Nou op die lug

U eie Keuse

20:00-21:00

Interaktief

Programme

TERUG

Radioteater

Potgooi

OU WYNTOON EN DIE WEERLOSE KREATUUR deur Anton Tjechof
met
Donderdag 24 September 2020

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, gee vir ons met Ou Wyntoon en die Weerlose Kreatuur n kykie in die geesteslandskap van n jiglyer. Kistoenof, die bankbestuurder, het hom die vorige aand vergryp aan te veel rooiwyn, en dra nou die gevolge van sy vergryping. Sy lyding word haas ondraaglik wanneer n weerlose klint met onredelike eise haar opwagting by die bank maak. Di weerlose kreatuur word deur Esther von Waltsleben gespeel. Pochatkin, die jong bankassistent met n versigtige houding, word vertolk deur Jan-Hendrik Opperman. En Johann Nel gee lewe aan Kistoenof, Ou Wyntoon. Cassi Lowers versorg die produksie tegnies. Hierdie RSG-produksie is moontlik gemaak deur n borgskap van die Nasionale Kunsteraad.

DIE AASVOL deur Elton Louw
met
Saterdag 29 Augustus 2020

n Man sit rustig en rugby kyk, wanneer n jong inbreker hom onkant betrap. Die twee mans wil mekaar aan die keel gryp, maar besef dat hulle baie meer in gemeen het as wat hulle ooit sou kon raai Die storie gaan oor menslikheid en kyk na van die sosiale kwessies aan wat baie mense daagliks in die gesig staar, naamlik werkloosheid en armoede. Wat as die lewe jou so druk dat n misdaad soos inbraak die enigste opsie is? Die storie verduidelik ook wat dalk kan gebeur as mens op die verkeerde tyd op die verkeerde plek bevind, of dalk die regte plek op die regte tyd? Die storie sorg vir n verrassende kinkel. Die spelers is Denver Vraagom en Andr Samuels.

BLOMME VIR DIE WINTER deur NP van Wyk Louw
met
Donderdag 20 Augustus 2020

Blomme vir die winter speel af in Parys, Frankryk, en is n verhaal oor onbeantwoorde liefde. n Man koop blomme vir n vrou wat hy eendag per toeval raakgeloop het, maar soos water, glip sy keer op keer deur sy vingers. Hoe bewys hy aan haar dat hy werklik vir haar omgee en vir haar lief is? Die spelers is Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Bettie Kemp, Leona Rich en Francois Stemmet. Die regisseur is Robert Young. Young het in Julie 2020 sy tagtigste verjaardag gevier.

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius
met
Saterdag 25 Julie 2020

Mavis Kellerman is n weduwee wat haarself afgesluit het van die wreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is n eksentrieke oujongkrel met n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van n vryery in haar herfsjare. Hierdie is n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans n Engels aangebied word. Die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster speel die hoofrolle.

KRAG deur Lee Doubell
Donderdag 2 Julie 2020

Dit is 2020. Suid-Afrika is vir die derde keer in grendelstatus, en die landsburgers is siek en sat vir die virus en die rigiede regulasies. Hester is n noodlynoperateur wat sedert die begin van die derde inperkingstyd besonder hard werk. Tussendeur al die oproepe waaraan sy gewoond is, kom daar een laatmiddag n oproep deur van n bejaarde vrou wat n noodgeval beleef. Syt probleme met haar krag, en Hester moet uiteindelik protokol laat vaar om die tannie te help... Die rolle word vertolk deur Karen Wessels, David Louw, Johny Klein, Elize Cawood, Mari Molefe van Heerden en Botha Enslin.

ELLA SE PERDE deur Charles J. Fourie
Donderdag 25 Junie 2020

Di bekroonde toneelstuk is spesiaal vir die radio verwerk, en handel oor die perdevrou van die Overberg, Ella Gordon Dove Colston. n Legende van die Hemel-en- Aarde-vallei kry hier roerend nuwe lewe.

DIE BLIKSLIM deur Martyn le Roux
Donderdag 18 Junie 2020

n Savant wat rolprente, van die draaiboeke tot die vervaardigers en akteurs, soos die palm van sy hand ken, ontmoet n aanvallige nagraadse sielkundestudent tydens n rolprentvertoning. Aanvanklik is hy vir haar n interessante gevallestudie, maar kort voor lank ontwikkel daar n hegte vriendskap tussen hulle, wat haar lewe permanent sal verander. Savantsindroom is 'n toestand waarin iemand met 'n beduidende verstandelike gestremdheid sekere vermons ver bo gemiddeld toon. Een van die bekendste rolprente oor n savant is Rain Man met Dustin Hoffman in die hoofrol. Die rolle word vertolk deur Pietie Beyers, Cindy Swanepoel, Rina Nienaber, Mari Molefe van Heerden, Johny Klein en David Louw.

DIE LYK deur Karin du Toit
Donderdag 11 Junie 2020

n Aksiebelaaide donker komedie oor n graf, n kis en n lyk... Trudie word jare lank fisies en emosioneel deur haar man aangerand. Een aand, tydens n hewige argument, gebeur daar iets wat vir Trudie en haar volwasse seun, Francois, opsaal met n massiewe probleem. Die rolle word vertolk deur Elzab Zietsman, Cobus Venter, Ria Smit, Elose Cupido, Hannes Mller, David Louw en Mari Molefe van Heerden. Karin Du Toit is n oogkundige van Vanderbijlpark, en hierdie is haar debuutradiodrama. DIE LYK is die algehele wenner van RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie 2019.

AS 'N KIND KOM KUIER deur Zelda Bezuidenhout
met
Donderdag 4 Junie 2020

Die bejaarde Elna Smit-Smith is ernstig siek. Haar kinders is te besig om haar dikwels te besoek, en haar versorger, Vanessa, word n hegte vriendin. Hulle word een aand verras deur n onwelkome gas, en terwyl Vanessa haar bedenkinge het, begin Elna die jong man uitvra oor sy lewe. In weerwil van Vanessa se aanvanklike vooroordele, word hy n gereelde besoeker en n belangrike deel van Elna se lewe.

KOUE KAIINGS deur Lee Doubell
Donderdag 28 Mei 2020

n Spookstorie met n verskil Vyf jong mans is in die laat jare 70 op pad na Upington om vir hulle nasionale diensplig aan te meld. Hulle is almal kleurvolle uiteenlopende karakters wat nie besef wat vir hulle voorl nie. Die intrige is meesleurend, amper filmies, en dit is n verhaal gevul met humor en nostalgie.