Programme

TERUG

Oppiradio

Vorige Programme

Vrydag 18 Mei 2018
20:00-21:00

Tien jaar gelede is daar nog ‘n Afrikaanse rockgroep in Belville gebore met die naam Die Heuwels Fantasties. Hulle spog met twee Ghoema-toekennings en ‘n SAMA-nominasie vir Beste Alternatiewe Afrikaanse Album. Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Fred den Hartog vertel vir Christelle van Tonder wat hulle die afgelope dekade geleer het.

Potgooi
Die Heuwels Fantasties

Tien jaar gelede is daar nog n Afrikaanse rockgroep in Belville gebore met die naam Die Heuwels Fantasties. Hulle spog met twee Ghoema-toekennings en n SAMA-nominasie vir Beste Alternatiewe Afrikaanse Album. Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Fred den Hartog vertel vir Christelle van Tonder wat hulle die afgelope dekade geleer het.

Laai die mp3 af (9232KB)

Vrydag 11 Mei 2018
20:00-21:00

Die 19-jarige Storm het op 16 besluit dat hy ‘n porfessionele musikant gaan word. Hy het die tradisionele skoolstelsel verlaat, en musiek studeer terwyl hy matriek voltooi het. Drie jaar later kyk hy nie vir een oomblik terug nie. Hy werk gereeld saam met Stonebridge wat musiek vervaardig vir internasionale sterre soos Madonna en Missy Eliot. Christelle van Tonder gesels met hom oor die stormagtige Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Potgooi
Storm

Die 19-jarige Storm het op 16 besluit dat hy n porfessionele musikant gaan word. Hy het die tradisionele skoolstelsel verlaat, en musiek studeer terwyl hy matriek voltooi het. Drie jaar later kyk hy nie vir een oomblik terug nie. Hy werk gereeld saam met Stonebridge wat musiek vervaardig vir internasionale sterre soos Madonna en Missy Eliot. Christelle van Tonder gesels met hom oor die stormagtige Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Laai die mp3 af (5935KB)

Vrydag 4 Mei 2018
20:00-21:00

Die rockgroep, Prime Circle, het sy onstaan in ‘n motorhuis in Witbank gehad. Die motorhuis het gou te klein geword vir hulle talent, en 16 jaar later maak die groep ook naam internasionaal. Hulle het ontlangs teruggekeer van ‘n suksesvolle internasionale toer. Hulle jongste album, Head In The Clouds, spog met ‘n meer emosionele klank, maar beslis nie rustiger nie. Christelle van Tonder gesels met voorsanger Ross Learmoth en kitaarspeler Dirk Bisschoff oor die broederskap in die groep.

Potgooi
Prime Circle

Die rockgroep, Prime Circle, het sy onstaan in n motorhuis in Witbank gehad. Die motorhuis het gou te klein geword vir hulle talent, en 16 jaar later maak die groep ook naam internasionaal. Hulle het ontlangs teruggekeer van n suksesvolle internasionale toer. Hulle jongste album, Head In The Clouds, spog met n meer emosionele klank, maar beslis nie rustiger nie. Christelle van Tonder gesels met voorsanger Ross Learmoth en kitaarspeler Dirk Bisschoff oor die broederskap in die groep.

Laai die mp3 af (29003KB)

Vrydag 27 April 2018
20:00-21:00

Lizandra Winter is nie meer ‘n agtergrondsanger nie, sy maak nou naam as solomusikant wat nuwe lewe gee aan Christa Steyn se EK WIL VIR JOU saam met Joshua na die Reën. Haar debuutalbum is in 2017 bekendgestel. Sy is ‘n ma van twee kleintjies en handhaaf ‘n toerskedule tussenin. Christelle van Tonder gesels met Lizandra oor haar musiek, verhoognaam en die lewe as ‘n musikant.

Potgooi
Lizandra Winter

Lizandra Winter is nie meer n agtergrondsanger nie, sy maak nou naam as solomusikant wat nuwe lewe gee aan Christa Steyn se EK WIL VIR JOU saam met Joshua na die Ren. Haar debuutalbum is in 2017 bekendgestel. Sy is n ma van twee kleintjies en handhaaf n toerskedule tussenin. Christelle van Tonder gesels met Lizandra oor haar musiek, verhoognaam en die lewe as n musikant.

Laai die mp3 af (25573KB)

Vrydag 20 April 2018
20:00-21:00

Hermand en Douw Steyn spog elk met 15 jaar se ervaring in die musiekbedryf - Herman voor die skerms en Douw agter die skerms. Net meer as ‘n jaar gelede het die twee hulle ondervinding en talente saamgevoeg om die intstrumentale groep, DECA (wat 10 beteken), te stig. Christelle van Tonder gesels met hulle oor hulle musiek en instrumente, en hoe hulle ‘n vertrek vul met slegs twee instrumente.

