Programme

TERUG

Radioteater

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Donderdag 13 Desember 2018
20:00-21:00

GEBLIK deur Esther von Waltsleben
Regie: Johan Rademan

Die grootbaas van De-Lish besluit om sy  franchise se sakebelange te beskerm, en stuur sy seun en jong ambisieuese werksvriend na Blikfontein om op die De-Lishrestaurant daar te spioeneer. Slim vang sy baas wanneer die twee jong jukkerige mannetjies met hulle eie agendas hulle vasloop teen die restauranteienaar en sy oorlede vrou se twee dogters. Dié twee jaag die hormone behoorlik op, en Abel se tweede vrou laat ook nie op haar wag om dalk in die guns van die jong mans te beland nie.

Met Deon Lotz, Wilhelm van der Walt, De Klerk Oelofse, Andre Samuels, Mariechen Vosloo, Karli Heine, June van Merch en Juanita Swanepoel.

Dinsdag 25 Desember 2018
12:00-13:00

'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers
Regie: Johan Rademan

Die “wonderwerk” in hierdie drama is gebasseer op ‘n werklike gebeurtenis, wat die inspirasie vir die verhaal is. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, ‘n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief.

Met Joanie Combrink, Mariechen Vosloo, Dean Balie, Anrich Herbst en Rolanda Marais.

Donderdag 27 Desember 2018
13:00-14:00

‘N VOORLOPIGE BEGRAFNIS deur Albert Short
Regie: Christelle Webb-Joubert

‘n Man skryf ‘n brief aan sy naasbestaandes om te vra dat hulle hom hierdie keer met die nodige respek sal begrawe. Waarom word hierdie man twee keer begrawe, en wat het fout gegaan tydens die eerste begrafnis?

Die drama is die medewenner van die RSG/Sanlam Radiodramaskryfkompetisie vir 2017.

Die spelers is Robbie Wessels, Janine Opperman, Karen Wessels, Rian Terblanche en Eswé Bruwer. Die violis is Carla Redelinghuys.

Woensdag 2 Januarie 2019
13:00-14:00

KOLSKOOT VISAGIE deur Christopher Joynt
Regie: Renske Jacobs

Hierdie drama vertel die tragiese verhaal van Barend Visagie en sy seun, Willie. Dit speel in 1948 in die Swinburne-distrik af. Hoewel dit n fiktiewe storie is, is die drama is geskoei op die Suid-Afrikaanse volkslegende waarop C.M.van den Heever sy gedig, Waar ruwe rotse, gebasseer het.

Met Paul Lückhoff, Luan Jacobs, Ria Smit, Jacques Bosch en Lochner de Kock.

Waar Ruwe Rotse (C.M. van den Heever)
Waar ruwe rotse teen die hemel klim,
waar môrerooi se eerste traanglans glim

waar aasvoëls hoog in sirkelbane sweef,
hul rou gekras in afgronde laat leef;

waar grou-wit kranse na die klowe val,
gekeep-hou tot spelonke bo n dal;

waar oopgeskeurde klippekake wag
met draketande wat daar grynsend lag

daar knal opeens geweerskot bo die kruin
en eggos antwoord hard met skelbasuin.

Die dassies wip verskrik oor gladde krans,
patryse saai vlerktrillend uit hul skans.

Skuins glip n voet en drillend val n roer
n skerp geskuur n pad wat afwaarts voer.

Twee hande gryp n bos, die angs oorstelp,
benoud klink uit die diepte: Here, help!

Twee vader-oë kyk verward sy seun,
die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.

Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,
die vader bly sy hand oor sy oë hou.

En dan gewaar hy in die skemering
sy kind, deur rotseskouers vasgedring.

n Riem rol na die seun daaronder neer,
Bind vas, my kind en Pa die sal probeer.

Maar dis vergeefs die kransedraak hou vas,
die riem bly stukkend breek, kry las op las.

En hulp snel by die rotsetande gryns,
hier moet die mensverstand terug voor deins.

Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:
Ek smeek dat Pa my skiet en nou …”

n Roer die bewe in die growwe hand,
sag sif in skemerafgrond korrels sand.

Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,
en langs die sneller glans n afloop-traan.

Vergeef my, God! n skoot gedemp en dof
en bo die bergegraf styg kruit en stof.

Nog skuur iets roglend in die diepte daar,
dis stil die aasvoëls kras n vader staar.

Donderdag 3 Januarie 2019
13:00-14:00

HITTEGOLF deur Martyn le Roux

Regie: Anrich Herbst

Fanus en Linda Vermaak woon in Belville saam met Fanus se ma en hulle twee “amper groot” kinders. Die “koors” van aardverwarming slaan toe wanneer die noodlot dit so wil hê dat klomp dinge op een baie warm dag skeefloop. Die gevolg is ‘n absurde kruis met realisme in ‘n sitkom-styl tragiekomedie wat kontemporêre temas soos dwelms, drank en dobbel aanraak. ‘n Lag met ‘n traan daarby.

Die spelers is James Borthwick, Franci Swanepoel, Elize Cawood, Mandi Baard, Kaz McFadden en Anrich Herbst as die Nuusleser.

Vrydag 4 Januarie 2019
13:00-14:00

DIE REINE WAARHEID deur Eleanor Lombard
Regie: Joanie Combrink

Wanneer ‘n poskantoorwerker in ‘n klein dorpie ‘n storie oor een van die inwoners oorvertel, kry die storie stertjies by en word dit al hoe meer sensasioneel soos dit versprei. In ‘n verrassende wending sorg die slagoffer later vir komiese gevolge.

Die spelers is Lindie Stander, Esther von Waltsleben, Elanza Swart, Susanne Beyers, Lida Botha, Johan Botha, Johann Nel en Johan Stassen.