Programme

Storiedieretuin

Storiedieretuin

Vrydag - 11:00-11:30

STORIEDIERETUIN is ’n verbeeldingsvlug na ’n wonderlike plek waar al die diere in Suid-Afrika voorkom. Aspekte van lewensvaardigheid, syfervaardigheid, ruimtelike ontwikkeling e.d.m. word in die loop van die reeks behandel, terwyl stories oor diere die bepaalde tema van ’n dag op prettige wyse uitbeeld. Terselfdertyd word basiese interessanthede oor Suid-Afrikaanse diere oorgedra.

Met Dean Balie, Frieda van den Heever, Daneel van der Walt en Vianne Venter. Skrywer en regie: Eben Cruywagen