Programme

TERUG

RSG Landbou

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Saterdag 16 Desember 2017
11:45-12:00

Chris Viljoen kyk na navorsing oor klimaatslim-landbou, met die fokus op vleisbeeste as die eksterne bedryf wat die meeste van ons natuurlike hulpbronne benut.

Maandag 18 Desember 2017
04:30-05:00

Voersorghum is ‘n veelsydige gewas. Joubert Swanepoel van Agricol praat oor die moontlikhede van dié wonderlike gewas. Daar is ‘n bydrae oor die Syngenta Graan-akademie. Die Nasionale Jeugskou kom ook onder die soeklig wanneer Corné Nel en Adri de Klerk gesels oor die beoordeling van wolskape. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die afgelope maand se reën, en die vooruitsigte vorentoe.

Dinsdag 19 Desember 2017
04:30-05:00

Dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk praat oor kunsmatige inseminasie en sinkronisasie. Een van die kursusganger by die Syngenta Graan-akademie, Preline Swart, vertel van die kursus wat sy onlangs daar voltooi het. En dr. Munro Marx van Unistel Geneeskundige Laboratoriums gesels oor die genetika van die Wagyu-beesras.

Woensdag 20 Desember 2017
04:30-05:00

Igsaan Felix vertel van die Jeffreysbaai Windplaas-gemeenskapsprojek. Josua du Plessis, 2016 se graanboer van die jaar, het op uitnodiging van Syngenta besoek gebring aan die organisasie se hoofkantoor in Basel, Switserland. Hy gee sy indrukke. En Jaco van Rensburg, ‘n veeteler van die Prieska-omgewing, gesels met ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, oor produksiemeting.

Donderdag 21 Desember 2017
04:30-05:00

Die beoordeling van Angorabokke by die Nasionale Jeugskou was iets om te aanskou. Carin Venter gesels met Esna le Roux en Hans Greeff hieroor. Daar is ‘n gesprek met Desireé van Heerden van Syngenta, wat onlangs ‘n toekenning gekry het vir haar werk op die herfskommandowurm. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels in Weerwaarhede oor weerstasies.