Programme

TERUG

RSG Dokumentêr

Vorige Programme

Donderdag 27 September 2018
20:00-20:30

EEN DAG OP 'N SLAG deur Esté Gross
Volgens die 2014-kankerregister word daar elke jaar as 100,000 mense in Suid-Afrika met kanker gediagnoseer. Die kans is dus goed dat jy dalk iemand ken wat kanker het. Waardeur gaan jou geliefde wat die stryd met kanker voer? Hoe kan jy die pad vir iemand ligter maak?

MARIKA VAN HEERDEN
My ontmoeting met kanker het my opnuut  bewus gemaak daarvan dat daar in hierdie lewe nie waarborge is nie. Maar daar is vandag. Die hier en die nou. Daarom reis ek n ent  saam met kanker en vertrou ek dat ons paadjies wel op n dag sal skei. Ek het hieruit  geleer dat mens veel meer kan hanteer as wat mens dink. Jy moet net realisties bly. Hoe lui die spreekwoord? As die lewe vir jou n kaktus gee, is dit nie nodig om op hom te gaan sit ook nie! Die reis is ongelooflik.

www.woordvirwoord.co.za

JOHANNA FRANCIS
Op 1 September 1999 is ek gesê ‘’Jy het bors kanker .Terugblik 19 jaar gelede. Daar was baie onsekerheid oor volkome genesing.Ek kan bevestig my eggenoot is tot vandag toe my steunpilaar .Hy praat nie baie nie, want hy is die tipe mens wat die daad by die woord voeg. Kanker kon nie my geluk en vrede vernietig nie, want my onmiddelike familie, my  eggenoot en kinders het my gehelp om te veg. Kanker is soos ’n jakkals wat jou altyd wil bekruip. Ek het baie gehuil terwyl die kinders by die skool was ,maar ek was altyd bemoedig as hulle van die skool teurgkom .Hulle lewenslustigheid was my motivering. Hulle het my laat lag,ek was nie verskoon nie .Ek het ook deurgeloop as daar geterg was. My skouers het gesak, my vorm het verander.Ek lyk op die oog af heel normaal, maar ek sien myself in die spieël, die misvorming. Ek weet ten minste dat die misvormde liggaam ‘n gesonde siel huisves. Die jakkals het gekom in 2016 en die ander bors het ook in die slag gebly. ‘n Oorwinnaar is ek. Die kennis wat ek oor die jare opgebou het stel my instaat om ’n boodskap van hoop aan ander  vroue te gee. Dit wat ons nie ken nie, maak ons vreesbevange maar die borskanker het my lewensuitkyk verander. Elke mens wat my pad kruis is spesiaal, en ek wil seker maak dat almal weet dat daar hoop is na ‘n kanker diagnose. Ek behoort aan die drievoudige negatief borskankergroep.

Spieëlvrou deur Marika van Heerden
‘Dis asof God mens net so bietjie tot stilstand wil bring’, sê die vrou in die wagkamer vir my. Ons sit ons beurt en afwag om terapiesaal toe te gaan. Vir chemoterapie.
Mens raak noodgedwonge met ander pasiënte op chemodag in geselsies betrokke. Dis immers n urelange proses en mens herken later die gesigte. Boonop vra mense mos graag uit.
Die vrou het my eintlik half in die rede geval toe ek haar vertel het van bergklim, staptogte en my eerste halfmaraton wat nou eers op ys is.
Ekskuustog? vra ek verbaas.
Ja, sê sy, God sê eintlik vir mens om bietjie af te skaal.
Deur vir jou kanker te gee? roep ek oorbluf. Met n stewige skoot sarkasme, I may have you know...
Sy antwoord nie. Ek weet dat dit nou die tyd is om my mond te hou, maar ek faal totaal.
Genugtig! sê ek effens te hard, dit sou God darem vreeslik wreed maak, dink jy nie? Om iemand kanker te laat kry sodat hy tot stilstand kan kom?
Nee, nee sê sy. En ek weet wat kom volgende. Dis daai stukke van God se weë is duister, maar ek gee haar nie die kans nie.
Daar is sekerlik vele ander maniere om een tot stilstand te roep, sê ek.
Sy skep diep asem, maar ek stoot onverpoos aan: Skuus man, sê ek (nie in die minste jammer nie), maar ek glo bietjie anders. Nou is dit haar beurt om my verbaas aan te kyk en ek sien hoe jammer sy my kry.
Ek gaan gooi vir my n beker koffie in en gaan sit op n ander plek.
Skielik sê die een hier langs my: Hoekom is jy alleen hê?
Ek is weer onkant gevang.
Skuus? vra ek en proes oor my koffiebeker.
Ek vra hoekom jy alleen is. Waar is jou mense? Dis n helse pad hierdie. Jy kan hom onmoontlik nie alleen stap nie. En jy hoef nie braaf te wees nie, hoor! Jy hoef nie.
My mond hang oop. Ek kyk nie vir haar nie, rol my oë en antwoord die stomme mens met: Goed hoor, ek sal onbraaf wees!
Toe gaan gooi ek my koffie in die wasbak uit en stap badkamer toe.
In die badkamer buk ek oor die wasbak. Toe ek opkyk, kyk die kaalkopvrou in die spieël vir my terug en sy glimlag:
Jy weet mos niks en niemand het kanker oor jou gebring nie! Nie eers jyself nie, herinner sy my. En voor ek haar kan antwoord, wink sy my nader en sê saggies: en jy weet mos jy is braaf.
Baie.
Want dis hoe dit is.

