NOU OP DIE LUG
'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.
MEER INLIGTINGOggend op RSG
-
Donderdag 17 Mei 2012
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 09:00-12:00GROEIPYNE
Johan van Lill praat or die belangrikheid van roetine en dissipline by kinders en tieners. 'n Skoolhoof vertel vir hoe hulle dit by die skool ervaar en wat ouers kan doen om kinders skool te stuur wat gewoond is aan 'n gebalanseerde roetine. 'n Sielkundige en verhoudingsterapeut gee raad oor hoe jy ‘n huis met dissipline bestuur - gesonde dissipline waar kinders steeds hulleself kan wees, nie hulle spontaniteit onderdruk nie en hulle kreatiwiteit kan uitleef.Elana Burger
Opvoedkundige sielkundige
asburger@mweb.co.zaMnr. Najaar
Spine Rd. High School
021-392-9463STYL
Jacqui January vind uit hoe jy jou lewenstyl en voorkeure in jou woning kan inkorporeer.
Marinda van Rooy
Binnenshuisversierder
083-454-2061Jacqui January vind uit hoe jy jou lewenstyl en voorkeure in jou woning kan inkorporeer.
Laai die mp3 af (5 540KB)
-
Maandag 14 Mei 2012
Oggend op RSG
met Johnny Davids en Martelize Brink 09:00-12:00REGSAKE
Wanneer is iemand bankrot? Wat is die verskil tussen sekwestrasie en likwidasie? Hoe word voordeel tot skuldeisers bewys? Wat is die agt dade van insolvensie?
Igna Klynsmith
Van Velden Duffy Ingelyf, Rustenburg
igna@vvd.co.za
www.vvd.co.zaDerek De Beer
Gildenhuys Lessing Malatji Ingelyf, Pretoria
ddebeer@glmi.co.za
Wanneer is iemand bankrot? Wat is die verskil tussen sekwestrasie en likwidasie? Hoe word voordeel tot skuldeisers bewys? Wat is die agt dade van insolvensie?
Laai die mp3 af (14 892KB)Gedroogde blomme is die nuutste gier in jou teekoppie! 'n Blomknop ontvou in deurskynende teepot tot die heerlikste geurigste tee!
Laai die mp3 af (4 635KB)
-
Donderdag 10 Mei 2012
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Johnny Davids 09:00-12:00GROEIPYNE
Johan van Lill gesels met Elmarie Stofberg oor lees en hoe om die ouer kind wat nie kan lees nie, te help. Hulle gesels ook oor die verskillende fases van lees.Elmarie Stofberg
readplus@compnet.co.zaSTYL
Antieke staanhorlosies, koek-koekhorlosies of moderne muurhorlosies - daar is 'n horlosie om elke styl te pas. Jacqui January het op Dullstroom by The Clock Shop tyd spandeer.Michelle Meacher en Norman Durandt
The Clock Shop, Dullstroom
013-254-0022Johan van Lill gesels met Elmarie Stofberg oor lees en hoe om die ouer kind wat nie kan lees nie, te help. Hulle gesels ook oor die verskillende fases van lees.
Laai die mp3 af (21 121KB)Antieke staanhorlosies, koek-koekhorlosies of moderne muurhorlosies - daar is 'n horlosie om elke styl te pas. Jacqui January het op Dullstroom by The Clock Shop tyd spandeer.
Laai die mp3 af (4 991KB)
-
Maandag 7 Mei 2012
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 09:00-12:00REGSAKE
Igna Klynsmith het raad vir werknemers wat hulle werk kan verloor omdat die besigheid verkoop gaan word en hy bespreek ’n insiggewende uitspraak oor grondeise.Igna Klynsmith
Van Velden Duffy Ingelyf: Rustenburg
igna@vvd.co.za
www.vvd.co.zaMense van regoor die wêreld het verskillende stapelvoedselsoorte. In Suid-Afrika het ons ondermeer brood en pap, maar daar is nog een...
Laai die mp3 af (4 500KB)Igna Klynsmith het raad vir werknemers wat hulle werk kan verloor omdat die besigheid verkoop gaan word en hy bespreek ’n insiggewende uitspraak oor grondeise.
Laai die mp3 af (17 432KB)
-
Donderdag 3 Mei 2012
Oggend op RSG
met Johan Rademan 09:00-12:00GROEIPYNE
Johan van Lill gesels met Kobie Kitshoff oor alles wat versorgers van kinders van huiswerk moet weet.Kobie Kitshoff
Wed-Kaap Onderwysdepartement
021-467-2645
www.westerncape.gov.zaJohan van Lill gesels met Kobie Kitshoff oor alles wat versorgers van kinders van huiswerk moet weet.
