LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggend op RSG

'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: N
TERUG

Monitor

SOEK

Datums
calendar calendar

VORIGE PROGRAMME

  • Woensdag 21 Desember 2011

    Monitor

    met Cobus Bester 06:00-08:00

    Die bekende digter en dramaturg Adam Small, is vandag 75 jaar oud. Sy eerste digbundel "Verse van die liefde" is in 1957 verskyn, gevolg deur onder meer "Klein simbool" en "Kitaar my kruis". Hy skryf ook verskeie dramas, soos "Krismis van Map Jacobs", maar "Kanna hy kô hystoe" is sekerlik sy bekendste. 'n Keur uit Small se mooiste gedigte is onlangs deur Kwela Boeke gepubliseer, met as titel die woorde waarvoor Small seker die bekendste is: Kô, lat ons sing.
     Dié huldeblyk oor die digter en dramaturg Adam Small is saamgestel deur Valda Jansen, met die hulp van Iris Bester en die SAUK se argiewe. En die lied wat ons aan die einde van die bydrae gehoor het, is 'n toonsetting van Small se gedig "Die Here het gaskommel", gesing deur Randal Wicomb.
    Adam Small verjaar het op 21 Desember 2011 75 jaar oud geword.

     

    Die SAUK gaan vanjaar weer die matrieks se resultate op 5 Januarie 2012 deur die Newsbreak sms en stem dienste beskikbaar stel. Die SAUK digitale Nuus Redakteur, Izak Minnaar, sê dit is nadat die Departement van Basiese Onderwys dit goedgekeur het. Dié resultate sal beskikbaar wees sodra die Departement dit vrygestel het.

    * Bel 082152 en gee jou eksamen nommer of identiteitsnommer.
    * Stuur sms aan 35935 en sê DBE of IEB en gee ID nommer. Sal sms terugkry wat eksamen nommer sal vra.

     

     

    Die bekende digter en dramaturg, Adam Small, is vandag 75 jaar oud. Sy eerste digbundel VERSE VAN DIE LIEFDE het in 1957 verskyn, gevolg deur onder meer KLEIN SIMBOOL en KITAAR MY KRUIS. Hy skryf ook verskeie dramas, soos KRISMIS VAN MAP JACOBS, maar KANNA HY KÔ HYSTOE is sekerlik sy bekendste. 'n Keur uit Small se mooiste gedigte is onlangs deur Kwela Boeke gepubliseer, met as titel die woorde waarvoor Small seker die bekendste is: KÔ, LAT ONS SING.


    Laai die mp3 af (6 984KB)

    Die vrylating van twee mans van die Waterkloof 4 onder korrektiewe toesig het talle vrae laat ontstaan. Volgens die Nasionale Instituut vir Misdaad voorkoming en die Herintegrering van Oortreders, Nicro, is korrektiewe Toesig nie noodwendig herstellende geregtigheid nie. Die hoof maatskaplike werker by Nicro, Arina Smit, sê daar is steeds elemente van straf betrokke wanneer gevangenes onder korrektiewe toesig geplaas word.


    Laai die mp3 af (2 567KB)

    Die SAUK gaan vanjaar weer die matrieks se resultate op 5 Januarie 2012 deur die Newsbreak sms en stem dienste beskikbaar stel. Die SAUK digitale Nuus Redakteur, Izak Minnaar, sê dit is nadat die Departement van Basiese Onderwys dit goedgekeur het. Dié resultate sal beskikbaar wees sodra die Departement dit vrygestel het.


    Laai die mp3 af (2 107KB)

    'n Ontleder verwerp die trant van die dagblad Beeld se beriggewing oor die vrylating van twee van die Waterkloof vier, Gerhard van Schalkwyk en Reinach Tiedt as oppervlakkig emosioneel. 'n Professor in Joernalistiek en Mediastudies aan die universiteit van Rhodes, Herman Wasserman, sê hulle is voorgestel as lede "van ons Kerk se mense". Dit in plaas daarvan dat geregtigheid oor 'n breër spektrum bespreek word en nie as identiteitspolitiek opgedis word nie.


