Nou op die lug

RSG Kuns

20:00-21:00

Interaktief

Programme

TERUG

Radioteater

Vorige Programme

Donderdag 21 Mei 2020
20:00-21:00

DIE HUISBESOEK deur Wilmi Wheeler
Regie: Christelle Webb-Joubert

Wenner: Jong Skrywer-kategorie - RSG/SANLAM Radiodramakompetisie 2019

Celia roep in die vroeë oggendure die hulp van hulle jong dominee op die dorp in. Sy het pas ontdek dat haar man, Paul, ‘n verhouding het. Terwyl die dominee vir Celia probeer oorreed om nie haar man om die lewe te bring nie, dink sy terug aan gebeure uit hulle verlede.

Die spelers is Rika Sennett, Cindy Swanepoel, Dawid Minnaar en Ria Smit.

Potgooi
DIE HUISBESOEK deur Wilmi Wheeler

Celia roep in die vroeë oggendure die hulp van hulle jong dominee op die dorp in. Sy het pas ontdek dat haar man, Paul, ‘n verhouding het. Terwyl die dominee vir Celia probeer oorreed om nie haar man om die lewe te bring nie, dink sy terug aan gebeure uit hulle verlede.

Laai die mp3 af (50 283KB)

Donderdag 14 Mei 2020
met
20:00-21:00

MY MENSE deur Dot Serfontein
Saamgestel deur Juanita Swanepoel.
Regie: Juanita Swanepoel en Eben Cruywagen

“Uit die keur van Serfontein se werke neem Antoinette Kellerman jou met deernis terug na die skrywer se kosbare beskrywings van haar ouers, haar soms eksentrieke Serfontein-familie en haar jare op die plaas as jong kind en later as joernalis, getroude vrou, versorgende moeder en ouerwordende dame. Lekker aardse koekemakranka-kosgoed vir die siel,” skryf die dramaturg Nico Luwes.

Laai die mp3 af (43 648KB)

Donderdag 7 Mei 2020
20:00-21:00

WOLF-WOLF HOE LAAT IS DIT? deur Hennie Aucamp
Regie: Margot Luyt
Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se absurde eenakter op ‘n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het dié stuk vir die radio verwerk en ‘n groep van Suid-Afrika se teater-veterane byeengebring vir ‘n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd. Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Trix Pienaar, Kitty Albertyn, June Seymour, Neels Coetzee, Marga van Rooy, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter. Klavier: Albie van Schalkwyk. Wyle Kitty Albertyn sal onthou word vir haar rol as Hybie in die radioverhaal Die Du Plooys van Soetmelksvlei. Sy was 92 jaar oud tydens die opname van hierdie radiodrama. Luyt het die geskiedkundige opname van Wolf-wolf hoe laat is dit? as “Die dag van die legendes” beskryf.

TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis
Regie: Johan Rademan
Een van die gevierde dramaturg PG du Plessis se ses kort Teerling-dramas wat voor ’n gehoor tydens die KKNK op Oudtshoorn opgeneem en uitgesaai is. Met Stian Bam en Tinarie van Wyk Loots.

Laai die mp3 af (27 141KB)

WOLF-WOLF HOE LAAT IS DIT? deur Hennie Aucamp

Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se absurde eenakter op ‘n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het dié stuk vir die radio verwerk en ‘n groep van Suid-Afrika se teater-veterane byeengebring vir ‘n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd. Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Trix Pienaar, Kitty Albertyn, June Seymour, Neels Coetzee, Marga van Rooy, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter. Klavier: Albie van Schalkwyk. Wyle Kitty Albertyn sal onthou word vir haar rol as Hybie in die radioverhaal Die Du Plooys van Soetmelksvlei. Sy was 92 jaar oud tydens die opname van hierdie radiodrama. Luyt het die geskiedkundige opname van Wolf-wolf hoe laat is dit? as “Die dag van die legendes” beskryf.

Laai die mp3 af (24 793KB)