Laai die mp3 af (17 700KB)
-
Maandag 30 April 2012
Oggend op RSG
met Martelize Brink 09:00-12:00REGSAKE
Hoe beredder mens ‘n klein boedel? Twee interessante hofsake word ook bespreek wat bewys hoe belangrik dit is dat ’n behoorlike en weldeurdagte kontrak opgestel word deur twee partye wat saamwoon.
Igna Klynsmith
Van Velden Duffy Ingelyf: Rustenburg
igna@vvd.co.za
www.vvd.co.zaAalwyne is 'n wonderplant wat al eeue lank in medisyne gebruik word en nou ook in kos.
Laai die mp3 af (5 048KB)Hoe beredder mens ‘n klein boedel? Twee interessante hofsake word ook bespreek wat bewys hoe belangrik dit is dat ’n behoorlike en weldeurdagte kontrak opgestel word deur twee partye wat saamwoon.
Laai die mp3 af (16 871KB)
-
Donderdag 26 April 2012
Oggend op RSG
met Martelize Brink 09:00-12:00GROEIPYNE
Met die fokus op wêreldboekedag praat Johan van Lill oor hoe jy ‘n kind leer lees, wanneer dit ‘n goeie tyd is om jou kind te leer lees en wat versorgers kan doen om hulle kinders aan die lees te kry en aan die lees te hou.Elmarie Stofberg
readplus@compnet.co.zaDie winter is hier! Wat is die modegiere ten opsigte van kleur en styl? Jacqui January stel ondersoek in en hoor dat jy al die reëls moet vergeet!
Laai die mp3 af (5 319KB)'n Program vir ouers en versorgers oor kinderontwikkeling onder leiding van Johan van Lill.
Laai die mp3 af (21 834KB)
-
Maandag 23 April 2012
Oggend op RSG
met Martelize Brink 09:00-12:00REGSAKE
Onduidelike bepalings in ‘n testament kan beteken dat jy jou reg as erfgenaam verloor. Die nuwe wet op die ontwikkeling van minerale- en petroleumbronne word ook bespreek en munisipale regulasies bepaal dat munisipaliteite die kitaar mag slaan en die verbruiker moet dans.Igna Klynsmith
Van Velden Duffy Ingelyf: Rustenburg
igna@vvd.co.za
www.vvd.co.zaVanielje- of sjokoladekoek, kolwyntjies of kaaskoek - hoe besluit jy op 'n verjaardagkoek?
Laai die mp3 af (4 894KB)Onduidelike bepalings in ‘n testament kan beteken dat jy jou reg as erfgenaam verloor. Die nuwe wet op die ontwikkeling van minerale- en petroleumbronne word ook bespreek en munisipale regulasies bepaal dat munisipaliteite die kitaar mag slaan en die verbruiker moet dans.
Laai die mp3 af (17 750KB)
-
Donderdag 19 April 2012
Oggend op RSG
met Johnny Davids en Martelize Brink 09:00-12:00GROEIPYNE
Sukkel jou kind om te konsentreer by die skool, of vind hy dit moeilik om te lees of huiswerk te doen? Raak jou kind maklik kriewelrig of sukkel soms met sosiale interaksie? Of vermoed jy jou kind onderpresteer en jy weet nie hoekom nie? Alles wat jy 'n versorger hieromtrent moet weet word in vandag se groeipyne bespreek.Retha van Wyk
Opvoedkundige sielkundige
083-407-2552
021-872-5620
021-872-5620 (faks)
rethavw@telkomsa.netMarieta Rust
Ma
marietarust@gmail.comJacqui January vind meer uit oor Suid-Afrika se eerste aanlyn-winkel vir stylvolle klere, dekor en bykomstighede.
Laai die mp3 af (4 971KB)Sukkel jou kind om te konsentreer by die skool, of vind hy dit moeilik om te lees of huiswerk te doen? Raak jou kind maklik kriewelrig of sukkel soms met sosiale interaksie? Of vermoed jy jou kind onderpresteer en jy weet nie hoekom nie? Alles wat jy 'n versorger hieromtrent moet weet word in vandag se groeipyne bespreek.
