Programme

TERUG

Dis opera

Vorige Programme

Sondag 9 Oktober 2016
21:10-23:00

Palesa Malieloa is die algehele wenner van die ATKV se Musiqanto musiekwedstryd wat onlangs in die Kaap aangebied is. Die 24-jarige koloratuursopraan studeer sang by die bekende Hanna van Schalkwyk. Die drie wenners van die kompetisie kan in die program gehoor word.

Foto's en Videos
Sondag 11 September 2016
21:10-23:00

'n Groot verskeidenheid opera- en liedermusiek vir die fynproewer.

Potgooi
Pretty Yende

Wouter de Wet gesels met Pretty Yende, die Suid-Afrikaanse liriese kolloratuursopraan.

Laai die mp3 af (31 840KB)

Sondag 3 November 2013
21:10-23:55

'n Groot verskeidenheid opera- en liedermusiek vir die fynproewer.

Potgooi
Pretty Yende

Wouter de Wet praat met die Suid-Afrikaanse primadonna Pretty Yende in Milaan.

Laai die mp3 af (10 472KB)

Sondag 22 April 2012
21:10-23:55

Luister na grepe uit Manon van Massenet, ‘n Angela Gheorghiu-konsert wat by La Scala opgeneem is, en hoogtepunte uit ‘n opvoering van Turandot van Puccini wat in 1965 in Kaapstad opgevoer is.

Sondag 1 April 2012
21:10-23:55

Luister na ‘n opname van Fanco Corelli se sensasionele debuut by Covent Garden in 1957 in Tosca van Puccini, 'n ‘n aria uit Norma van Bellini, waarin Johan Botha onlangs in Duitsland gehoor is, en musiek uit ‘n opera wat Mascagni oor die lewe van die Romeinse keiser, Nero, gekomponeer het.

Sondag 25 Maart 2012
21:10-23:55

Luister na van die mooiste liefdesduette in die operawêreld uit Don Pasquale, Lucia di Lammermoor, Arabella, La Boheme en talle ander. Hulle sal deur geliefde sangers soos Alfredo Kraus, Maria Callas, Reneé Fleming, Jussi Bjoerling en Luciano Pavarotti gesing word.

Sondag 26 Februarie 2012
21:10-23:55

Operaliefhebbers wêreldwyd is verlede naweek geskok deur die aankondiging van die dood van die Suid-Afrikaanse sopraan, Elizabeth Connell. Wouter de Wet bring hulde aan hierdie sopraan wat in al die belangrikste operateaters gesing het soos Covent Garden, die Metropolitan, La Scala, die Weense Staatsopera en veral die operahuis van Sydney waar sy in meer as 20 rolle gehoor is.

Sondag 19 Februarie 2012
21:10-23:55

Wouter de Wet speel verruklike arias uit Die Towerfluit, Der Rosenkavalier, Die Italiaanse Meisie in Algerië en Die Mooi Meisie van Perth.

Sondag 12 Februarie 2012
21:10-23:55

Brigitte Fassbänder en Gundula Janowitz word gehoor in een van die sjarmante duette uit Cosi fan Tutte van Mozart. Die Amerikaanse bariton en bas, Thomas Hampson en Samuel Ramey, sing uit die Franse weergawe van Don Carlos van Verdi, en dan is daar ‘n pragduet uit Verdi se taamlik onbekende opera, Stiffelio, waarin Jose Carreras en die Hongaarse prima donna, Sylvia Sass, gehoor kan word.

Sondag 5 Februarie 2012
21:10-23:55

Luister na ‘n huldeblyk aan die Suid-Afrikaanse sopraan, Doris Brasch, wat onlangs oorlede is. Daar is ook nuwe opnames van die Switserse tenoor, Roberto Alagna, en die Amerikaanse dramatiese sopraan, Christine Brewer.