LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: N
TERUG

Spesiale uitsending

Spesiale uitsending
- -1:-1--1:-1

RSG doen van tyd tot tyd spesiale uitsendings oor verskillende onderwerpe.

 

VORIGE PROGRAMME

  • 16:00-17:00

    Vrydag 6 April 2012

    Luister na die Stabat Mater gekomponeer deur Karl Jenkins. Die teks is in Afrikaans verwerk deur prof. Cas Vos en word voorgelees deur Paul Luckhoff. Die Passie is in 2008 gekomponeer en Jenkins het nie net die oorspronklike 13de eeuse gedig gebruik nie, maar ook ses ander tekste wat die kruisiging van Jesus, en sy Moeder Maria se pyn en smart beskryf.

  • 15:00-16:00

    Vrydag 6 April 2012

    Die Verenigende Gereformeerde Kerk op Beaufort-wes vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar. Wynand Dreyer kyk saam die gemeente terug.

  • 14:00-15:00

    Vrydag 6 April 2012

    Dawid van Lill het hierdie program in 1995 saamgestel oor die viering van Paasfees deur verskilllende gemeenskappe. Hy het gepraat met iemand wat goed bekend is met die Russiese Ortodokse Kerk, asook 'n besoeker aan die Passiespel in Duitsland. Ander bydraes oor die viering van die belangrike fees op die Christenkalender is oor die Griekse Ortodokse Kerk en die Amerikaanse Ortodokse Kerk.

  • 13:00-14:00

    Vrydag 6 April 2012

    Antonio Vivaldi het vir 'n groot deel van sy lewe by die skool vir weesmeisiekinders gewerk. Daar het hy heelwat geestelike musiek gekompopneer wat deur die opvoedkundige instelling die eerste keer uitgevoer is. Een van die werke is Vivaldi se GLORIA, RV 589. Dit is een van die komponis se bekendste werke en word vandag nog deur talle professionele en amateurkore opgevoer. Die volledige werk word gespeel asook uittreksels uit Vivaldi se GLORIA RV 588, 'n werk wat baie oreenstem met sy RV 589 wat betref struktuur en temas.

  • 12:00-13:00

    Vrydag 6 April 2012

    'n Program oor Judas die verraaier, Petrus wat Jesus verloën, sy ma wat treur en die mense wat die graf oppas.