Potgooi
Deca

Hermand en Douw Steyn spog elk met 15 jaar se ervaring in die musiekbedryf - Herman voor die skerms en Douw agter die skerms. Net meer as n jaar gelede het die twee hulle ondervinding en talente saamgevoeg om die intstrumentale groep, DECA (wat 10 beteken), te stig. Christelle van Tonder gesels met hulle oor hulle musiek en instrumente, en hoe hulle n vertrek vul met slegs twee instrumente.

Laai die mp3 af (10430KB)

Vrydag 13 April 2018
20:00-21:00

Stone Jets is ‘n driestuk-groep van die Kaap. Hulle het net saam begin jam en toe die groep begin. Vir somige motorhuisgroepe is dit waar dit eindig, maar nie vir Stone Jets nie. Hulle toer nou die land plat en het laat deurskemer dat hulle debuutalbum in 2019 op die rakke sal wees.

Potgooi
Stone Jets

Stone Jets is n driestuk-groep van die Kaap. Hulle het net saam begin jam en toe die groep begin. Vir somige motorhuisgroepe is dit waar dit eindig, maar nie vir Stone Jets nie. Hulle toer nou die land plat en het laat deurskemer dat hulle debuutalbum in 2019 op die rakke sal wees.

Laai die mp3 af (11866KB)

Vrydag 6 April 2018
20:00-21:00

Van tromspeler tot solo musikant. Howei Combrink het dit als.

Potgooi
Howie Combrink

Howie Combrink het vir jare agter sy tromme weggekruip en die sing vir ander gelos. Hy is steeds die tromspeler vir die legendariese plaaslike groep Watershed, maar Howie is ook n solo kunstenaar wat nou spog met sy tweede album. Christelle van Tonder het met die talentevolle musikant, liedjies skrywer en vervaardiger gesels.

Laai die mp3 af (14588KB)

Vrydag 23 Maart 2018
20:00-21:00

Alwie Carstens het groot geword in Pofadder, en toe Kaap toe verhuis waar hy nou werk. Alhoewel musiek vir hom ‘n stokperdjie is, is hy baie vinnig besig om aanhangers te wen. Sy ma skryf sy lirieke. Eintlik skryf sy gedigte, en Alwie vat dan sy kitaar en toonset dit. Christelle van Tonder het met hom gesels.

Potgooi
Alwie Carstens

Alwie Carstens het groot geword in Pofadder, en toe Kaap toe verhuis waar hy nou werk. Alhoewel musiek vir hom n stokperdjie is, is hy baie vinnig besig om aanhangers te wen. Sy ma skryf sy lirieke. Eintlik skryf sy gedigte, en Alwie vat dan sy kitaar en toonset dit. Christelle van Tonder het met hom gesels.

Laai die mp3 af (9680KB)

Vrydag 16 Maart 2018
20:00-21:00

Die 25 jarige Karien Barnard van Knysna, ook bekend as Kay Faith, maak Hip Hop musiek. Sy is onlangs deur internasionale bekendes raakgehoor, en Apple Music het haar genader. Christelle van Tonder gesels met haar oor haar sukses, en die uitdaging van vrouwees in ‘n mansgedomineerde bedryf.

Potgooi
Kay Faith

Die 25 jarige Karien Barnard van Knysna, ook bekend as Kay Faith, maak Hip Hop musiek. Sy is onlangs deur internasionale bekendes raakgehoor, en Apple Music het haar genader. Christelle van Tonder gesels met haar oor haar sukses, en die uitdaging van vrouwees in n mansgedomineerde bedryf.

Laai die mp3 af (11599KB)

Vrydag 9 Maart 2018
20:00-21:00

Jack Parow is lanklal nie meer net ‘n rapper wat mense skok met sy lirieke nie. Hy is nou ‘n brand. Hy het produkte soos brandewyn, glase, braaisous, pette, klere en ‘n branderplank met sy naam op. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy jongste album, Afrika 4 Beginners, en sy oorgang na 'n brand.

Potgooi
Jack Parow

Jack Parow is lanklal nie meer net n rapper wat mense skok met sy lirieke nie. Hy is nou n brand. Hy het produkte soos brandewyn, glase, braaisous, pette, klere en n branderplank met sy naam op. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy jongste album, Afrika 4 Beginners, en sy oorgang na 'n brand.

Laai die mp3 af (12681KB)