Programme

TERUG

Gesondheid

Vorige Programme

Woensdag 20 Junie 2018
11:30-12:00

Met sekere behandelings kan ’n kind met outisme se toestand verbeter. Maar watter behandelingsmetodes werk en watter werk nie? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater by die Universiteit van Kaapstad en een van die land se kenners op die gebied van neuro-ontwikkelingsprobleme by kinders, om meer duidelikheid te kry oor die behandeling van outisme.

Potgooi
Gesondheid 20 Junie 2018

Met sekere behandelings kan n kind met outisme se toestand verbeter. Maar watter behandelingsmetodes werk en watter werk nie? Mar Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater by die Universiteit van Kaapstad en een van die land se kenners op die gebied van neuro-ontwikkelingsprobleme by kinders, om meer duidelikheid te kry oor die behandeling van outisme.

Laai die mp3 af (26519KB)

Woensdag 13 Junie 2018
11:30-12:00

Ons hoor gereeld van kogleêre inplantings, maar presies hoe werk dit en hoe goed kan iemand met ‘n bioniese oor hoor? Wie is kandidate en hoe gemaak as mens nie geld het vir sulke duur toerusting nie?  In Gesondheid op RSG gesels Marí Hudson met ‘n oor-, neus- en keelspesialis wat dié implantings doen, en ook met ‘n oudioloog wat mense ná dié implanting help.

 

Potgooi
Gesondheid 13 Junie 2018

Ons hoor gereeld van koglere inplantings, maar presies hoe werk dit en hoe goed kan iemand met n bioniese oor hoor?

Laai die mp3 af (17982KB)

Woensdag 6 Junie 2018
11:30-12:00

Het jy al gehoor van Tourette-sindroom? Wat is dit? Wat is die simptome en die behandeling? Hoe raak dit ‘n mens se lewe? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater van die Rooikruis Kinderhospitaal, oor dié probleem.

Potgooi
Gesondheid 6 Junie 2018

Het jy al gehoor van Tourette-sindroom? Wat is dit? Wat is die simptome en die behandeling? Hoe raak dit n mens se lewe? Mar Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater van die Rooikruis Kinderhospitaal, oor di probleem.

Laai die mp3 af (23703KB)

Woensdag 30 Mei 2018
11:30-12:00

Wat is osoon, en kan osoonterapie help om siektes te behandel, of is dit ‘n foefie? En is daar iets soos ‘n vetverbrander? Marí Hudson praat met ‘n kliniese farmakoloog om vas te stel of osoonterapie werk, en kyk na middels wat as hoof- of newe-effek jou gewig kan help verloor, en of vetverbranders hierby inpas.

Potgooi
Gesondheid 30 Mei 2018

Wat is osoon, en kan osoonterapie help om siektes te behandel, of is dit n foefie? En is daar iets soos n vetverbrander? Mar Hudson praat met n kliniese farmakoloog om vas te stel of osoonterapie werk, en kyk na middels wat as hoof- of newe-effek jou gewig kan help verloor, en of vetverbranders hierby inpas.

Laai die mp3 af (22453KB)

Woensdag 23 Mei 2018
11:30-12:00

Ons weet die rook van sigarette lei tot longkanker, maar hoe werk dit? Wat is jou kans werklik? En het behandeling die afgelope jare verbeter? Marí Hudson praat met ‘n kankerspesialis oor die verskillende soorte longkanker en die jongste feite oor diagnose en behandeling.

Potgooi
Gesondheid 23 Mei 2018

Ons weet die rook van sigarette lei tot longkanker, maar hoe werk dit? Wat is jou kans werklik? En het behandeling die afgelope jare verbeter? Mar Hudson praat met n kankerspesialis oor die verskillende soorte longkanker en die jongste feite oor diagnose en behandeling.

Laai die mp3 af (24941KB)

Woensdag 16 Mei 2018
11:30-12:00

Die bekentenis van PSG se grootbaas dat hy aan vroeë demensie ly, het die kollig vol-uit op hierdie toestand geplaas. Het jy geweet mens kry meer as een vorm van demensie? Marí Hudson praat met ‘n psigiater oor die verskillende oorsake en simptome van demensie, die diagnosering en behandeling, en ook waar Alzheimer se siekte inpas.

Potgooi
Gesondheid 16 Mei 2018

Die bekentenis van PSG se grootbaas dat hy aan vroe demensie ly, het die kollig vol-uit op hierdie toestand geplaas. Het jy geweet mens kry meer as een vorm van demensie? Mar Hudson praat met n psigiater oor die verskillende oorsake en simptome van demensie, die diagnosering en behandeling, en ook waar Alzheimer se siekte inpas.