doldaisy.wordpress.com

Potgooi
EEN DAG OP 'N SLAG deur Est Gross

Volgens die 2014-kankerregister word daar elke jaar as 100,000 mense in Suid-Afrika met kanker gediagnoseer. Die kans is dus goed dat jy dalk iemand ken wat kanker het. Waardeur gaan jou geliefde wat die stryd met kanker voer? Hoe kan jy die pad vir iemand ligter maak?

Laai die mp3 af (23602KB)

Donderdag 20 September 2018
20:00-20:30

DIE SON STAAN NIE STIL NIE deur Chris Swanepoel
Dit is bekend dat die Egiptenare en die Babiloniërs reeds met behulp van sonwysers nie alleen tyd bereken het nie, maar ook die gang van die seisoene kon bepaal. In Suid-Afrika is daar ook verskeie historiese sonwysers, onder andere in die Kasteel, die Slawelosie en die Kompanjiestuin waar daar ongelukkig as gevolg van vandalisme, ‘n replika van die oorspronklike opgerig moes word. Chris Swanepoel vertel hoe sonwysers werk, en vandag nog deur entoesiaste vervaardig word.

Potgooi
DIE SON STAAN NIE STIL NIE deur Chris Swanepoel

Dit is bekend dat die Egiptenare en die Babilonirs reeds met behulp van sonwysers nie alleen tyd bereken het nie, maar ook die gang van die seisoene kon bepaal. In Suid-Afrika is daar ook verskeie historiese sonwysers, onder andere in die Kasteel, die Slawelosie en die Kompanjiestuin waar daar ongelukkig as gevolg van vandalisme, n replika van die oorspronklike opgerig moes word. Chris Swanepoel vertel hoe sonwysers werk, en vandag nog deur entoesiaste vervaardig word.

Laai die mp3 af (24334KB)

Donderdag 13 September 2018
20:00-20:30

DIE STORIE VAN MARK PURNELL deur Jacqui January
Mark Purnelle is met outisme én disleksie gediagnoseer. Dit het hom ongeletterd gelaat, en die stigma van gestremdhede het baie deure vir hom toegemaak. Hy werk al 30 jaar lank by ‘n ingenieurswerkswinkel, en ry elke oggend met sy fiets werk toe. Mark sukkel sy lewe lank met depressie en angsaanvalle. Drie jaar gelede het hy besluit hy wil studeer. In weerwil van al die uitdagings van disleksie, slaag hy elke eksamen met onderskeiding. Hy is ‘n ware inspirasie, en wil ander mense met gestremdhede help waar hy kan.

Potgooi
DIE STORIE VAN MARK PURNELLE deur Jacqui January

Mark Purnelle is met outisme n disleksie gediagnoseer. Dit het hom ongeletterd gelaat, en die stigma van gestremdhede het baie deure vir hom toegemaak. Hy werk al 30 jaar lank by n ingenieurswerkswinkel, en ry elke oggend met sy fiets werk toe. Mark sukkel sy lewe lank met depressie en angsaanvalle. Drie jaar gelede het hy besluit hy wil studeer. In weerwil van al die uitdagings van disleksie, slaag hy elke eksamen met onderskeiding. Hy is n ware inspirasie, en wil ander mense met gestremdhede help waar hy kan.

Laai die mp3 af (21025KB)

Donderdag 6 September 2018
20:00-20:30

FELICIA LESCH – MEER AS NET MUSIEK deur Johan van Lill
Die naam Felicia Lesch is sinoniem met die ontwikkeling van musiek en talent. Leer ken hierdie besondere vrou, wat deur al haar studente as ’n ma-figuur gesien word, van naderby. Vir haar gaan dit oor meer as net musiek – dit gaan oor die mens.

Potgooi
FELICIA LESCH MEER AS NET MUSIEK deur Johan van Lill

Die naam Felicia Lesch is sinoniem met die ontwikkeling van musiek en talent. Leer ken hierdie besondere vrou, wat deur al haar studente as n ma-figuur gesien word, van naderby. Vir haar gaan dit oor meer as net musiek dit gaan oor die mens.

