'n Program vir boere oor landbousake.
'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.
MEER INLIGTING
'n Program vir boere oor landbousake.
RSG Landbou kyk terug oor die jaar 2011 en saai ‘n paar bydraes uit wat die afgelope jaar vir hoogtepunte gesorg het. Daar is ‘n onderhoud oor die lusernboom, die werk van die Bovelderstudiegroep en ‘n boer wat deur afvalolie te gebruik, sy energiekoste besnoei.
Met die oog op die nuwe jaar is daar ‘n boodskap van Jannie de Villiers van GraanSA; en daar is ‘n gesprek met Rudolph Badenhorst van Subtrop oor ‘n inligtingsopdateringsprogram.
Daar onder meer ‘n gesprek oor die Right Rooibos inisiatief. Gerhard Pretorius praat oor wat die inisiatief behels en wat die volhoubaarheid van die bedryf is. Daar is ook ‘n gesprek met kaasmaker Rina Belcher oor hulle kaas wat besonder goed gevaar het in ‘n Britse kaaskompetisie.
Die klem val op wingerdbou. Lise Roberts het op Altydgedacht, ‘n familieplaas in die Kaap gaan kuier. John Parker praat oor die siektebehandeling van wingerde. Dan is daar ook ‘n bydrae oor die wynmakery op die plaas.
Dr. Johan van Rensburg van Afrivet verduidelik wat ‘n wildboer en paintball gemeen het en Ona Viljoen van Cape Wools lewer ‘n pleidooi dat boere moet sorg dra dat hulle wol nie besoedel is nie.