Laai die mp3 af (19 081KB)
-
Maandag 16 April 2012
Oggend op RSG
met Martelize Brink en Johnny Davids 09:00-12:00REGSAKE
Die kollig val op insolvensie, likwidasie en rehabilitasie. Kan ek myself laat sekwestreer? Moet daar voordeel vir skuldeisers wees en wat beteken dit? Wat is die vereistes om weer gerehabiliteer te word?Igna Klynsmith
Van Velden Duffy Ingelyf: Rustenburg
igna@vvd.co.za
www.vvd.co.zaDerek De Beer
Gildenhuys Lessing Malatji Ingelyf: Pretoria
www.glmi.co.zaConrad Johannes is 'n opkomende sjef van die Karoo. Jacqui January het met hom by die KKNK gesels oor die wonderlike volstuisdisse wat hy vir die BBP's voorberei het.
Laai die mp3 af (4 756KB)Die kollig val op insolvensie, likwidasie en rehabilitasie. Kan ek myself laat sekwestreer? Moet daar voordeel vir skuldeisers wees en wat beteken dit? Wat is die vereistes om weer gerehabiliteer te word?
Laai die mp3 af (19 390KB)
-
Donderdag 12 April 2012
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 09:00-12:00GROEIPYNE
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Omdat daar ’n behoefte is aan ’n plek waar versorgers van kinders en tieners hulp kan kry met die uitdagings en probleme wat na hulle kant toe kom, is hierdie ‘n program vir jong ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!Dr. Jenny Bridgeman
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Overberg Distrik
012-809-2726
julster@pgwc.gov.zaVandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Omdat daar ’n behoefte is aan ’n plek waar versorgers van kinders en tieners hulp kan kry met die uitdagings en probleme wat na hulle kant toe kom, is hierdie ‘n program vir jong ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Laai die mp3 af (20 026KB)Jacqui January gesels met 'n jong juwele-ontwerper oor haar styl en wat sy vir ander mense ontwerp.
Laai die mp3 af (4 335KB)
-
Maandag 9 April 2012
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 09:00-12:00Regsake
Die aborsiewetgewing word bespreek en jy kan jou huweliksgoedere bedeling tydens jou huwelik verander mits albei partye daartoe instem; pas op dat jou kinders jou nie uitbuit met die bou van ’n sogenaamde oumawoonstel op ’n gesamentlike erf nie, en slaan munt uit hereregte.Igna Klynsmith
Van Velden Duffy Ingelyf: Rustenburg
igna@vvd.co.za
www.vvd.co.zaDie aborsiewetgewing word bespreek en jy kan jou huweliksgoedere bedeling tydens jou huwelik verander mits albei partye daartoe instem; pasop dat jou kinders jou nie uitbuit met die bou van ’n sogenaamde oumawoonstel op ’n gesamentlike erf nie en slaan munt uit hereregte.
Laai die mp3 af (20 156KB)
-
Maandag 2 April 2012
Oggend op RSG
met Martelize Brink en Johan Rademan 09:00-10:00Regsake: Die laaste deel oor die Konstitusionele Hof en die invloed van die hof se uitsprake op Suid-Afrika.
Igna Klynsmith – Van Velden Duffy Ingelyf: Rustenburg
igna@vvd.co.za
www.vvd.co.zaProf Francois Venter
Dekaan: Regsfakulteit
Noordwes Universiteit Potchefstroom kampusDie laaste deel oor die Konstitusionele Hof en die invloed van die hof se uitsprake op Suid-Afrika. Met Igna Klynsmith en Prof Francois Venter.
Laai die mp3 af (17 652KB)
-
Dinsdag 19 Julie 2011
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 09:00-09:55Eet en leef uit jou ‘groen’ kombuis deur Heleen Meyer
Janine Stephen van Elle-tydskrif het eendag gesê: ‘Moenie tyd mors deur skuldig te voel oor die grootte van jou koolstof-voetspoor nie – gebruik liewer maklike praktiese wenke om jou verbruik vandag minder te maak.’ 'n Koolstof-voetspoor is die effek wat jou leefstyl en keuses op die koolstof-vlakke in jou omgewing het. Enige iets waardeur jy energie kan spaar, minder vermors en items kan hergebruik of hersirkuleer maak ’n verskil. Klein veranderinge mag dalk vir jou onbelangrik lyk, of van min waarde, maar as dit alles saam gevoeg word, kan dit ’n verskil aan ons toekoms maak. Wees dus ‘n voorbeeld vir jou kinders en maak dit vir almal ’n gewoonte. Sonder om obsessief te raak hieroor, moet ’n mens elke dag dink wat jy kan doen om groener te leef. Hoe lyk ’n greenie vandag? Twintig jaar gelede het sy dalk leersandale, ’n romp met klokkies om die soom en lang hare gehad. Vandag dra sy haar selfoon in haar sak, betaal met ’n kaart en dra haar leerstewels met trots.