Laai die mp3 af (26099KB)

Donderdag 30 Augustus 2018
20:00-20:30

HIER KOMMIE BOKKE... JULIAN THERON SE BOKKE! deur Johan Rademan
Julian Theron word beskou as die top Springbokteler in die land en waarskynlik op die planeet. Prof. Piet Eloff van Hoe verklaar jy dit?-faam het as onderwyser by Paul Roos Gimnasium besef dat Julian, wat deur party mense as dom beskou is, eintlik briljant is. Hy is met disleksie gediagnoseer en moes daarom werk om die hoogste prestasies te behaal. In ‘n stadium het hy die top 10 posisies op die Safari Club International se lys van tophoringlengte springbokke behaal. Sy veld-en-dier kennis is weergaloos. Die span om hom, soos sy vrou Martisan, Noppie en Nico in die veld en Truitjie se uithaler kookkuns in die plaaskombuis van Jewels of the Karoo tussen Richmond en De Aar, maak dit ‘n wenkombinasie. Sy topprestasie, ‘n ram van R1,65 miljoen wat tydens ‘n veiling behaal is, is te danke aan sy besluit van bykans 30 jaar gelede om skietkampe om te skakel in teelkampe. Kom vier  die Springbok, Suid-Afrika se nasionale simbool, saam met ‘n besoek aan die Karoo deur Johan Rademan.

Potgooi
HIER KOMMIE BOKKE... JULIAN THERON SE BOKKE! deur Johan Rademan

Julian Theron word beskou as die top Springbokteler in die land en waarskynlik op die planeet. Prof. Piet Eloff van Hoe verklaar jy dit?-faam het as onderwyser by Paul Roos Gimnasium besef dat Julian, wat deur party mense as dom beskou is, eintlik briljant is. Hy is met disleksie gediagnoseer en moes daarom werk om die hoogste prestasies te behaal. In n stadium het hy die top 10 posisies op die Safari Club International se lys van tophoringlengte springbokke behaal. Sy veld-en-dier kennis is weergaloos. Die span om hom, soos sy vrou Martisan, Noppie en Nico in die veld en Truitjie se uithaler kookkuns in die plaaskombuis van Jewels of the Karoo tussen Richmond en De Aar, maak dit n wenkombinasie. Sy topprestasie, n ram van R1,65 miljoen wat tydens n veiling behaal is, is te danke aan sy besluit van bykans 30 jaar gelede om skietkampe om te skakel in teelkampe. Kom vier die Springbok, Suid-Afrika se nasionale simbool, saam met n besoek aan die Karoo deur Johan Rademan.

Laai die mp3 af (24210KB)

Donderdag 23 Augustus 2018
20:00-20:30

MAMA SOWETO deur Christelle van Tonder
Op 80 jaar is Estelle Bester liewer vir Soweto en sy mense as ooit. Haar verhouding met die township strek ver terug. Sy word deur sommige toergidse beskou as die moeder van soweto wat toerisme betref. Orals waar sy gaan, herken die mense haar en knoop hulle geselsies met haar aan. Maar waar het dit begin? Hoe het ‘n middeljarige wit vrou in die middel jare 80 in Soweto beland? Christelle van Tonder stap saam met haar deur die strate van Soweto en leer meer oor hierdie unieke township.

Potgooi
MAMA SOWETO deur Christelle van Tonder

Op 80 jaar is Estelle Bester liewer vir Soweto en sy mense as ooit. Haar verhouding met die township strek ver terug. Sy word deur sommige toergidse beskou as die moeder van soweto wat toerisme betref. Orals waar sy gaan, herken die mense haar en knoop hulle geselsies met haar aan. Maar waar het dit begin? Hoe het n middeljarige wit vrou in die middel jare 80 in Soweto beland? Christelle van Tonder stap saam met haar deur die strate van Soweto en leer meer oor hierdie unieke township.

Laai die mp3 af (27009KB)

Donderdag 16 Augustus 2018
met
20:00-20:30

OM ‘N TWEEDE LEWENSKANS TE VIER deur Mariska Spoormaker
Talle Suid-Afrikaners lei ‘n lewe van dankbaarheid en aktiewe sport nadat hulle jare lank siek was. Hulle benut die tweede lewenskans wat ‘n orgaan- of weefselskenking aan hulle gebied het ten volle, en het in die hartjie van die winter aan die Suid-Afrikaanse Oorplantingspele in Port Elizabeth deelgeneem. Mariska Spoormaker was daar en het baie verhale van hoop, toewyding en selflose liefde gehoor.

