Nou op die lug

RSG Kuns

20:00-21:00

Interaktief

Programme

TERUG

Vers en Klank

Vorige Programme

Dinsdag 19 Mei 2020
21:10-21:40

Luister weer na 'n verskeidenheid gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Donald W. Riekert. Sheila Cussons, Antjie Krog, Danie Marais, Carina Stander, Stephan Bouwer, Wilma Stockenström en Walter Brueggemann. Die voorlesers is Joanie Combrink, Jani Greeff, Wynand Kotze, Erica Wessels, Pieter van Zyl en Susanne Beyers.

Musiekbesonderhede
COMIZI D'AMORE uit die rolprent Oh Mio Dio!
Komponis: Eugenio Vicedomini

CURVE
James Sizemore

DREAMLAND
Alexis Ffrench

A LIFE LIVED uit die rolprent The Windermere Children
Komponis: Alex Baranowski

LEI MIA AMA uit die rolprent D'amore si Muore
Komponis: Ennio Morricone

Potgooi
Vers en klank 19 Mei 2020

Luister weer na 'n verskeidenheid gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Donald W. Riekert. Sheila Cussons, Antjie Krog, Danie Marais, Carina Stander, Stephan Bouwer, Wilma Stockenström en Walter Brueggemann. Die voorlesers is Joanie Combrink, Jani Greeff, Wynand Kotze, Erica Wessels, Pieter van Zyl en Susanne Beyers.

Laai die mp3 af (28 593KB)

Dinsdag 12 Mei 2020
21:10-21:40

Luister na nog ‘n verskeidenheid gedigte deur 'n verskeidenheid digters voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit sommer grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom  of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Gerard Scholtz, Carina Stander, Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Zandra Bezuidenhout, Ingrid Jonker, N.P. van Wyk Louw en Ronelda S. Kamfer. Die voorlesers is Ronél Geldenhuys, De Klerk Oelofse, June van Merch, Roeline Daneel, Rolanda Marais, Dean Balie, Wessel Pretorius en Ira Blankenberg.

Musiekbesonderhede
QUARANTINE uit die rolprent First Man
Komponis: Justin Hurwitz

TRAVELING
Heinz Goldblatt

MISS SHEPERD'S WALTZ uit die rolprent The Lady in the Van
Komponis: George Fenton

UNDERWATER KISS uit die rolprent The Shape of Water
Komponis: Alexandre Desplat

DRESSING FOR DEATH uit die rolprent In Bruges
Komponis: Carter Burwell

Potgooi
Vers en klank 12 Mei 2020

Luister na nog ‘n verskeidenheid gedigte deur 'n verskeidenheid digters voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit sommer grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Gerard Scholtz, Carina Stander, Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Zandra Bezuidenhout, Ingrid Jonker, N.P. van Wyk Louw en Ronelda S. Kamfer. Die voorlesers is Ronél Geldenhuys, De Klerk Oelofse, June van Merch, Roeline Daneel, Rolanda Marais, Dean Balie, Wessel Pretorius en Ira Blankenberg.

Laai die mp3 af (30 108KB)

Dinsdag 5 Mei 2020
21:10-21:40

Luister na gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit Grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom  of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Elisabeth Eybers, Ilse van Staden, Antjie Krog, Ina Rousseau en Loftus Marais. Die voorlesers is June van Merch, Anrich Herbst, Martelize Kolver, Cintaine Schutte, Roeline Daneel, Johann Nel en Elsabé Daneel.

Musiekbesonderhede
COMUNIÓN uit die rolprent Blancanieves
Komponis: Alfonso de Vilallonga

PASSION OF MIND uit die rolprent Passion of Mind
Komponis: Randy Edelman

EL FARO DE LAS ORCAS uit die rolprent El faro de las Orcas
Komponis: Pascal Gaigne

ILUSIÓN
Galo Ortiz

Potgooi
Vers en klank 5 Mei 2020

Luister na gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit Grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Elisabeth Eybers, Ilse van Staden, Antjie Krog, Ina Rousseau en Loftus Marais. Die voorlesers is June van Merch, Anrich Herbst, Martelize Kolver, Cintaine Schutte, Roeline Daneel, Johann Nel en Elsabé Daneel.

