LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: N
TERUG

Dis Klassiek

Dis Klassiek
Woensdag - 21:10-22:00

Volledige klassieke werke word gespeel.

 

AANBIEDERS

VOLGENDE PROGRAM

  • 21:10-22:00

    Woensdag 23 Mei 2012

    Ignaz Mocheles is ’n Joodse komponis wat ‘n vriend en onderwyser van Felix Mendelssohn was. Luister na die Klavierkonsert no. 6 in B-mol majeur opus 90 van Mocheles en na uitreksels uit Felix Mendelssohn se Somersnagdroom, geïnspireer deur Shakespeare.

VORIGE PROGRAMME

  • 21:10-22:00

    Woensdag 16 Mei 2012

    Hoor wat het die Italiaanse komponis, Antonio Salieri, en die Hongaarse komponis, Franz Liszt, gemeen. Luister dan na die Simfoniese toondig, Les Preludes, van Liszt en die Trippelkonsert in D majeur van Salieri.

  • 21:10-22:00

    Woensdag 9 Mei 2012

    Luister na ’n verwerking van ’n klawesimbelkonsert van Bach en variasies op ’n tema van Haydn wat Brahms eers vir twee klaviere gekomponeer het en daarna verwerk het vir orkes.

  • 21:10-22:00

    Woensdag 2 Mei 2012

    Rachmaninof het sy Klavierkonsert no. 3 in D mineur spesiaal gekomponeer vir sy besoek aan New York in 1909. Dit was so ’n groot sukses dat dit die werk is wat al die ander konserte van Rachmaninof begin oorskadu het.

  • 21:10-22:00

    Woensdag 25 April 2012

    Die klassieke kitaarspeler, John Williams, se verjaardag is op 24 April. Hy het in 1973 reeds ’n Grammy-toekenning ontvang vir beste uitvoering van kamermusiekwerke. Luister na sy vertolking van Mauro Giuliani se Kitaarkonsert no. 1 in A majeur.

  • 21:10-22:00

    Woensdag 18 April 2012

    Luister na die Simfonie no. 9 in E mol majeur opus 95 van Antonin Dvorak, wat hy in Amerika gekomponeer het as uiting aan sy verlange na sy vaderland.