Week 1: Maak groen keuses reeds in die winkel
1. Doen inkopies met ’n lysie. Onnodige aankope is duur en lei tot vermorsing, bv te veel groente wat verlep in die yskas word net weggegooi. Om te verhoed dat jy onnodig goed koop, is dit beter om nie op ‘n leë maag of oor middagete kos aankope te doen nie.As jy bv moet inkopies doen net na jy by die gym was, pak vooraf ’n vrug of bottel water in.
Koop bv liewer ’n hervul-pakkie vir ’n speserymeultjie, as nog ’n glas- of plastiekhouertjie wat jy later weggooi.2. Neem jou eie inkopiesakkies saam. Dit kan vinnig ’n gewoonte word, om na jy jou inkopies by die huis uitgepak het, die sakke net weer in jou kar te sit. Vou selfs een of twee dun plastieksakkies in ‘n klein bondeltjie en bêre dit in jou handsak. (’n Paar keer se 36 c per sak, word vinnig ’n koppie koffie se geld.) Gebruik materiaalsakke wat jy weer en weer kan gebruik of selfs van die wat van projekte kom, wat help om werk vir ander te skep.
3. Koop jou groente laaste. Doen jou inkopies sodat jou groente bo in die trollie lê. Op dié manier sal dit minder kneus en dus langer hou. Vra die persoon wat help om jou inkopies in te pak om die sagte groente saam met ander ligte inkopies bo in die trollie te sit.
Spandeer die langste tyd in die vars produkte-afdeling van ’n winkel – so koop jy minder verwerkte produkte. Met voordele vir jou sak, jou gesondheid en die omgewing.4. Kies groente en vrugte/ander inkopies van plaaslike verskaffers. Ondersteun boere in jou omgewing of in Suid Afrika deur liewer nie die veel duurder, ingevoerde groente en vrugte te koop nie. Hoe verder die vars produkte moet reis voor dit op jou winkelrak beland, hoe meer omgewings-onvriendelik is dit. Seisoens-produkte is ook goedkoper en geuriger as wanneer jy dit buite hul natuurlike seisoen koop, of dit beteken dalk dit was vir maande in koelkamers, (bv appels en pere in die somer, is soms van die vorige seisoen) en beslis nie meer so vars soos dit kan wees nie. Deur iets vars vir ’n kosblik in te pak, het jy ook minder klaar-bereide eetgoed in onnodige verpakkings. Dis ook gesonder.
5. Betaal liewer ‘n bietjie meer vir kwaliteit wat langer hou. Houers en gebruiks artikels van glas of goeie kwaliteit plastiek kan weer en weer gebruik word. Oorskietkos kan liewer daarin gebêre word, as in plastieksakkies wat net in die drom beland. Plastiekbakkies wat gevries kan word, bewaar kos beter in ’n vrieskas as sakkies wat skeur en vloeistof laat uitloop. Potte en panne van vlekvrye staal of ander goeie kwaliteit is ’n beter kopie as bv goedkoper kleefvrye-panne, wat maklik krap en op die ou end weggegooi word. (Dis ook meer ongesond om in kos te maak.) Items van goeie gehalte is dikwels makliker om skoon te maak en bly langer mooi. Silikon-kombuisapparaat bv potlekkers en eierligters is hittebestand en sal ook langer hou as goedkoop alternatiewe.
6. Maak ’n groen keuse as jy vis wil eet. Dalk het jy al gehoor van die SASSI vislys (South African Sustainable Seafood Initiative)? Die WWF het hierdie inisiatief in 2004 begin om seelewe rondom die Suid Afrikaanse kus teen oormatige vangste te beskerm. Met die idee wil hulle ons almal aanmoedig om vis te kies (in ’n winkel of restaurant) wat minder bedreig is. Vissoorte word in drie groepe verdeel
Groen: Is veilig om te koop, want daar is genoeg van die spesie beskikbaar om te oorleef, bv stokvis, sardyne, geelstert, snoek, dorado, engelvis, bottervis, mossels en oesters. Die vang van die vis op die lys gee ook minder aanleiding tot omgewings-skade.
Oranje: Mag verkoop word, maar sommige vissoorte is steeds bedreig of dit lei tot skade aan die omgewing wanneer die vis gevang word, bv geelbek (Cape Salmon), rooi steenbras, koningklip, tongvis en garnale. Dink mooi voor jy vis van hierdie groep koop.
