Programme

TERUG

RSG Sport

Potgooi

Warren Abrahams
Saterdag 21 April 2018

Warren Abrahams is in die Kaap gebore, maar is deesdae assistentafrigter van England se Sewesrugby. Hulle het onlangs by die Statebondspele die Blitzbokke geklop om die bronsmedalje te wen. Hy het met Jody Hendricks oor sy loopbaan en toekomsplanne gepraat.

Warren Abrahams
Saterdag 21 April 2018

Warren Abrahams is in die Kaap gebore, maar is deesdae assistentafrigter van England se Sewesrugby. Hulle het onlangs by die Statebondspele die Blitzbokke geklop om die bronsmedalje te wen. Hy het met Jody Hendricks oor sy loopbaan en toekomsplanne gepraat.

Die week in rugby 19 April 2018
Donderdag 19 April 2018

Jody Hendricks fokus op die Supersport Challenge wat die naweek begin, en praat ook met twee internasionale Sewes-afrigters.

CJ Stander
Saterdag 14 April 2018

Die Ierse rugbyspeler CJ Stander was onlangs in Suid Afrika. Hy het met Jody Hendricks gepraat oor sy loopbaan, sy lewe in Ierland en hoekom hy Suid-Afrika destyds verlaat het.

Die week in rugby 12 April 2018
Donderdag 12 April 2018

Jody Hendricks praat met CJ Stander oor die PRO 14, met die Blitzbokke oor die Statebondspele en met Chaen Roux, afrigter van die SA onder 20-span.

Mornť Morkel tree uit krieket 5 April 2018
Donderdag 5 April 2018

Die Proteas het die vierde en laaste toets teen AustraliŽ op die Wanderers met 492 lopies gewen. Suid-Afrika het met diť oorwinning die reeks met 3--1 ingeoes. Toeskouers het Morne Morkel staande toegejuig. Hy het vroeŽr sy uittrede uit toetskrieket aangekondig en die toets op Wanderers was sy laaste. Jody Hnedricks het met hom oor sy krieketloopbaan gepraat

Henri Schoeman 5 April 2018
Donderdag 5 April 2018

Henri Schoeman het die eerste medalje vir Suid-Afrika verower by die Statebondspele in AustraliŽ. Hy het 'n goue medalje gewen vir driekamp. Hy het kort daarna met Jody Hendricks van RSG sport gepraat.

Rugby voorskou 4 April 2018
Woensdag 4 April 2018

Die Blitsbokke speel die naweek in Hong Kong been van die wereldsewes reeks. Neil Powell het Ďn onervasre span vir die toernooi gekies, omdat sy eerstekeuse spelers aan die Statebondspele gaan deelneem. Die span in Hong Kong gaan deur Dewald human aangevoer word, terwyl Rayno Smith ook sy buiging vir die span gaan maak. Die vrouesewes span gaan ook in Hong Kong in aksie wees.

Gerda Steyn wen die Old Mutual Two Oceans Marathon
Maandag 2 April 2018

Saterdag, 31 Maart 2018, het Gerda Steyn in die 56km-dames wedloop by Old Mutual Two Oceans Marathon gessevier. Na haar oorwinning het Jody Hendricks van RSG sport het met haar gepraat.

Die week in Rugby 24 Maart 2018
Saterdag 24 Maart 2018

Die afgelope week is Willem Strauss as die nuwe president van die Blou Bulle Rugby unie aangestel. Rudi Page het hom by die Cheetahs aangesluit en Uzzair Cassiem gaan Bloemfontein vir Wallis verlaat. Jody Hendricks doen 'n oorskou oor die week se rugby gebeure.

Breyton Paulse en die Kaapstadfietstoer
Maandag 12 Maart 2018

Die organiseerders van die Kaapstadfietstoer sÍ hulle is baie hartseer oor die dood van drie deelnemers aan die fietstoer. Meer as 18,000 fietsryers het aan die 2018 weergawe van die toer deelgeneem. Jody Hendricks het met een bekende, voormalige Springbok Breyton Paulse, gepraat. Hy het vanjaar vir die eerste keer aan die toer deelgeneem.