Programme

TERUG

Sterre en planete

Vorige Programme

Sondag 20 Mei 2018
19:30-20:00

Hoe voel dit vir ‘n Suid-Afrikaner uit die Bosveld om vir die eerste keer die Aurora Borealis te sien? Magda Streicher vertel van haar wedervaringe in Ysland, en ‘n projek saam met Auke Slotegraaf om sterre in die Magelaanse wolk waar te neem. Daar is ook nuus oor die asteroïede wat ‘n paar dae gelede rakelings verby die aarde geflits het.

Potgooi
Sterre en planete 20 Mei 2018

Hoe voel dit vir n Suid-Afrikaner uit die Bosveld om vir die eerste keer die Aurora Borealis te sien? Magda Streicher vertel van haar wedervaringe in Ysland, en n projek saam met Auke Slotegraaf om sterre in die Magelaanse wolk waar te neem. Daar is ook nuus oor die asteroede wat n paar dae gelede rakelings verby die aarde geflits het.

Laai die mp3 af (28998KB)

Sondag 13 Mei 2018
19:30-20:00

Kobus Olckers, ruimteweerkundige in Florida, VSA, dr. Japie van Zyl, die direkteur sonnestelseleksplorasie van JPL in Kalifornië, Willie Koorts van die SA Astronomiese Observatorium en prof. Matie Hoffman van die die Digitale Planetarium en die Universiteit van die Vrystaat praat oor die Insight-projek wat verlede week gelanseer is. Japie van Zyl praat oor die uitwerking van bestraling deur die son op die satelliete, hoe ver die Insight van die kubsats af vlieg, en watter toetse nog gedoen moet word voordat die drietal in November by Mars aankom.

Potgooi
Sterre en planete 13 Mei 2018

Kobus Olckers, ruimteweerkundige in Florida, VSA, dr. Japie van Zyl, die direkteur sonnestelseleksplorasie van JPL in Kaliforni, Willie Koorts van die SA Astronomiese Observatorium en prof. Matie Hoffman van die die Digitale Planetarium en die Universiteit van die Vrystaat praat oor die Insight-projek wat verlede week gelanseer is. Japie van Zyl praat oor die uitwerking van bestraling deur die son op die satelliete, hoe ver die Insight van die kubsats af vlieg, en watter toetse nog gedoen moet word voordat die drietal in November by Mars aankom.

Laai die mp3 af (27068KB)

Sondag 6 Mei 2018
19:30-20:00

Dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië moes die afgelope week redelik bontstaan met die lansering van die Insight-satelliet na Mars. Dis die eerste diepruimsatelliet wat van die Amerikaanse Weskus af gelanseer is. Hy vertel hoe alles afgeloop het, en wat die pad vorentoe is met Insight. Hy praat ook oor ‘n stel nuwe satelliete, Grace Follow On, wat belangrike werk sal doen om die beweging van water op die aarde te meet. Die span praat ook oor die nuwe generasie ruimteteleskope wat veel groter spieëls sal hê.

Potgooi
Sterre en planete 6 Mei 2018

Dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kaliforni moes die afgelope week redelik bontstaan met die lansering van die Insight-satelliet na Mars. Dis die eerste diepruimsatelliet wat van die Amerikaanse Weskus af gelanseer is. Hy vertel hoe alles afgeloop het, en wat die pad vorentoe is met Insight. Hy praat ook oor n stel nuwe satelliete, Grace Follow On, wat belangrike werk sal doen om die beweging van water op die aarde te meet. Die span praat ook oor die nuwe generasie ruimteteleskope wat veel groter spiels sal h.

Laai die mp3 af (28503KB)

Sondag 29 April 2018
19:30-20:00

Die span praat oor die tegnologie van die nuwe generasie digitale planetariums, en die oudste teleskoop op Sutherland, die Radcliffe. Willie Koorts vertel ‘n interessante storie oor dié instrument.

Potgooi
Sterre en planete 29 April 2018

Die span praat oor die tegnologie van die nuwe generasie digitale planetariums, en die oudste teleskoop op Sutherland, die Radcliffe. Willie Koorts vertel n interessante storie oor di instrument.

Laai die mp3 af (27615KB)

Sondag 22 April 2018
19:30-20:00

Die span kyk na die verskil tussen ‘n robotiese teleskoop en ‘n teleskoop wat met afstandbeheer werk. En hulle verduidelik watter luglae ‘n vuurpyl moet deurklief om die ruimte te bereik. Kobus Olckers kyk ook na ruimteweer.

