NOU OP DIE LUG
'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.
MEER INLIGTINGLeeskring
-
Dinsdag 27 Maart 2012
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met Johan Fourie oor sy boek Stryd in die Bos.
-
Dinsdag 20 Maart 2012
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge gesels met Cas van Rensburg oor sy droomboek en sy studie oor die prinses in elke vrou. Hoor hoe die kenner van Jung gesels oor vrouwees, argetipes en verskillende navolgers van Jung soos James Hilman en Marie Louise von Franz.
-
Dinsdag 13 Maart 2012
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met Corlia Fourie oor haar boek DIE GEHEIME KAMER.
-
Dinsdag 6 Maart 2012
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge gesels met Johan Bakkes oor sy liefde vir reis en al die reisverhale wat die afgelope paar jaar uit sy pen verskyn het. Hoe het dit gebeur dat hierdie seun van Margaret Bakkes en neef van Hennie Aucamp skrywer geword het? Is daar iets soos skryfgene?
-
Dinsdag 28 Februarie 2012
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert en Joan Hambidge 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met Niël Stemmet oor sy boek SOUT + PEPER.
-
Dinsdag 21 Februarie 2012
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge gesels met een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans, Francois Bloemhof. Jeugverhaalskrywer, skrywer van die eerste Gotiese roman in Afrikaans, en boonop ‘n skrywer van ‘n radiovervolgverhaal, verklap al sy fabrieksgeheime.
-
Dinsdag 14 Februarie 2012
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer Pieter Aspe.
Prof. Maritha Snyman vertel meer van die Lekkerlit-kompetisie.
www.lapa.co.zaJeanne Naude vertel van die volgende skryfskool vir kinderboekskrywers.
www.atkv.co.za
-
Dinsdag 7 Februarie 2012
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge gesels met Deon Meyer, die internasionaal-bekroonde misdaadskrywer oor sy resep vir sukses. Hy vertel van sy fabrieksgeheime en hoe hy as jong kind op Klerksdorp in tweedehandse boekwinkels speur- en misdaadverhale gelees het. Deesdae word hy deur sowel Suid-Afrikaners as buitelanders gelees. Met ‘n oplaag van 25 000 vir sy roman 7 DAE is Deon Meyer in ‘n forensiese klas van sy eie.
-
Dinsdag 31 Januarie 2012
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met Marinda van Zyl oor haar boek WILHELMINA RADEBE KOM TUIS.
-
Dinsdag 24 Januarie 2012
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Anel Heydenrych gesels met Antjie Krog. Sy gesels ook met prof. Louise Viljoen oor Antjie Krog se werk. Dan praat sy met Lina Spies gesels oor haar vertaling van DIE AGTERHUIS, die dagboeke van Anne Frank.
-
Dinsdag 17 Januarie 2012
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Twee woordeboekmakers, Willem Botha en Wanda Smith, vertel hoe woorde terugkeer in ‘n taal en wat agter die woord maaifoedie skuil. Is dit ‘n blote skelm of dalk iets meer? En kan ‘n taal lewend gehou word met borgskappe?
-
Dinsdag 10 Januarie 2012
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met Chanette Paul oor haar boek TAMARA, wat deel is van die reeks oor die Davel-vroue.
-
Dinsdag 3 Januarie 2012
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge gesels met Sonja Loots oor haar roman SIRKUSBOERE en die storie-agter-die-storie. Sonja vertel van haar besoeke aan Amerika en die navorsing wat sy gedoen het om haar verbeeldingvlug te skryf oor die opvoering van die Boereoorlog in St. Louis in Amerika.
-
Dinsdag 27 Desember 2011
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met SD Fourie oor haar boek DIE LANTERNSWAAIER.
-
Dinsdag 20 Desember 2011
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge gesels met die volksghoeroe Wilhelm Jordaan oor sy lewenswyshede wat opgeneem is in die bundel, SPITSTYD, en hoe hy die lewe sien, met humor en ironie.
-
Dinsdag 13 Desember 2011
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge gesels met Kerneels Breytenbach oor sy opwindende roman PIEKNIEK BY HANGKLIP. Die oud-uitgewer, koskenner en musiekskrywer vertel van sy leessmake soos Etienne Leroux en Thomas Pynchon. PIEKNIEK BY HANGLIP is ‘n speurverhaal sonder ‘n speurder.
-
Dinsdag 6 Desember 2011
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met dr. Marlise Taljaard oor die Suid-Afrikaanse Letterkunde Toekennings wat op 8 Desember gedoen word. Sy gesels ook met prof. Willie Burger, dosent in letterkunde aan die Universiteit van Pretoria, oor vier van die wenners.
-
Dinsdag 29 November 2011
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert en Joan Hambidge 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met Hans du Plessis oor sy boek DIE PAD NA SKUILHOEK.
-
Dinsdag 22 November 2011
Leeskring
met Joan Hambidge 20:30-21:00Joan Hambidge praat met Peter Veldsman, wat Leipoldt se kookboek laat herleef het, oor die kultuur van kos, resepte en Leipoldt se lewe as kosmaker en kosafkyker.
-
Dinsdag 15 November 2011
Leeskring
met Christelle Webb-Joubert 20:30-21:00Christelle Webb-Joubert gesels met Francois Loots oor sy boek DIE JAKKALSDANS.