Donderdag 30 April 2020
met
20:00-21:00

VERGIFNIS deur Charles J. Fourie
Regie: Johan Rademan

Muriel, ‘n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. ‘n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer ‘n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is dié eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree? Muriel lei 'n protesoptog van Touwsrivier na die Parlement in Kaapstad. Die jong man wat haar in haar huis beroof het, het ingestem om haar in die rolstoel na Kaapstad te stoot waar sy die toenemende misdaad en gebrek aan werksgeleenthede vir jongmense onder die regering se aandag wil bring. Tydens hulle reis sluit al hoe meer mense by hulle aan en word dit ‘n kleurvolle optog vir verandering. Dié “ode aan vergifnis in ‘n land waar ons daagliks sukkel met die toepassing daarvan” is ‘n boeiende, filmiese verhaal wat terselfdertyd snaaks én roerend is. Die beoordelaars van die RSG en Sanlam radiodrama-skryfkompetisie beskryf dit as “betowerend”. Soos die Hollywood-rolprent Forrest Gump het die twee hoofkarakters ‘n skare wat hulle volg, ‘n element wat aan hierdie drama sy epiese bekoring besorg. Fourie het in 2015 die RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie gewen met hierdie verhaal wat as wêreldklas en “goddelik" geloof is. Victor Hugo se klassieke Les Misérables dien as katalisator vir Fourie se wendrama. Die regisseur Johan Rademan gebruik ook temamusiek uit Les Mis gekontrasteer met ‘n stukkie Afrikaanse flair waaraan die Hoërskool Durbanville se skoolkoor meegedoen het in die opmars parlement toe. Fourie is onder andere die skrywer van die radiodrama Offer, wat met die Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir radiohoorspele in Afrikaans bekroon is. Die radioverwerking van sy verhoogstuk Ella se perde was ’n treffer tydens RSG Kunstefees. Hy was ook die skepper van onlangse vervolgverhale soos Rus en vrede, asook Brulsand. Die akteurs in die rolverdeling is Amor Tredoux, Jarrid Geduld, Charl van Heyningen, Roelien Daneel, Zenobia Kloppers, Wessel Pretorius en Leandé Valentyn met Rademan in die regisseurstoel.

Laai die mp3 af (55 288KB)

Donderdag 23 April 2020
20:00-21:10

GENADE deur Marita van der Vyver
Regie: Margot Luyt

Marita van der Vyver se radiodrama, Genade, word beskryf as ‘n "meesterklas in hoe om ‘n storielyn met ‘n voorspelbare en onafwendbare einde fassinerend te hou”.

Genade is met die tweede prys bekroon in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie vir 2015.

Kas Stuurman is ‘n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is ‘n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hulle seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang.

Die radiodrama is deur die beoordelaars beskryf as ‘n “hartroerende verhaal en pragtige, pragtige teks wat die luisteraar op ‘n slim manier deur al die fases van Alzheimer se siekte neem”. Dis nugter, raak nooit sentimenteel nie en is juis daarom baie ontroerend.

June van Merch kan as Door Stuurman gehoor word met Charlton George as Kas. Marvin-Lee Beukes vertolk die rol van Vic.

Potgooi
GENADE deur Marita van der Vyver

Kas Stuurman is ‘n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is ‘n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hulle seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang. June van Merch kan as Door Stuurman gehoor word met Charlton George as Kas. Marvin-Lee Beukes vertolk die rol van Vic. Genade is met die tweede prys bekroon in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie vir 2015.

Laai die mp3 af (61 922KB)

Donderdag 16 April 2020
met
20:00-21:00

SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie
Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen
Regie: Eben Cruywagen

Die Vrystaatse dramaturg en aktrise, Ilné Fourie se Sjarrap en eet jou kos! is ’n komiese verhoogteks wat vir die radio aangepas is, en handel oor al die kostelike oomblikke wat om die tafels en agter die kombuisdeure van soveel eetplekke landwyd plaasvind.

Die teks is ideaal geskik vir die radio, aangesien die luisteraar die gedagtewêreld van die kelner betree en vanuit daardie uiters intieme kennismaking, die (on-)heilige, nooit gehoorde dinge (met apologie aan N.P. van Wyk Louw) hóór wat kelners moontlik hulle klante hardop sou wou toesnou. Vrae soos: Wat het julle wat lekker is? Of: Waar kan ons sit waar dit nie so warm is nie? Of: Wat is in julle lemon meringue? Dié vrae is genoeg om enige moeë kelner teen die mure uit te dryf!

Radiodrama is intiemer as die lewe en besorg dus aan Sjarrap en eet jou kos! die voordeel, aangesien die luisteraar wéét die klant hoor nie wat die kelner dink nie, en juis daarom is haar antwoorde soveel snaakser as wat dit op die verhoog is.

Die teks is só lewensgetrou, dat ‘n mens nie anders kan as om te glo dat die skrywer eerstehandse ervaring moet hê van die belewenisse van kelners nie. Daardie geloofwaardigheid maak van hierdie drama ‘n klein juweeltjie.

Martelize Kolver is die Kelner, en die klante is Susanne Beyers, Roeline Daneel, Gina Assanté, Leon Kruger, Chris Majiedt en Ludwig Binge.

Potgooi
SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie

Betree die gedagtewêreld van die kelner om vanuit daardie uiters intieme kennismaking, die (on-)heilige, nooit gehoorde dinge (met apologie aan N.P. van Wyk Louw) hóór wat kelners moontlik hulle klante hardop sou wou toesnou. Vrae soos: Wat het julle wat lekker is? Of: Waar kan ons sit waar dit nie so warm is nie? Of: Wat is in julle lemon meringue? Dié vrae is genoeg om enige moeë kelner teen die mure uit te dryf!

