Interaktief

Programme

TERUG

Befonk

Vorige Programme

Vrydag 1 Julie 2016
19:30-20:00

Befonk word afgesluit met 'n terugblik op die program se beste oomblikke.

Donderdag 30 Junie 2016
19:30-20:00

Tenita Kidelo gesels met Idean Ellick, 'n B.Com-student, oor die belangrikheid van begrotings. Idean het 'n paar wenke wat die opstel van ’n begroting sal vergemaklik.

Woensdag 29 Junie 2016
19:30-20:00

Graig-Lee Smith gesels met Isabé Botes van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, oor loopbaangeleenthede by die SA Polisiediens. En twee jong entrepreneurs praat oor Jeugmaand en geneemskapsprojekte vir hoërskoolleerders.

Isabé Botes
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
Botes.I@dhet.gov.za
www.dhet.gov.za
086-999-0123
careerhelp@dhet.gov.za
ncap.careerhelp.org.za
www.facebook.com/careerhelp
www.twitter.com/rsacareerhelp

Dinsdag 28 Junie 2016
19:30-20:00

Arehan Brand doen hersiening by die Zandvliet Sekondêre Skool in Macassar saam met Trevor Forbes en drie van sy Besigheidstudies-leerders. Hulle fokus Etiek, Professionalisme en Kreatiewe Denke.

Vrydag 24 Junie 2016
19:30-20:00

Kailin Daniels vind uit hoe tieners stylvol kan lyk en terselfdertyd geld kan bespaar.

Donderdag 23 Junie 2016
19:30-20:00

Tenita Kidelo kyk na die hantering van verlies; kuier by die jongmense van die MOT-sentrum om uit te vind wat hulle elke dag die moed gee om voort te gaan; en daar is 'n nuwe dramareeks oor die plaaslike verkiesings.

Woensdag 22 Junie 2016
19:30-20:00

Graig-Lee Smith gesels met Tanya Yohan van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding oor die rol van SETA’s, vakleerlingskappe en internskappe.

Tanya Yohan
Departement van Hoër Onderwys en Opleiding
Yohan.T@dhet.gov.za
www.dhet.gov.za
086-999-0123
careerhelp@dhet.gov.za
ncap.careerhelp.org.za
www.facebook.com/careerhelp
www.twitter.com/rsacareerhelp

Dinsdag 21 Junie 2016
19:30-20:00

Arehan Brand gesels met Trevor Forbes en drie van sy leerders by die Zandvliet Sekondêre Skool in Macassar oor sake-omgewings in die vak Besigheidstudies. Hulle fokus spesifiek op die impak van onlangse wetgewing op sake-ondernemings, en gee wenke oor wat jy van die wette moet memoriseer.

Vrydag 17 Junie 2016
19:30-20:00

Schoonspruit Hoër se dramaklas gesels oor hul skoolaktiwiteite. Die winterseisoen se haarstyle is in die kollig met verskeie tieners wat tong losmaak oor hul gunsteling haarstyle. Kailin het ‘n draai gaan maak by Danté wat ‘n passie het vir teater.

Donderdag 16 Junie 2016
19:30-20:00

Tenita Kidelo gesels met Elroy van die nie winsgewende organisasie- MOT en vind uit watter einskappe hulle jong mense leer, wat handig te pas kan kom in die toekoms. Sy klop ook weer by die Verkiesingskommissie aan om uit te vind hoekom dit so belangrik is vir jong mense om te stem. Dan gaan maak sy 'n draai in Port Elizabeth en gesels met die leerders van Bertram Senior Sekondêre Skool oor wat Jeugdag vir hulle beteken.