Laai die mp3 af (20616KB)

Woensdag 9 Mei 2018
11:30-12:00

In die lig van die IAAF se besluit om in sekere items perke te stel op die testeroonvlakke van vroulike deelnemers, kyk ons wetenskaplik na testosteroon in vroue. Waar kom dit vandaan? Waarom is sommige vroue se testosteroonvlakke hoër as gemiddeld, en kan mens dit behandel? Kan vroue met hoë testosteroonvlakke swanger raak? Marí Hudson praat hieroor met prof. Thinus Kruger, 'n fertiliteitspesialis.

Potgooi
Gesondheid 9 Mei 2018

In die lig van die IAAF se besluit om in sekere items perke te stel op die testeroonvlakke van vroulike deelnemers, kyk ons wetenskaplik na testosteroon in vroue. Waar kom dit vandaan? Waarom is sommige vroue se testosteroonvlakke hor as gemiddeld, en kan mens dit behandel? Kan vroue met ho testosteroonvlakke swanger raak? Mar Hudson praat hieroor met prof. Thinus Kruger, 'n fertiliteitspesialis.

Laai die mp3 af (22115KB)

Woensdag 2 Mei 2018
11:30-12:00

As ‘n mens se hart te stadig klop, is dit nie versoenbaar met lewe nie. ‘n Te stadige hartklop is gewoonlik die gevolg van ‘n blokkasie in die geleidingsweefsel. Nou het medici ‘n manier gevind om die geleidingsweefsel vir die eerste keer regstreeks te stimuleer sodat die twee pompkamers presies soos ‘n normale hart saamtrek: sterk en sinchronies. ‘n His-bondeltak-pasaangeër is die pasaangeër wat beskryf kan word as die eerste een wat pasaangee op die natuurlike fisiologiese manier. Marí Hudson praat met dr. Razeen Gopal, 'n elektrofisioloog van die Kaapstad AF-sentrum in die Mediclinic Panorama Hospitaal. Hy vertel meer van die nuwe soort pasaangeër.

Potgooi
Gesondheid 2 Mei 2018

As n mens se hart te stadig klop, is dit nie versoenbaar met lewe nie. n Te stadige hartklop is gewoonlik die gevolg van n blokkasie in die geleidingsweefsel. Nou het medici n manier gevind om die geleidingsweefsel vir die eerste keer regstreeks te stimuleer sodat die twee pompkamers presies soos n normale hart saamtrek: sterk en sinchronies. n His-bondeltak-pasaanger is die pasaanger wat beskryf kan word as die eerste een wat pasaangee op die natuurlike fisiologiese manier. Mar Hudson praat met dr. Razeen Gopal, 'n elektrofisioloog van die Kaapstad AF-sentrum in die Mediclinic Panorama Hospitaal. Hy vertel meer van die nuwe soort pasaanger.

Laai die mp3 af (25181KB)

Woensdag 25 April 2018
11:30-12:00

Jy is nog jonk, maar pas gediagnoseer met kanker. Chemoterapie en/of bestraling wag. Maar jy wil graag ná jou herstel, ‘n baba hê. Ja, dit is moontlik, vir mans en vroue. En daar is selfs meer as een manier om dié droom waar te maak, selfs ná kankerbehandeling. Marí Hudson gesels met prof. Igno Siebert, 'n fertiliteitspesialis, oor die jongste inligting nadat hy teruggekeer het van ‘n internasionale kongres.

Potgooi
Gesondheid 25 April 2018

Jy is nog jonk, maar pas gediagnoseer met kanker. Chemoterapie en/of bestraling wag. Maar jy wil graag n jou herstel, n baba h. Ja, dit is moontlik, vir mans en vroue. En daar is selfs meer as een manier om di droom waar te maak, selfs n kankerbehandeling. Mar Hudson gesels met prof. Igno Siebert, 'n fertiliteitspesialis, oor die jongste inligting nadat hy teruggekeer het van n internasionale kongres.

Laai die mp3 af (23754KB)

Woensdag 18 April 2018
11:30-12:00

Wat is die jongste verwikkelings in die diagnosering en die mediese insig in outisme? Wat is anders in die brein van iemand met outisme, en waar en hoe verloop die neuro-ontwikkeling dan anders? Kan behandeling help, en hoe? Watter behandeling help nie? April is wêreldwyd outisme-maand, en prof. Petrus de Vries, van die Departement Kinderpsigiatrie aan die Universiteit van Kaapstad is in die ateljee met die antwoorde.

Potgooi
Gesondheid 18 April 2018

Wat is die jongste verwikkelings in die diagnosering en die mediese insig in outisme? Wat is anders in die brein van iemand met outisme, en waar en hoe verloop die neuro-ontwikkeling dan anders? Kan behandeling help, en hoe? Watter behandeling help nie? April is wreldwyd outisme-maand, en prof. Petrus de Vries, van die Departement Kinderpsigiatrie aan die Universiteit van Kaapstad is in die ateljee met die antwoorde.

Laai die mp3 af (20027KB)