Programme

TERUG

Musiekbonbons

Vorige Programme

Donderdag 16 Augustus 2018
21:10-22:00

Luister na trio van J.S. Bach, soos uitgevoer deur tjello, mandolien en kontrabas. Daaris ook 'n klavierfantasie van Mozart, en werke van twee Nederlandse komponiste wie se werk nie so baie gehoor word nie.

Donderdag 9 Augustus 2018
21:10-22:00

Luister na 'n werk van 'n kleinneef van J.S. Bach, Johann Ernst Bach. Daar is 'n deel uit 'n klavierkonsert van die Italiaanse komponis, Giovanni Platti, en 'n tema en variasie vir mandolien en klavier van Beethoven. Daar is ook 'n spesiale optrede deur die vier kitaarspelende Romero-broers.

Donderdag 2 Augustus 2018
21:10-22:00

Luister na 'n paar werke waar die fluit 'n prominente rol speel, soos in Keiser Frederich die Grote se Fluitkonsert in C majeur. Een van Mozart se pa, Leopold, se werke word ook voorgespeel. En dan is daar 'n werk van die Amerikaanse komponis, Arthur Pryor, THE WHISTLER AND HIS DOG.

Donderdag 26 Julie 2018
21:10-22:00

Luister na 'n beweging uit 'n tromboonkonsert van Rimsky-Korsakof, 'n lied van Schubert waar die tenoor begelei word deur agt Franse horings, en 'n gavotte van Prokofief.

Donderdag 19 Julie 2018
21:10-22:00

Luister na 'n verwerking van 'n tema en variasies van Paganinni vir strykers, 'n uitvoering deur Tessa Ziegler van 'n studie van Sor, en die sangduet van Schumann, SO WAAR AS WAT DIE SON.

Donderdag 12 Julie 2018
21:10-22:00

Luister na 'n verwerking van die bekende DONKER OË van Hermann, soos gesing deur 'n tenoor en bariton. Daar is ook 'n prelude van Chopin, en ’n deel uit 'n vioolsonata van Mendelssohn.

Donderdag 5 Julie 2018
21:10-22:00

Luister na 'n aantal variasies deur Beethoven op 'n tema van Handel, uitgevoer deur n tjellis met klavierbegeleiding. Daar is 'n drie-stemmige lied van die Duitse komponis, Peter Cornelius, en 'n aria uit 'n Kantata van Mozart.

Donderdag 28 Junie 2018
21:10-22:00

Luister na 'n deel uit 'n orrelkonsert van Handel, 'n wiegelied van Von Weber, en 'n beweging uit 'n mondfluitjiekonsert van Spiwakofski.

Sondag 24 Junie 2018
10:00-11:00

Luister na 'n deel uit die rolprentklankbaan van THE CHORISTER, 'n mars van Handel uit sy opera RINALDO, die stem van Joan Sutherland met 'n lied van Arne, en 'n baie interessante werk, DIE HEN.

Donderdag 21 Junie 2018
21:10-22:00

Luister na 'n lied van Clara Schumann, vrou van die bekende Romantiese komponis, Robert Schumann. Daar is 'n pragtige werk vir klarinet en orkes van Louis Spohr, en 'n uittreksel uit die Broadway-musiekspel, THE SECRET GARDEN, wat Thomas Hampson sal voordra.