Programme

TERUG

Impak

Vorige Programme

Sondag 28 April 2019
16:00-16:30

Olivia Sambo gesels met Courtney Sampson van die OVK oor die stemproses, en kenners gee hulle mening oor die kiesstelsel.

Sondag 21 April 2019
16:00-16:30

Olivia Sambo kyk na jou grondwetlike reg om te stem.

Sondag 14 April 2019
16:00-16:30

Wat is spesiale stemme? Wie kwalifiseer daarvoor? Hoe kan ek daarvoor registreer?

Sondag 7 April 2019
16:00-16:30

Wat is die verkiesingsgedragskode, en hoe belangrik is etiese waardes? Polisiëring voor, tydens en na die verkiesing word ook bespreek.

Sondag 31 Maart 2019
16:00-16:30

Politieke kommentators gee hulle mening oor vry en regverdige verkiesings. Die partymanifeste en die Wet op die Befondsing van Politieke Partye word ook bespreek.

Sondag 24 Maart 2019
16:00-16:30

Wat is die verskil tussen provinsiale en nasionale verkiesings? Hoekom moet ons vir altwee stem?

Sondag 17 Maart 2019
16:00-16:30

Hoe belangrik is jou stem? Watter verskil kan jy as 'n kieser maak? Granville Abrahams van die Onafhanklike Verkiesingskommissie veruidelik ook die prosesse en stelsels van die komissie.

Sondag 10 Maart 2019
16:00-16:30

Ons kyk na die ontstaan van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, en hoekom dit so belangrik is vir demokrasie in Suid-Afrika.

Vrydag 7 September 2018
19:30-20:00

Arehan Brand sluit die Impak-reeks af met ‘n oorsig van die afgelope sewe weke se navorsingsonderwerpe. Water- en voedselveiligheid is in die kollig, en verteenwoordigers van die Universiteite van die Witwatersrand, Pretoria en  Johannesburg, vertel van ander navorsing wat ook tans gedoen word. Percy Mogale, Impak se navorser, vind ook vir uit van tuberkulosenavorsing.

Vrydag 31 Augustus 2018
19:30-20:00

Arehan Brand vind meer uit van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se waternavorsing in Makwane in die Vrystaat en die nuwe innoverende watersuiweringstoestel wat hulle gebruik het. Percy Mogale vind ook uit hoe inwoners van die gemeenskap voel oor die gebruik van die toestel, en of dit al enige resultate opgelewer het.