    Laai die mp3 af (3 144KB)
  • Vrydag 21 Oktober 2011

    Monitor

    met Cobus Bester 06:00-08:00

    Grootboom-meet Kompetisie van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika in samewerking met RSG

    Kategorie 1: Groot bome met die grootste stamomtrek op borshoogte

    Drie wenners ontvang elk ‘n kopie geteken deur die outeurs van Dictionary of Names of South African Trees: Prof. AB van Wyk, Dr. Erika van den Berg, Meg Coates-Palgrave & Marie Jordaan, 2011. BRIZA, PLUS ‘n kopie van Green heritage: trees, forests and woodlands of South Africa: Department of Agriculture, Forestry & Fisheries, 2011.

    Dr. Francois du Randt van Hluhluwe in Kwa-Zulu Natal het nie minder nie as 33 spesies opgemeet. Wat hierdie bydrae besonder maak is dat hy oor ongeveer 23 jaar die groeipatroon van onder andere talle voorbeelde van die Newtonia hildebrandtii var. hildebrandtii (Lebombo-wattel, endemies aan die streek) opgemeet en gedokumenteer het. Hy het die volledige lys van bome wat hy opgemeet het aan die Vereniging beskikbaar gestel sodat dit in die Nasionale Register van Grootbome in Suid-Afrika opgeneem kan word. Twee van die grootste Lebombo-wattels wat hy opgemeet het se stamomtrek by borshoogte is onderskeidelik 8,80m en 7,40m. Interessante afleidings wat hy die afgelope 23 jaar gemaak het sluit in:
    • “Die Lebombo-wattel bome begin krimp voordat hulle doodgaan .
    • Die bome groei nie eweredig oor die jare nie – dit het waarskynlik te doen met die wisselende reënval.
    • Ons kan aflei, mits die bome eweredig gegroei het dat hulle maklik tussen 500 en 800 jaar oud kan wees. Ekstrapoleer hierdie inligting op ‘n grafiek en kyk na die afleidings!
    • Dit lyk amper asof die gemiddelde Newtonia spp ongeveer 0,5 cm per jaar dikker word, maar natuurlik is daar ‘n hordes ander faktore, soos hoogte van die boom, en so meer.”

    Chris Jordaan van Kenhardt wat vir ons ‘n baie interessante opmeting van ‘n Acacia erioloba (kameeldoring) met 6 stamme ingestuur het. Die boom het ‘n baie groot basis wat op 1 – 1,2m vertak. Chris het al die stamme by 1,4m kon opmeet. Hy laat weet ook dat ‘n kleinerige tent opgeslaan kan word tussen die stamme bo-op die basis van die boom. Die gesamentlike omtrek van die ses stamme is 13,6m!

    Linda Retief van Smithfield wat ‘n Olea europaea subsp. africana (olienhout) met 14 stamme opgemeet het. Die totale stamomtrek by borshoogte is ‘n allemintige 10,15m.

    Kategorie 2: Uitsonderlike bome opgemeet

    Tien wenners ontvang elk ’n kopie van Field Guide to Trees of Southern Africa: Prof. Braam van Wyk & Piet van Wyk. 1997, Struik Publishers, Cape Town PLUS ‘n kopie van Green heritage: trees, forests and woodlands of South Africa: Department of Agriculture, Forestry & Fisheries, 2011.

    1. Wynand Breytenbach van Montanapark het ‘n Diospyros mespiliformis (jakkalsbessie) met ‘n stamomtrek van 6,34m opgemeet.

    2. Gideon Odendaal van Polokwane het ‘n twee-stam Boscia albitunca (witgat) met ‘n stamomtrek van 4,06m opgemeet.

    3. Deon den Hartog van Die Boord, Stellenbosh het ‘n Erythrina caffra (Kaapse koraalboom) met ‘n stamomtrek van 4,91m opgemeet.

    4. Carel Erasmus van Stellenbosh het ‘n Maytenus oleoides (klip-kershout) met vier stamme opgemeet. Die gesamentlike stamomtrek by borshoogte is 8,9m.