Potgooi
OM N TWEEDE LEWENSKANS TE VIER deur Mariska Spoormaker

Talle Suid-Afrikaners lei n lewe van dankbaarheid en aktiewe sport nadat hulle jare lank siek was. Hulle benut die tweede lewenskans wat n orgaan- of weefselskenking aan hulle gebied het ten volle, en het in die hartjie van die winter aan die Suid-Afrikaanse Oorplantingspele in Port Elizabeth deelgeneem. Mariska Spoormaker was daar en het baie verhale van hoop, toewyding en selflose liefde gehoor.

Laai die mp3 af (23831KB)

Donderdag 9 Augustus 2018
20:00-20:30

SIYABONGA SUSTER CHRISNA, SIYABONGA deur Martelize Brink
Suster Chrisna du Plessis het 16 jaat gelede iemand buite ‘n kliniek gesien op die grond lê, wat besig was om te sterf weens MIV/VIGS-komplikasies. Sy het daar en dan besluit dat daar ‘n plek in haar gemeenskap moet wees waar mense in nood kan aanklop om hulp. Sy het toe die Siyabonga Care Village op Vredenburg op die been vebring. Dit is ‘n plek van veiligheid vir mishandelde vroue, ‘n tuiste vir gestremdes, ‘n skool vir gestremde kinders, én bied palliatiewe dienste aan pasiënte in die laaste dae van hulle lewe. Martelize Brink het suster Chrisna gaan ontmoet.

Potgooi
SIYABONGA SUSTER CHRISNA, SIYABONGA deur Martelize Brink

Suster Chrisna du Plessis het 16 jaat gelede iemand buite n kliniek gesien op die grond l, wat besig was om te sterf weens MIV/VIGS-komplikasies. Sy het daar en dan besluit dat daar n plek in haar gemeenskap moet wees waar mense in nood kan aanklop om hulp. Sy het toe die Siyabonga Care Village op Vredenburg op die been vebring. Dit is n plek van veiligheid vir mishandelde vroue, n tuiste vir gestremdes, n skool vir gestremde kinders, n bied palliatiewe dienste aan pasinte in die laaste dae van hulle lewe. Martelize Brink het suster Chrisna gaan ontmoet.

Laai die mp3 af (23849KB)

Donderdag 2 Augustus 2018
20:00-20:30

'N GELEEFDE LEWE deur Ina Strydom
John Miles word vanjaar 80, maar steur hom nie aan die ouderdom nie. Hy woon en werk in die Noord-Kaap waar hy hom ná sy aftrede as akademikus gaan vestig het. Hy is 'n ywerige leser en skryf omdat hy gedwing word. Ina Strydom kyk na dié bekroonde skrywer se lewe en werk.

Potgooi
'N GELEEFDE LEWE deur Ina Strydom

John Miles word vanjaar 80, maar steur hom nie aan die ouderdom nie. Hy woon en werk in die Noord-Kaap waar hy hom n sy aftrede as akademikus gaan vestig het. Hy is 'n ywerige leser en skryf omdat hy gedwing word. Ina Strydom kyk na di bekroonde skrywer se lewe en werk.

Laai die mp3 af (26533KB)

Donderdag 19 Julie 2018
20:00-20:30

DIE SHACK-BOUER EN FREEDOM FARM SE MENSE deur Haidee Muller
Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die Freedom Farm-plakkerskamp op die Kaapse Vlakte gaan ervaar. Sy het daar vir Lluwellyn Adams, alombekend as Ten Thousand, en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy sê, ‘n living maak. Sy het gehoor van die eina’s van die gemeenskap, maar daar is ook ‘n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe kruis Haidee se pad met die opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, oftewel Die Shack-bouer. Hy het hom oor die inwoners van Freedom Farm ontferm en uit sy hart, en meestal ook sy eie sak, vir hulle hutte gebou. En, ten spyte van armoede en haglike omstandighede, is hier ook ‘n trots wat die harte van Freedom Farm se inwoners weer laat warm klop.

Potgooi
DIE SHACK-BOUER EN FREEDOM FARM SE MENSE deur Haidee Muller

Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die Freedom Farm-plakkerskamp op die Kaapse Vlakte gaan ervaar. Sy het daar vir Lluwellyn Adams, alombekend as Ten Thousand, en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy s, n living maak. Sy het gehoor van die einas van die gemeenskap, maar daar is ook n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe kruis Haidee se pad met die opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, oftewel Die Shack-bouer. Hy het hom oor die inwoners van Freedom Farm ontferm en uit sy hart, en meestal ook sy eie sak, vir hulle hutte gebou. En, ten spyte van armoede en haglike omstandighede, is hier ook n trots wat die harte van Freedom Farm se inwoners weer laat warm klop.

Laai die mp3 af (23997KB)