Befonk gaan oor alles wat vir jongmense (almal jonger as 25!) saak maak.
'n Leefstyl-program met musiek, humor, kompetisies, 'n boekvoorlesing en 'n sielsgedagte. Daar word ook gepraat oor regsake, geldsake, gesondheidsake, hulp met die grootmaak van kinders, kosmaak, fotografie en troeteldiere.
MEER INLIGTING
Befonk gaan oor alles wat vir jongmense (almal jonger as 25!) saak maak.
Ivor Price praat met deelnemers aan die Kaapse Dink of Sink-debatkompetisie oor die toekoms van Afrikaans. Die rymkletser Jerome Rex kuier in die ateljee en die kampusverslaggewer Myron Weyers vra jongmense oor hulle houding teenoor gewig.
Reza de Wet se MIS en Adam Small se KRISMIS VAN MAP JACOBS is twee dramas wat voorgeskryf is vir Graad 12 Afrikaans huistaalleerders. André Stolz vertel meer van hierdie toneelstukke wat landswyd op die planke is. Christine Wessels vind uit hoe jy improvisasie kan gebruik om jou selfvertroue te verbeter en die psigoterapeut Magda de Jager verduidelik hoe jy jouself op ‘n kreatiewe manier beter kan leer ken.
Playingmantis
www.playingmantis.net
Magda de Jager
www.tamboo.co.za
André Stolz
ansto@absamail.co.za
‘n Mens het letterkunde nodig, want daarsonder gaan jy agteruit – dit is die bekende woorde van Nelson Mandela. Christine Wessels kuier by die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe om meer uit te vind oor loopbaangeleenthede vir jongmense met ‘n passie vir die lettere. Befonk vier ook die Internasionale dag van die gesin en kuier by die Hoërskool Bloemhof op Stellenbosch en gesels met Emily van der Merwe, Ines Mars, Linda Moller en Katrien Coetzee oor die belangrikheid van ‘n gesin.

Laai die mp3 af (17 709KB)
Haidee Muller ondersoek die skokkende statistiek van dwelm- en drankmisbruik onder tieners. ‘n Sielkundige gee raad aan bekommerde ouers, verslaafdes en nie-verslaafdes. Die akteur, Theodore Jantjies, oftewel Xander van 7de Laan, maak ‘n draai en Haidee kuier ook op Bonnievale om meer te hoor van die Droomprojek.

Laai die mp3 af (17 576KB)
As jy die Unviersiteit van Stellenbosch se Woordfees misgeloop het, kan jy uitsien na die Fees van die Uitverkooptes. Produksies wat uitverkoop is, word weer vertoon in Stellenbosch en Kaapstad, onder andere vier produksies deur jong teatermakers. Melt Meyburg vertel meer van hierdie teaterfees. Rikus van Rooy vertel meer van die Winterskool vir Graad 11 en 12 leerders en Chantal Louw gee raad vir jong kreatiewe Befonk-luisteraars.

Laai die mp3 af (17 060KB)
Ivor Price vind meer uit oor die HIP2B²-projek vir die bevordering van wiskunde en wetenskap, en die WOW Spelfees waaraan 43 000 leerders verlede jaar deelgeneem het.

Laai die mp3 af (17 086KB)
Christine Wessels kuier by die Anna Stigting op Stellenbosch. Hierdie organisasie help kinders op plase in Stellenbosch en omgewing met huiswerk en om hul lees- en skryfvaardighede te verbeter. Leana Classen en Katie Booysen is twee fasiliteerders van die Anna Stigting wat gesels oor die belangrikheid van geletterdheid vir jong leerders. Christine vind ook meer uit oor onderrig en opleiding vir volwassenes en hoe gemaak as jy jou senior sertifikaat eksamen wil voltooi as jy ouer as 18 is.
Anna Stigting
www.annafoundation.com
SA Kwalifikaise Owerheid
www.saqa.org.za
Christine Wessels kuier by die Anna Stigting op Stellenbosch. Hierdie organisasie help kinders op plase in Stellenbosch en omgewing met huiswerk en om hul lees- en skryfvaardighede te verbeter. Leana Classen en Katie Booysen is twee fasiliteerders van die Anna Stigting wat gesels oor die belangrikheid van geletterdheid vir jong leerders. Christine vind ook meer uit oor onderrig en opleiding vir volwassenes en hoe gemaak as jy jou senior sertifikaat eksamen wil voltooi as jy ouer as 18 is.
Laai die mp3 af (16 806KB)