Potgooi
Sterre en planete 22 April 2018

Die span kyk na die verskil tussen n robotiese teleskoop en n teleskoop wat met afstandbeheer werk. En hulle verduidelik watter luglae n vuurpyl moet deurklief om die ruimte te bereik. Kobus Olckers kyk ook na ruimteweer.

Laai die mp3 af (27939KB)

Sondag 15 April 2018
19:30-20:00

Een van die tergendste vrae wat ruimtewetenskaplikes en die mensdom mee te doen het is: Wat is ewigheid? Die span gesels ook oor die proses wat gevolg word voordat ‘n wetenskaplike bevinding, soos die ontdekkking van ‘n supernova, bekendgemaak word.

Potgooi
Sterre en planete 15 April 2018

Een van die tergendste vrae wat ruimtewetenskaplikes en die mensdom mee te doen het is: Wat is ewigheid? Die span gesels ook oor die proses wat gevolg word voordat n wetenskaplike bevinding, soos die ontdekkking van n supernova, bekendgemaak word.

Laai die mp3 af (29040KB)

Sondag 8 April 2018
19:30-20:00

Wat presies is sonlig?  Watter deel van sonlig is dit wat jou brand? Kobus Olckers en die span praat oor die energie wat van ons ster, die son, af kom.  Die span praat ook oor eksperimente wat met sonlig gedoen kan word.  Ons gesels ook met Willem Esterhuyzen, die Algemene Bestuurder Ingenieurswese by SKA. Hy praat oor Meerkat wat nou ten volle operasioneel en geintegreerd is.  Die eerste wetenskaplike publikasie van Meerkat het ook pas die lig gesien. 

Potgooi
Sterre en planete 8 April 2018

Wat presies is sonlig? Watter deel van sonlig is dit wat jou brand? Kobus Olckers en die span praat oor die energie wat van ons ster, die son, af kom. Die span praat ook oor eksperimente wat met sonlig gedoen kan word. Ons gesels ook met Willem Esterhuyzen, die Algemene Bestuurder Ingenieurswese by SKA. Hy praat oor Meerkat wat nou ten volle operasioneel en geintegreerd is. Die eerste wetenskaplike publikasie van Meerkat het ook pas die lig gesien.

Laai die mp3 af (28589KB)

Sondag 1 April 2018
18:30-19:00

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Potgooi
Sterre en planete 1 April 2018

Dr Japie van Zyl gesels oor die feit dat die Curiosity marstuig sy sg 2000ste sol dag beleef het. n Sol dag is een Mars dag. Die ander naam vir ons ster, die son, is natuurlik Sol. Japie praat oor die mylpale wat reeds bereik is en waarvoor daar gemik word. Curiosity het op 6 Augustus 2012 in die Gale krater geland en is nou besig om stadig teen Mount Sharp uit te klim.

Laai die mp3 af (28194KB)

Sondag 25 Maart 2018
19:30-20:00

Die Kepler-ruimteteleskoop se brandstof is besig om op te raak. Die span praat oor die groot bydrae wat dié teleskoop tot dusver gemaak. Die grootste gros eksoplanete wat tot dusver ontdek is, is deur die Kepler gedoen. Hulle praat ook oor afstand en tyd in die ruimte.

Potgooi
Sterre en planete 25 Maart 2018

Die Kepler-ruimteteleskoop se brandstof is besig om op te raak. Die span praat oor die groot bydrae wat di teleskoop tot dusver gemaak. Die grootste gros eksoplanete wat tot dusver ontdek is, is deur die Kepler gedoen. Hulle praat ook oor afstand en tyd in die ruimte.

Laai die mp3 af (28315KB)

Sondag 18 Maart 2018
19:30-20:00

Hoe weet sterrekundiges dat die voorwerp wat hulle waarneem, ‘n eksoplaneet is? Daar is nou al 3,741 eksoplanete waargeneem. Daar word ook gepraat oor ‘n eksoplaneet wat 700 ligjaar weg is, en wat volgens waarnemings baie water het.

Potgooi
Sterre en planete 18 Maart 2018

Hoe weet sterrekundiges dat die voorwerp wat hulle waarneem, n eksoplaneet is? Daar is nou al 3,741 eksoplanete waargeneem. Daar word ook gepraat oor n eksoplaneet wat 700 ligjaar weg is, en wat volgens waarnemings baie water het.

Laai die mp3 af (27914KB)