Hoe lyk n inklusiewe politieke party waar ras, geloof, geslag en seksuele orintasie nie die kaartjie vir politieke toetrede of bestaansreg is nie?