Programme

TERUG

Die Koning van Ruk-en-Rol

Vorige Programme

Donderdag 1 Februarie 2018
20:30-21:00

Die toekennings wat Elvis Presley in sy kort leeftyd ontvang het, is legio, maar hy bly op sy gelukkigste wanneer hy werk. Vir ‘n uitvoerende kunstenaar is die onmiddellikheid van regstreekse kontak met die gehoor die toppunt van bevrediging – al is dit vlietend – dalk omdat dit so vlietend is...

Donderdag 25 Januarie 2018
20:30-21:00

Elvis kom al sy vakke op skool deur, behalwe musiek. Hy het nooit formele musiekopleiding gehad of geleer om musiek te lees nie, maar ‘n jaar ná sy eerste opname tree hy by al sy ateljeeopnames op as musiekregisseur sonder om ooit erkenning daarvoor te kry.

Donderdag 18 Januarie 2018
20:30-21:00

Dit is verstommend hoe vinnig Elvis as sangkunstenaar ontwikkel het. Op ‘n Saterdag in Junie 1954 stap hy as 19-jarige by Sam Phillips se ateljee in. Phillips sê: “ ’n Mooi seun met lang wangbaarde, ‘n eendstert en ‘n mengsel van opregte nederigheid en intense vasberadenheid. Hy was die inkennigste mens en daarom ook die dapperste wat nog ooit by my ateljee ingestap het.”

Donderdag 11 Januarie 2018
20:30-21:00

Elvis Presley het nooit formele musiekopleiding gekry nie, en ook nie musiek leer lees nie. Op sy kinderkitaar, wat hy op elf jarige ouderdom by sy ouers present kry, oefen hy die drukke wat pastoor Frank Smith van die Assembly of God-kerk en die hillbilly-sanger, Mississippi Slim, vir hom wys. Mississippi Slim beskou Elvis ‘n wonderkind.

Donderdag 4 Januarie 2018
20:30-21:00

Elvis is van kleinsaf omring deur musiek – in die Pinksterkerk Assembly of God, op straat, in platewinkels, om blêrkaste, in sale, in klubs – dit was ‘n mengsel van kamma “wit gemors”-hillbilly-musiek, country, blues, evangeliese lofliedere en die swaarder ritmiese klanke van Afro-Amerikaanse jazz.