Programme

TERUG

Spesiale uitsending

Vorige Programme

Donderdag 3 Januarie 2019
met
18:00-19:00

Regstreekse uitsending van die bekendemaking van die uitslae van 2018 matriekeindeksamen deur die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga.

Dinsdag 1 Januarie 2019
met
13:00-14:00

Johny Klein lees Ferdinand Deist se Sandveldstories.

Maandag 31 Desember 2018
met
13:00-14:00

Johny Klein lees Ferdinand Deist se Sandveldstories.

Vrydag 28 Desember 2018
met
13:40-14:30

Johny Klein lees Ferdinand Deist se Sandveldstories.

Vrydag 28 Desember 2018
met
13:00-13:40

Tobias Jurgens Cronjé vier in November vanjaar sy 70ste verjaardag. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf, word hy steeds onthou vir rolle soos dié van Willem, in die gelyknamige TV-reeks. Hy was ook te sien in flieks soos Kootjie Emmer en Babbelkous en Bruidegom, terwyl hy op die verhoog bekend is om sy talle “dames” in Janice Honeyman se jaarlikse pantomimes. Saam met sy vriendin en die aktrise Grethe Fox en die regisseur André Stolz, kuier dié drie saam om Tobie se lewe en loopbaan te vier.

Samesteller en regisseur: André Stolz

Woensdag 26 Desember 2018
13:00-14:00

Met Gaireyah Fredericks, Marlo Minnaar en Jolyn Phillips

Afrikaanssprekendes van die Kaap vind hulle wortels wyd en syd. Hier is nou ‘n smeltkroes van verhale (lief én leed) met die oorsprong uit Afrika, Europa en die Verre-Ooste. Het die dice vir jou sus of so geval? Of heeltemal die ander way? Met hierdie opdragwerk ervaar die luisteraar hoe ons deur taal aan mekaar verbind is. “Afrikaans sing in ‘n duisend stemme...” en dis OK!

Die program is saamgestel deur Luna Paige met musiekverwerkings deur Ramon Alexander. Die regisseur is Johan Rademan. Die orkes bestaan uit Alexander, Paige, Bradley Prince, Chadleigh Gowar, Annemie Nel en Muneeb Hermans.

Musiek deur Ramon Alexander, Luna Paige, Ibrahim Khalil Shihab en Jolyn Philips, en verwerkings van Anton Goosen en Kaapse Klopse-liedere. Verse van Shirmoney Rhode, Diana Ferrus, Adam Small en Gaireyah Fredericks. Prosa-uittreksels uit die werke van Catherine Willemse, I.D. du Plessis, Dana Snyman en Nathan Tantraal.

LOOPORDE:

  1. Louwskloof se mense - Ramon Alexander Band
  2. Dialoog - Gaireyah Fredericks & Marlo Minnaar
  3. Whitey - gedig deur Gaireyah Fredericks en voorgelees deur Gaireyah Fredericks
  4. Oerdans - Luna Paige
  5. Die worry in my eye - Shirmoney Rhode gedig, voorgelees deur Gaireyah Fredericks
  6. Sons & Captains - Ramon Alexander Band
  7. Ghoema - Kaapse Klopse, sang deur Muneeb Hermans, Bradley Prince & Luna Paige
  8. Dagbreek toe! - Luna Paige
  9. Likkewaan - Ramon Alexander
  10. Menee' Goetham - uittreksel uit kortverhaal deur Nathan Trantraal, voorgelees deur Marlo Minnaar
  11. Afrikaans, 'n Versoeningstaal - gedig deur Diana Ferrus, voorgelees deur Gaireyah Fredericks en Marlo Minnaar
  12. Diglosie –gedig deur Jolyn Phillips, voorgelees deur Jolyn Phillips
  13. Ek en jy en ons se Onstwee - Lied deur Anton Goosen, woorde aangepas en uitgevoer deur Luna Paige
Maandag 24 Desember 2018
met
13:00-14:10

Die sanger-liedjieskrywer Coenie de Villiers sing bekende liedjies, asook ou-ou komposisies wat in dekades nie gehoor is nie. Saam met splinternuwe liedjies uit sy pen en wat nog nie opgeneem is nie, is daar natuurlik ook ‘n skeut blues. Brandon October en Coenie is groot musiekmaats. Brandon is een van die land se beste sangers en ook ‘n uithaler-liedjieskrywer (wat min mense weet). Hy sluit by Coenie, die weergalose Mauritz Lotz op kitaar en David Klassen op tromme en slaginstrumente, aan om van sy nuutste werk te deel. ‘n Uithaler-radiokonsert wat voor ‘n gehoor in die SAUK se M1-ouditorium in Aucklandpark, Johannesburg, opgeneem is.

LOOPORDE
Gebed van ‘n Reisiger
My tafel
Die Kers
Blues
Daar’s ‘n Plek
Die Laaste Maal
Vir Oulaas
My Huis
Namakwaland
Ure (Brandon October)
Genade, Onbeskryflik Groot (tradisioneel, Amazing Grace)
Môre (Brandon October)
Al lê die berge nog so blou (tradisioneel)
Karoonag

Woensdag 24 Oktober 2018
met
14:00-16:00

Regstreekse uitsending van die Minister van Finansies, Tito Mboweni, se middeltermyn-begrotingsoorsig in die parlement in Kaapstad.

Woensdag 27 Junie 2018
met
20:00-21:00

Uitgevoer deur Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag).

Vivaldi het sy Vier seisoene in 1723 vir ‘n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het. Nou het hierdie driestuks musikante die Vivaldi-werk op ‘n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ‘n orkes.

Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid de Villiers uit Italiaans in Afrikaans vertaal, word deur Joubert voorgedra en bind die vier musikale seisoene saam. Kom reis deur die jaargetye met woord en musiek.

Musikale leiding: Marek Pinski

Dinsdag 26 Junie 2018
met
20:00-21:00

Die veelbekroonde State of the Heart is vanjaar 23 oud. Dit is die eerste kabaret uit Strydom se pen en is met die Dalro- en Showtime-pryse vir beste kabaret en kabaret van die jaar bekroon. Hierdie tydlose liefdesverhaal steek op ‘n teer wyse die draak met ou Afrikaner-tradisies van die jare 20 tot 70. Midde die wreedheid van die oorlog is dit tog die liefde wat uiteindelik seëvier. Begelei deur Coenraad Rall op klavier sing Strydom in ses tale – Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Nederlands en Zoeloe.