Laai die mp3 af (38 291KB)

Vrydag 10 April 2020
met
18:10-19:00

DIE LEË GRAF deur Helena Hugo
Regie: Helena Hugo

In die Paastyd herleef ons opnuut die kruisdood van Jesus, maar ook sy opstanding. Vir Nikodemus gaan dit gepaard met ’n geloofstryd. Kan hy sy posisie in die Sanhedrin prysgee om Jesus openlik te bely, of skuil hy vir die res van sy lewe onder die dekmantel van die nag?

Die spelers is Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Francois Stemmet, Ria Smit, Charlie Bougeunon en Pietie Beyers.

Laai die mp3 af (50 152KB)

Vrydag 10 April 2020
met
13:00-14:00

Donderdag 9 April 2020
met
20:00-21:20

DIE GOUE KRING deur Uys Krige
Vir die radio verwerk deur Hermien Dommisse
Regie: Evert Snyman

Hierdie argiefdrama is ‘n liriese en poëtiese drama oor die geliefdes Ferdinand en Isabella wat graag wil trou, maar dan daag ‘n aantreklike jong man op. Hy is op soek na Moeder Mart, maar weier om te sê hoekom. Die aktrise Hannah Botha vertolk die rol van Violetta. Botha was onder andere bekend om haar rolle in die TV-reekse Nommer AssebliefAgter elke man en Egoli. Die Goue Kring handel oor die kringloop van die lewe en dood en is geskoei op ‘n legende uit die Portugese literatuur. Die temas sluit in die mens se hoogmoed en luiheid; en hoe die lewe geen sin het sonder die dood nie. Die ander spelers sluit in Douwlina Grobler, André Stolz. Matthys du Toit en Frans Kalp. Die verhoogstuk is vir die radio verwerk deur Hermien Dommisse. Die regisseur was Evert Snyman. Uys Krige sou in Februarie 2020 sy 110de verjaardag gevier het. Hy is met die Hertzogprys bekroon vir sy dramas.

Potgooi
DIE GOUE KRING deur Uys Krige

Hierdie argiefdrama is ‘n liriese en poëtiese drama oor die geliefdes Ferdinand en Isabella wat graag wil trou, maar dan daag ‘n aantreklike jong man op. Hy is op soek na Moeder Mart, maar weier om te sê hoekom. Die aktrise Hannah Botha vertolk die rol van Violetta. Botha was onder andere bekend om haar rolle in die TV-reekse Nommer Asseblief, Agter elke man en Egoli. Die Goue Kring handel oor die kringloop van die lewe en dood en is geskoei op ‘n legende uit die Portugese literatuur. Die temas sluit in die mens se hoogmoed en luiheid; en hoe die lewe geen sin het sonder die dood nie. Die ander spelers sluit in Douwlina Grobler, André Stolz. Matthys du Toit en Frans Kalp. Die verhoogstuk is vir die radio verwerk deur Hermien Dommisse. Die regisseur was Evert Snyman. Uys Krige sou in Februarie 2020 sy 110de verjaardag gevier het. Hy is met die Hertzogprys bekroon vir sy dramas.

Laai die mp3 af (74 136KB)

Donderdag 2 April 2020
met
20:00-21:00

AS ONS TWEE EERS GETROUD is deur Gerhard J. Beukes
Regie: Margot Luyt

Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie ‘n huweliksertifikaat het nie. Is hulle werklik getroud of leef hulle al die jare in “sonde” saam? Die klein Kallie het boonop sy “dieretuin” -  bestaande uit ‘n koggelmander, muis, spinnekop, padda en slang - in die voorkamer laat ontsnap. Wat is Oupa besig om uit sy broek te skud? En wat kruip oor die kussing? Midde hierdie konsternasie probeer Malie en haar twee dogters, Santjie en Annelise, om van Oupa ontslae te raak. Sal die weduwee, mevrou Bloom, die stuitige oupa uit hulle pad én sake kry?

Trix Pienaar en Johan van Jaarsveld vertolk die hoofrolle in hierdie lekkerlag-klug. Die ander spelers sluit in ‘n jong Jan Ellis as Kallie, en wyle Kitty Albertyn as mevrou Bloom.

Potgooi
AS ONS TWEE EERS GETROUD is deur Gerhard J. Beukes

Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie ‘n huweliksertifikaat het nie. Is hulle werklik getroud of leef hulle al die jare in “sonde” saam? Die klein Kallie het boonop sy “dieretuin” - bestaande uit ‘n koggelmander, muis, spinnekop, padda en slang - in die voorkamer laat ontsnap. Wat is Oupa besig om uit sy broek te skud? En wat kruip oor die kussing? Midde hierdie konsternasie probeer Malie en haar twee dogters, Santjie en Annelise, om van Oupa ontslae te raak. Sal die weduwee, mevrou Bloom, die stuitige oupa uit hulle pad én sake kry? Trix Pienaar en Johan van Jaarsveld vertolk die hoofrolle in hierdie lekkerlag-klug. Die ander spelers sluit in ‘n jong Jan Ellis as Kallie, en wyle Kitty Albertyn as mevrou Bloom.

Laai die mp3 af (55 941KB)