Laai die mp3 af (25 969KB)

Dinsdag 28 April 2020
21:10-21:40

Luister na gedigte oor digterskap, en verse van digters in gesprek met ander digters. Vele gedigte word geïnspireer en opgedra aan ander digters, en ons luister na enkele van dié op eie bodem. Jy kan uitsien na gedigte deur Adam Small, Lina Spies, Pieter Odendaal, Izak de Vries en Daniel Hugo.

Musiekbesonderhede
BYGONE MEMORIES

The Unexpected String Quartet
Anthony M. Pleeth

RODZINA POŁANIECKICH uit die rolpent Bilans kwartalny
Maksym Rzemiński, Radom Kamerorkes o.l.v Dawid Runtz
Komponis: Wojciech Kilar

GENERIQUE uit die rolprent Le Roi et L’Oiseau
Poolse Radio- en Televisie-simfonieorkes o.l.v. Stanislaw Wislocki
Komponis: Wojciech Kilar

MET PAPA uit die rolprent Oorlogswinter
Komponis: Pino Donaggio

THE LONELINESS uit die rolprent The Visitor
Komponis: Jan A.P. Kaczmarek

Potgooi
Vers en klank 28 April 2020

Luister na gedigte oor digterskap, en verse van digters in gesprek met ander digters. Vele gedigte word geïnspireer en opgedra aan ander digters, en ons luister na enkele van dié op eie bodem. Jy kan uitsien na gedigte deur Adam Small, Lina Spies, Pieter Odendaal, Izak de Vries en Daniel Hugo.

Laai die mp3 af (29 806KB)

Dinsdag 21 April 2020
21:10-21:40

Die bekroonde digter Nathan Trantraal kuier by Friede van den Heeerv in die ateljee om gedigte voor te lees uit sy nuwe bundel, Oolog. Iemand beskryf dit so: "Trantraal vind poësie waar ander digters te bang is om te soek."

Musiekbesonderhede
PRAY FOR RAIN uit die rolprent Flash of Genius
Komponis: Aaron Zigman

MONSIEUR IBRAHIM (PIANO) uit die rolprent Monsieur Ibrahim
Komponis: Quentin Dujardin

WALK TO SCHOOL uit die TV-reeks Tales from the Loop
Komponis: Paul Leonard-Morgan

EGON AND WALLY uit die rolprent Egon Schiele: Tod und Mädchen
Komponis: André Dziezuk

THE GREAT STATE OF GEORGIA uit die kortrolprent Hate from a Distance
Komponis: Tom Howe, Harry Gregson-Williams

Potgooi
Vers en klank 21 April 2020

Die bekroonde digter Nathan Trantraal kuier by Friede van den Heeerv in die ateljee om gedigte voor te lees uit sy nuwe bundel, Oolog. Iemand beskryf dit so: "Trantraal vind poësie waar ander digters te bang is om te soek."

Laai die mp3 af (32 535KB)

Dinsdag 14 April 2020
21:10-21:40

Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met ’n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur ’n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosio­politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met ’n diep menslikheid hanteer.

Musiekbesonderhede
THE FATHER uit die rolprent Låt den rätte komma in

Komponis: Johan Söderqvist

RAIN FALLS UNCEASINGLY ON THE SEA uit die rolprent Silence
Komponis: Kathryn Kluge, Kim Allen Kluge

CIRQUITO uit die rolprent Blancanieves
Komponis: Alfonso De Vilallonga

UNA PATADA EN LOS HUEVOS uit die rolprent La piel que habito
Komponis: Alberto Iglesias

THEY DREAM THEY'LL GET THERE uit die rolprent Drømme i København
Komponis: Jóhann Jóhannsson

Potgooi
Vers en klank 14 April 2020

Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met ’n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur ’n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosio­politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met ’n diep menslikheid hanteer.

Laai die mp3 af (24 820KB)

Vrydag 10 April 2020
12:00-13:00

Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesersvan gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en N.P. van Wyk Louw.

