Programme

TERUG

Musiekbonbons

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Donderdag 28 Maart 2019
21:10-22:00

Luister na ’n deel uit ‘n Hobokwintet van Antoine Reicha. Dié Tjeggiese komponis was ’n lewenslange vriend van Beethoven, en ook die onderwyser van ’n paar voorste komponiste, soos Hector Berlioz, Franz Liszt en Ceasar Franck. Hy het veral vir houtblaasinstrumente werke nagelaat. Reicha het geleef van 1770 tot 1836.

Nog ’n onbekende komponis wie se werk gehoor kan word, is Josef Wölfl. Dié Oostenrykse komponis het klas geloop by Leopold Mozart, en het later ook vir Beethoven ontmoet. Alhoewel Wölfl sy versameling klavierwerke, Opus 8, aan Beethoven opgedra het, word daar geglo dat die twee komponiste redelik sterk in kompetisie met mekaar gestaan het. Luister na ’n deel uit sy Groot Duet vir Tjello en Klavier.

Donderdag 4 April 2019
21:10-22:00

In vanaand se MUSIEKBONBONS,  kan jy luister na ’n paar bekende melodieë, soos DANNY BOY, asook ABIDE WITH ME. Daar is ook 'n Lied sonder woorde van Mendelssohn, maar vanaand word dit gespeel deur n ghitaarkwartet en jy kan ook luister na ’n deel uit Allesandro Scarlatti se JOHANNES PASSIE. MUSIEKBONBONS kom vanaand om 10 oor 9 aan die beurt.