Programme

TERUG

Skrywers en Boeke

Vorige Programme

Woensdag 16 Januarie 2019
20:00-21:00

Ilse Salzwedel gesels oor die 2016 Costa-pryswenner Gail Honeyman se ELEANOR OLIPANT IS COMPLETELY FINE en Rebecca Davis se SELFHELPLESS. Wendy Maartens, kinderboekskrywer en oud-onderwyseres, gesels met Ilse oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die finaliste vir die 2018 Costa-pryse.

Potgooi
Skrywers en boeke 16 Januarie 2019

Laai die mp3 af (38794KB)

Woensdag 9 Januarie 2019
20:00-21:00

Charl-Pierre Naude vertel vir Ilse Salzwedel van sy nuwe roman DIE ONGELOOFLIKE ONSKULD VAN DIRKIE VERWEY. In die insetsel oor internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n stukkie onderhoud met die skrywer Amos Oz, wat onlangs oorlede is. Ilse gesels ook oor 'n paar oulike kinderboeke.

Potgooi
Skrywers en boeke 9 Januarie 2019

Charl-Pierre Naude vertel vir Ilse Salzwedel van sy nuwe roman DIE ONGELOOFLIKE ONSKULD VAN DIRKIE VERWEY. In die insetsel oor internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n stukkie onderhoud met die skrywer Amos Oz, wat onlangs oorlede is. Ilse gesels ook oor 'n paar oulike kinderboeke.

Laai die mp3 af (44599KB)

Woensdag 2 Januarie 2019
20:00-21:00

Ilse Salzwedel gesels oor topverkoperboeke wat topverkoperfilms geword het, en jy kan ook luister na musiek uit films soos Bridget Jones's Diary, Brokeback Mountain, Gone with the Wind, The Fault in Our Stars en Eat, Pray, Love.

Woensdag 26 Desember 2018
20:00-21:00

Ilse Salzwedel gesels oor die boeke agter rolprenttreffers soos Forrest Gump, Jaws, Out of Africa, Schindler's List en The Godfather en speel ook van die musiek uit die rolprente. Johan Myburg gesels oor interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder andere 'n ietwat anderster boek oor die alfabet.

Woensdag 19 Desember 2018
20:00-21:00

Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor haar tien gunstelingboeke vir 2018. In sy internasionale letterkunde-insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Suid-Afrikaans gebore Britse skrywer Justin Cartwright wat onlangs oorlede is.

Potgooi
Skrywers en boeke 19 Desember 2018

Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor haar tien gunstelingboeke vir 2018. In sy internasionale letterkunde-insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Suid-Afrikaans gebore Britse skrywer Justin Cartwright wat onlangs oorlede is.

Laai die mp3 af (41283KB)

Woensdag 12 Desember 2018
20:00-21:00

Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir 'n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?

Potgooi
Skrywers en boeke 12 Desember 2018

Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir 'n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?

Laai die mp3 af (39238KB)

Woensdag 5 Desember 2018
20:00-21:00

Ilse Salzwedel gesels met prof. Franci Greyling van die NWU oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog 'n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae van die Amerikaanse boeke wat tydens die land se amptelike National Book Awards bekroon is.

Potgooi
Skrywers en boeke 5 Desember 2018

Ilse Salzwedel gesels met prof. Franci Greyling van die NWU oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om posie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog 'n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae van die Amerikaanse boeke wat tydens die land se amptelike National Book Awards bekroon is.

Laai die mp3 af (50700KB)

Woensdag 28 November 2018
20:00-21:00

Program is nie uitgesaai nie weens tegniese probleme.

Woensdag 21 November 2018
20:00-21:00

Ilse Salzwedel praat met Martin Steyn oor LOSPRYS, sy nuutste roman. Phyllis Green vertel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. En Johan Myburg gesels onder meer oor Suid-Afrika se nuwe amptelike staatsdigter.

Potgooi
Skrywers en boeke 21 November 2018

Ilse Salzwedel praat met Martin Steyn oor LOSPRYS, sy nuutste roman. Phyllis Green vertel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. En Johan Myburg gesels onder meer oor Suid-Afrika se nuwe amptelike staatsdigter.

Laai die mp3 af (43591KB)

Woensdag 7 November 2018
20:00-21:00

Coenie de Villiers gesels oor KAROOSUITE, die boek wat voortspruit uit die gelyknamige musiekproduksie deur Coenie en die skrywer Deon Meyer. Fanie Viljoen gesels oor sy jeugroman VELDIEP, en in sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor die skrywer Haruki Murakami se argief.

Potgooi
Skrywers en boeke 7 November 2018

Coenie de Villiers gesels oor KAROOSUITE, die boek wat voortspruit uit die gelyknamige musiekproduksie deur Coenie en die skrywer Deon Meyer. Fanie Viljoen gesels oor sy jeugroman VELDIEP, en in sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor die skrywer Haruki Murakami se argief.

Laai die mp3 af (31471KB)