Musiekbesonderhede
RESURRECTION uit die rolprent Last Days in the Desert

Komponis: Danny Bensi, Saunder Jurriaans

A HOLY MAN uit die rolprent Last Days in the Desert
Komponis: Danny Bensi, Saunder Jurriaans

TEMA uit die rolprent Mitt liv som hund
Komponis: Bjoern Isfaelt

CROWN OF THORNS uit die rolprent Jesús de Nazaret
Komponis: Alejandre Karo

REVEAL OF NAZARETH uit die rolprent The Young Messiah
Komponis: John Debney

GLORIA uit die rolprent El Otro Barrio
Komponis: Pascal Gaigne

REQUIEM SEQUENTIA uit die rolprent Henri4
Komponis: Cristobal De Morales

THE HOPE uit die rolprent Paul, Apostle of Christ
Komponis: Jan A.P. Kaczmarek

THE LONG ROAD
Komponis: Yann Tiersen

LEI MI AMA uit die rolprent D'Amore si Muore
Komponis: Ennio Morricone

Potgooi
Vers en klank 10 April 2020

Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesersvan gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en N.P. van Wyk Louw.

Laai die mp3 af (50 217KB)

Dinsdag 7 April 2020
21:10-21:40

Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos ’n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind.

Musiekbesonderhede
HOPE FOR A NEW LIFE uit die rolprent Sexual Life

Komponis: Cliff Eidelman

GOODBYE DELORES uit die TV-reeks The Umbrella Academy
Komponis: Jeff Russo

CAMERON uit die rolprent Boy Erased
Komponis:Danny Bensi, Saunder Juriaans

UN AMETIÉ uit die rolprent Frantz
Komponis: Phillippe Rombi

THE KISS uit die rolprent Open Window
Komponis: Cliff Eidelman

Potgooi
Vers en klank 7 April 2020

Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos ’n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind.

Laai die mp3 af (27 853KB)

Dinsdag 31 Maart 2020
21:10-21:40

Luister na wonderlike, klankryke gedigte uit Thomas Deacon se nuwe bundel, Duifiedorings. In Breyten Breytenbach se woorde: "Die man se menslikheid, oopheid vir ander en vir die omgewing, die rykheid en tekstuur van sy woorde en daarom sekerlik van sy kennis - is wonderlik om in te neem. Hy raak vir my op werklik inspirerende maniere aan wat dit beteken om digter te wees in hierdie land. En met die voelers en die sap en die sintuie van die digter maak hy die land 'n wérklikheid, syne en daarom ons s'n, wat soveel verder gaan as grense en klimate." Dean Balie, wat die landskappe wat Deacon in die bundel beskryf soos die palm van sy hand ken, lees die gedigte voor.

Musiekbesonderhede
HAVE YOU EVER BEEN LONELY?

101 Strings Orchestra

LES DEUX PIANOS uit die rolprent Le fabuleux destin d'Amélie Poulain
Komponis: Yann Tiersen

MANEJANTA MANEJANDO uit die rolprent Ocho Apellidos Vascos
Komponis:Fernando Velázquez

COMIZI D'AMORE uit die rolprent Oh Mio Dio!
Komponis:Eugenio Vicedomini

A MOTHER'S LULLABYE uit die rolprent Passion of Mind
Komponis:Randy Edelman

Potgooi
Vers en klank 31 Maart 2020

Luister na wonderlike, klankryke gedigte uit Thomas Deacon se nuwe bundel, Duifiedorings. In Breyten Breytenbach se woorde: "Die man se menslikheid, oopheid vir ander en vir die omgewing, die rykheid en tekstuur van sy woorde en daarom sekerlik van sy kennis - is wonderlik om in te neem. Hy raak vir my op werklik inspirerende maniere aan wat dit beteken om digter te wees in hierdie land. En met die voelers en die sap en die sintuie van die digter maak hy die land 'n wérklikheid, syne en daarom ons s'n, wat soveel verder gaan as grense en klimate." Dean Balie, wat die landskappe wat Deacon in die bundel beskryf soos die palm van sy hand ken, lees die gedigte voor.

Laai die mp3 af (34 009KB)

Dinsdag 24 Maart 2020
21:10-21:40

Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, DIE SINGENDE WÊRELD. Die oorspronklike bundel is geskryf deur Marc Tritsmans, ‘n Vlaamse digter en wetenskaplike. Dit spreek veral ekologiese kwessies aan. Joan Hambidge skryf in die resensie: "Dis 'n bundel vir George Claassen én predikers. Vir gewone lesers én poësieliefhebbers. Nog 'n bundel wat die vertaalskat vir Afrikaanse lesers verruim met dank aan die vertaler en Naledi."

Potgooi
Vers en klank 24 Maart 2020

Laai die mp3 af (26 964KB)