'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC-omroepers en joernaliste. Die program word in twee seisoene uitgesaai: Januarie tot Maart en Julie tot September.
'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.
MEER INLIGTING
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC-omroepers en joernaliste. Die program word in twee seisoene uitgesaai: Januarie tot Maart en Julie tot September.
TAMIEM VAN SWELLENDAM DEUR Bettie Kemp
Ontmoet die formidabele Hertzogpryswenner van Arikaanse Prosa (1953). ‘n Baanbrekerjoernalis, kampvegter vir vroueregte en die armes… haar pen was magtiger as die swaard. SelfsLangenhoven het liggeloop vir haar! Maar bowe-al was sy jou Kleinspan-tannie wat kinders destyds laat lekkerkry het met haar stories en verse – van onder andere Karlien en Kandas. Gebasseer op feite, ingeklee met ‘n dramatiese teks en klankgrepe uit haar lewe... moenie hierdie ontmoeting met M.E.R. – Maria Elizabeth Rothmann - oftewel die geliefdeTaMiem van Swellendam misloop nie.

Laai die mp3 af (29 166KB)
HISTORIESE FEIT, OF SOMMER ‘N SPOOKSTORIE? deur Chris Swanepoel
Die Stellenbosse Dorpsmuseum en omliggende area beskik oor ‘n magdom ou geboue van besondere historiese waarde. Oorlewering wil dit egter hê dat ou geboue ook die tuiste van spoke is. Chris swanepoel het op ‘n onlangse besoek aan die dorp uitgevind of die spoke daar ronddwaal.

Laai die mp3 af (21 706KB)
VINKEL EN KOLJANDER, DIE EEN LYK NES DIE ANDER... OF DALK NIE? deur Jacqui January
Primate het baie ooreenkomste, maar wat is die besondere fassinering van die mens met bobbejane en ape? Verskil ons regtig so baie van mekaar en wat het ons werklik gemeen?

Laai die mp3 af (24 686KB)
DIE PELGRIMS VAN NORWOODSTRAAT, ELSIESRIVIER deur Martelize Brink
Die ontwikkeling van musikale talent en die opheffing van die gemeenskap gaan hand-aan-hand in Elsiesrivier waar die Norwood Crusaders Kersfeesorkes jaar na jaar die note slaan.

Laai die mp3 af (21 565KB)
HANKEY VAN HOOP deur Mariska Spoormaker
Hankey in die Oos-Kaap vertel die verhaal van menige plattelandse dorpe waar werkloosheid, armoede en sosiale verval te midde van dwelm- en drankmisbruik, gemeenskappe lamlê. Maar in hierdie skilderagtige dorpie in die Gamtoosvallei wat oorspronlik as sendingstasie begin het, het die Hankey United Congregational Kerk so saam met sy 190e verjaarsdagviering, besluit om die verlorenes onder vlerk te neem en die gemeenskapswonde te help heel.

Laai die mp3 af (15 263KB)