    5. Lisa Martus van Haenertsburg het ‘n Cussonia spicata (kiepersol) met ‘n stamomtrek van 9,65m opgemeet.

    6. Ronel Eksteen van Mookgophong het ‘n Searsia lancea (karee) met ‘n stamomtrek van 6.69m opgemeet.

    7. Glenwood House School in George het as skoolprojek 6 bome opgemeet. Dit is die enigste skool wat ingeskryf het en omdat ons juis die liefde en kennis van bome onder die jeug wil bevorder, is hulle ook wenners.

    8. Willem van Jaarsveld van Annlin het ‘n Dovyalis zeyheri (wilde-appelkoos) met ‘n stamomtrek van 2,94m opgemeet.

    9. Kambro Swanepoel van Oudtshoorn het ‘n Ficus burkei (gewone wildevy) met ‘n stamomtrek van 9,55m opgemeet

    10. Gerbie Strydom van Baltimore het ‘n Acacia erioloba (kameeldoring) met ‘n stamomtrek van 4,25m opgemeet. Hierdie is waarskylik die grootste kameeldoringboom in die westelike bosveld.

  • Dinsdag 26 Julie 2011

    Monitor

    met Cobus Bester 06:00-08:00

    Gratis regshulp
    Op Saterdag 30 Julie 2011 stel die Prokureursorde van die Noordelike Provinsie 24 praktiserende prokureurs beskikbaar om gratis regsdiens in Pretoria aan die publiek te lewer. Van 09:00 af tot 13:00 kan enige lid van die publiek regsprobleme met die prokureurs bespreek. Skakel Marissa Beyers by 012-338-5800 vir meer inligting.

  • Maandag 18 Julie 2011

    Monitor

    met Cobus Bester 06:00-08:00

    Voorleggings oor voorgestelde wysings aan die munisipale eiendomsbelastingwet
    mpra@cogta.gov.za

    Die voorgestelde wysiging aan die Munisipale Eiendomsbeslastingwet wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is, kan volgens kenners die einde van die residensiële huurmark beteken. Die wysiging stel voor dat waar iemand 'n tweede huis gekoop het en dit verhuur, daardie huis nie meer as residensieel geag word nie. Dit beteken eienaars sal aansienlik meer eiendomsbelasting daarop moet betaal. Cobus Bester praat hieroor met 'n eiendomswaardeerder en kenner van erfbelasting, Ben Espach.


    Laai die mp3 af (2 547KB)
  • Donderdag 14 Julie 2011

    Monitor

    met Cobus Bester 06:00-08:00

    Herwinning van motorbande
    www.redisa.org.za

    Die motorbandebedryf produseer sowat 10 miljoen uitskotbande per jaar. Hierdie bande is ‘n groot problem vir die omgewing. Die Minister van Water en Omgewingsake, Edna Molewa, het aan die begin van die maand kennis gegee dat sy ‘n bestuursplan vir die herwinning van bande in die staatskoerant sal publiseer. Mense het dus nog tot die einde van Julie tyd om kommentaar op die plan te lewer, wat reeds in 2009 bekendgestel is. As deel van die bestuursplan is ‘n Artikel 21-maatskappy, bekend as REDISA, in die lewe geroep. Cobus Bester praat met die uitvoerende hoof van REDISA, Hermann Erdmann.


    Laai die mp3 af (3 259KB)
  • Dinsdag 14 Desember 2010

    Monitor

    06:00-08:00

    DR PIET CROUKAMP
    Ons het vroeër in die program berig oor die moontlike verdeling van COPE op die vooraand van sy nasionale verkiesings-konferensie. By ons in die ateljee is doktor Piet Croukamp, 'n dosent in Politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg, om te praat oor COPE en ander woelinge in die politiek.

    Ons het vroeër in die program berig oor die moontlike verdeling van COPE op die vooraand van sy nasionale verkiesings-konferensie. By ons in die ateljee vanoggend is doktor Piet Croukamp, 'n dosent in Politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg, om te praat oor COPE en ander woelinge in die politiek.


    Laai die mp3 af (9 265KB)