Philip de Vos beeld Mozart In woord en musiek uit met sy sublieme musiek en soms tikkies banaliteite van sy persoonlike lewe. In sy eie woorde praat Mozart uit briewe wat meer as 200 jaar gelede geskryf is.
00:00 - 01:00 Afrikaanse musiek
01:00 - 02:00 Praat Saam (herhaling)
02:00 - 03:00 Klassieke keuse (herhaling)
03:00 - 03:30 Die tale wat ons praat (herhaling)
03:30 - 04:00 Hoe verklaar jy dit? (herhaling)
04:00 - 04:30 Musiek
04:30 - 04:45 RSG Landbou
04:45 - 05:00 Op die veepos
Philip de Vos beeld Mozart In woord en musiek uit met sy sublieme musiek en soms tikkies banaliteite van sy persoonlike lewe. In sy eie woorde praat Mozart uit briewe wat meer as 200 jaar gelede geskryf is.
Mozart vandag
In hierdie program hoor ons hoe ander kunstenaars en komponiste vandag steeds deur Mozart geïnspireer word. Vir een of twee nommers in hierdie program sou Mozart dalk in sy graf omdraai, veral as hy sou hoor hoe die sopraan Florence Foster Jenkins sy bekende Koningin van die Nag-aria sing!
Mozart se laaste jaar
Mozart se laaste jaar op aarde was ook een van sy mees produktiewe met werke soos Ave Verum Corpus, sy klarinetconcerto, die Towerfluit en die onvoltooide Requiem. Dit was ’n jaar van hartseer, maar ook groot vreugde.
Die Mozart-briewe
Uit die honderde briewe wat bewaar gebly het van Mozart self en dié van sy vader en moeder, kry ons ’n beter insig in hom as mens en partykeer heel onverwags soos deur die onwelvoeglike briewe aan sy niggie Maria Thekla.
Die Mozart-dokumente
Uit baie koerantberigte wat bewaar gebly het en van tydgenote sowel as geprekke met sy vrou Constanze en sy suster na sy dood, kry ons ’n beeld van hoe Mozart as sublieme komponis was, maar ook as mens - soms ernstig en soms vreemd kinderagtig met ’n tikkie vulgariteit.