Interaktief
SMS:45889
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
- WhatsApp:
076-536-6961 - (slegs teks en stemboodskappe)
Programme
Middag op RSG 1
Vrydag 2 Augustus 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Lizma van Zyl gesels met dr. Johann Augustyn, ‘n wetenskaplike en sekretaris van die SA Deep-sea Trawling Industry Association, SADTIA, oor die wydverspreide gevolge van aardverwarming op oseane. Hy verduidelik dat fisiologiese gevolge op vis- en ander marinespesies ‘n versnelde metabolisme asook ‘n versteuring van hormoonvlakke insluit.
Vrydag 26 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Boere kan eersdaags krag aan Eskom lewer… Ja, dit klink dalk vreemd, maar boere met sonkragstelsels sal volgens ‘n nuwe Eskom-skema enige oortollige krag in die netwerk kan stort. Die projek is nie net voordelig vir boere nie, maar sal help om die druk om die nasionale energienetwerk te verlig. Lizma van Zyl gesels met Chris Schutte van Sonfin oor dié projek waarby alle Suid-Afrikaners kan baat.
Woensdag 24 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Sue Pyler en Ettienne Ludick praat met Johan van Graan van die Instituut vir Risikobestuur en ‘n kenner op die gebied van rekenaarsekuriteit oor hoe om jouself aanlyn te beveilig.
Vrydag 19 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Sue Pyler kyk na 'n paar maniere hoe jy jou huis kan beveilig teen moontlike brande.
Bewaringslandbou word al hoe belangriker vir Suid-Afrikaanse boere, weens aardverwarming. Lizma van Zyl gesels met dr. Hendrik Smith van Graan SA oor dié vorm van boerdery wat, hy ‘n unieke wapen in die stryd teen klimaatsverandering noem. Ons hoor ook meer van Graan SA se koolstofvoetspoor-projek.
Vrydag 12 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
‘n Nederlandse maatskappy is besig om wêreldwyd naam te maak vir sy proses om afval en ongebruikte kos, wat baie soetgoed insluit, in veevoer te omskep. Lizma van Zyl gesels met Karel van der Velden vanuit Veulen oor Food-for-Feed wat nie net help om aardverwarming teen te werk nie, maar ook vir boere meer geld in die sak besorg.
Donderdag 11 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Tania Lochner van Rawsonville deel 'n storie met Sue Pyler oor hoe hulle gesin in die jare sestig met eende gery het na 'n troue, en hoe hulle tuis was in die bad van die hotelkamer.
Dinsdag 9 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Minder is meer, sê die kenners. Sue Pyler kyk na hoe jy maklik minimalisties kan leef.
Vrydag 5 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Die wêreld se vleilande is aan die verdwyn, en klimaatsverandering is een van die hoofoorsake. Min mense besef watter groot rol dié ekostelsels in mens en dier se lewe speel. Lizma van Zyl gesels met varswater-ekoloog dr. Kas Hamman oor die bedreigings vir die voortbestaan en waarde van vleilande.
Donderdag 4 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Wenke vir die versorging van hande en naels tydens die koue wintermaande.
Woensdag 3 Julie 2019
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
Potgooi
Nicola Greeff vertel vir Sue Pyler meer ook Sappi se klankleserboeke.