Programme

TERUG

Rand en sent

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Sondag 17 Desember 2017
17:00-17:30

Die AA gee wenke om te verseker jou motor in ‘n goeie toestand is voor jy met vakansie gaan sodat jy nie net geld nie, maar ook lewens kan spaar. Daar is ook versekeringswenke voordat jy die vakansie ‘n boot, karavaan of sleepwa sleep. En ‘n koskenner verduidelik hoe jy ekonomies, maar lekker kan eet in die Kersseisoen.

Sondag 24 Desember 2017
17:00-17:30

‘n Versekeraar verduidelik wat jy alles moet doen voordat jy in die buiteland reis, sodat jy nie sonder reisversekering siek word, in ‘n omgewing beland wat deur ‘n natuurramp getref word, óf deur politieke geweld geteister word nie. Daar is ook wenke vir entrepreneurs oor hoe om te alle tye gerief aan klante en kliënte te verseker. En Amore Bekker deel haar filosofie oor geld, en die finansiële lesse wat sy in haar lewe geleer het.

Sondag 31 Desember 2017
17:00-17:30

‘n Ekonoom en navorser oor finansiële welstand kyk na die ekonomiese vooruitsigte vir 2018 en interessante navorsing wat gedoen is oor verbruikers se finansiële gewoontes. ‘n Skuldkenner gee riglyne vir beter finansiële beplanning in die nuwe jaar, en Ettienne Luddick verduidelik hoe sy seining van geld verander het nadat hy pa geword het.

Sondag 7 Januarie 2018
17:00-17:30

Gebrekkige bemarking blyk een van die grootste foute te wees wat entrepreneurs in 2017 in hulle ondernemings gemaak het. ‘n Prokureur verduidelik hoe om ‘n testament op te stel indien jy geld aan jou troeteldiere wil bemaak. En Nuwejaarsvoornemens kan jou ‘n onnodige klomp geld uit die sak jaag indien jy dit nie nakom nie.

Sondag 14 Januarie 2018
17:00-17:30

‘n Ekonoom en navorser van finansiële welstand verduidelik stap vir stap hoe jy 'n goeie begroting op die maklikste moontlike manier kan opstel. En ‘n finansiële kenner het inligting oor die jongste neigings vir spaar en beleggings in 2018.

Sondag 21 Januarie 2018
17:00-17:30

Die digitale rewolusie maak dit al hoe makliker maak om geld uit te gee sonder dat jy werklik besef wat dit behels. ‘n Navorser verduidelik hoe dit ons finansies beïnvloed, en hoe ons ons kinders kan leer om dit te hanteer. ‘n Beleggingskonsultant bespreek die verskil tussen aktiewe en passiewe beleggings. En ‘n skuldkenner het raad hoe jy skuld in 2018 moet aanpak en beperk.

Sondag 28 Januarie 2018
17:00-17:30

Klimaatsverandering en die stygende koste van elektrisiteit in Suid-Afrika, dwing al hoe meer verbruikers om groener opsies te oorweeg. ‘n Kenner van groenenergie verduidelik watter keuses verbruikers het, en wat die koste daarvan is. ‘n Prokureur gee 'n opsomming van regspraktyke om duur regsonkostes in 2018 te vermy. En daar is riglyne vir entrepreneurs om vanjaar hulle nis in die mark te vind.

Sondag 4 Februarie 2018
17:00-17:30

‘n Navorser bespreek finansiële geletterdheid wat niks te make het met mense se opvoeding of kwalifikasies nie. Sy sê ook waarom mense skuld maak en hoe ons ons denke hieroor kan verander. En ‘n finansiële beplanner gee sy aweregse filosofie oor spaar.

Sondag 11 Februarie 2018
17:00-17:30

‘n Kenner van lojaliteitsprogramme verduidelik hoe dit werk, en hoe jy die beste waarde vir jou geld daaruit kan kry. En ‘n sakekenner verduidelik hoekom konsessies of franchises so goed vaar al trek die ekonomie noustrop.