Rooi: Hierdie vis is onwettig om te vang, want hulle is onder groot druk om uit te sterf bv galjoen en wit mosselkraker.
’n Oulike manier om dit prakties te maak is die selnommer 079-499-8795 (moenie Nemo probeer nie) of besoek die webwerf www.wwfsassi.co.za. As jy wonder op watter lys ‘n vissoort is, stuur ’n SMS met die naam van die vis na die nommer vir ’n vinnige antwoord.7. Groen produkte, mooi genoeg om te gebruik. Alhoewel baie maatskappye aanspraak maak op hoe omgewings-vriendelik hulle is, is dit ongelukkig nie altyd die geval nie. Kies dus produkte wat regtig ’n verskil kan maak. Deesdae kry ‘n mens heelwat produkte wat vergaanbaar (biodegradable) of ten volle hersirkuleerbaar is. Voorbeelde hiervan is GreenHome se verskeidenheid verpakkings- en gebruiksartikels soos bakkies, borde, glasies en eetgerei. Al hierdie produkte word van natuurlike stowe gemaak en kan na gebruik op die komposhoop gesit word. Dis ideaal vir ‘n piekniek of padkos. Nog ‘n maatskappye is Govino se glase sonder stele, mooi genoeg vir ‘n glas wyn by ’n piekniek, maar 100 % hersirkuleerbaar en dit gaan nie kraak of breek as jy dit inpak nie. Dit kan weer en weer gebruik word. Hê dus so min as moontlik om weg te gooi na ’n piekniek of vir ’n inpak-ete op kantoor. Gebruik plastiekbakkies wat jy weer kan gebruik, jou eie eetgerei wat jy kan huis toe neem en bedek jou piekniekmandjie met ’n mooi lap, in plaas daarvan om alles in kleefplastiek toe te draai.
8. Plant jou eie kruie en groente. Dit verskaf nie net plesier nie, maar spaar ook baie. Jy kan pluk wat jy nodig het, wat beteken als is vars en niks word vermors nie, bv ’n handvol roket- en slaaiblare uit die tuin, teenoor ’n pofsakkies vol slaaiblare waarvan helfte kan verlep. ’n Houertjie plantjies kos min of meer R20 en hou ’n paar maande, teenoor ’n pofsakkie wat R12 - R15 kos en dalk genoeg is vir twee keer se slaai.
'n Paneel kenners bespreek verskeie aspekte van die ekonomie en hoe dit jou sak raak.
Laai die mp3 af (14 604KB)
-
Vrydag 8 April 2011
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 10:00-11:50Regstreekse uitsending van die KKNK af met die musiek van Elizma Theron, Nicolis Louw, George Longane en Wicus van der Merwe.
-
Donderdag 7 April 2011
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 10:00-11:50Regstreekse uitsending van die KKNK af op Oudtshoorn met die musiek van George Meiring, Biance le Grange, Snotkop en Christo & Cobus.
-
Woensdag 6 April 2011
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 10:00-11:50Regstreekse uitsending van die KKNK af op Oudtshoorn met Elias P. Nel, Karen Ferreira, Viljoen Retief, Stef Kruger en Ray Dylan.
Kenners vertel jou hoe om jou kamera reg te gebruik om beter foto's te neem.
Laai die mp3 af (8 419KB)
-
Dinsdag 5 April 2011
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 10:00-11:50Regstreekse uitsending van die KKNK af op Oudtshoorn met Charlize Berg, Vaatjie, Charné Hugo, Adam Tas en Hugo Niewoudt.
-
Maandag 4 April 2011
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 10:00-11:50Regstreekse uitsending van die KKNK af op Oudtshoorn met Paul Amas en vriende, Liesl Marx, Fredi Nest, Kurt Darren en Dowwe Dolla.
Aspekte rondom die koop en verkoop van vaste eiendom word bespreek soos wie kies die akteprokureur - die koper of verkoper?
Laai die mp3 af (24 578KB)
-
Donderdag 24 Februarie 2011
Oggend op RSG
met Johan Rademan en Martelize Brink 09:00-09:55Kuberkok
Blog saam met Nina Timm
myeasycooking@gmail.com
021-531-0491
www.my-easy-cooking.com'n Veearts beantwoord luisteraarsvrae oor die interessante maniere van hulle troeteldiere.
Laai die mp3 af (22 935KB)


