Musiek vir die kieskeurige luisteraar. Verbreed jou grense met onbekende musiekgenres en stemme.
Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.
MEER INLIGTING
Musiek vir die kieskeurige luisteraar. Verbreed jou grense met onbekende musiekgenres en stemme.
Hoewel die belofte van winter duidelik in die lug en in die lig sy lê kry, fnuik ons die gedagte aan die komende koue met warm, loslyf eilandmusiek. En dan dans ons op die maat van ’n Skotse wals, ’n Franse samba en ’n Kreoolse Calypso.
Ons maak ’n draai in Oeganda en jy sal beswaarlik jou voete kan stilhou wanneer ’n Tangotrio ’n milonga uitvoer! Jy hoor ook pragtige Griekse musiek asook Russiese sigeunerklanke en die Kennedy Koor met hulle engelagtige stemme sing twee bekende Beatle-komposisies.
Daar word wyd en syd in Europa gekuier. Jy hoor ’n tango wat deur ’n komponis van Finland gekomponeer is, sigeunermusiek uit Roemenië, besondere jodelmusiek uit Switserland en die wêreldbekende harpspeler, Catrin Finch, tree ook op.
Pink Martini is ’n groep uitgelese musikoloë van Amerika wat aanhangers wêreldwyd het. Hulle repertoire is divers en daar is dikwels ’n onverwagte, maar interessante kinkel in hulle verwerkings.
Met die CD Passie & Pasen word Goeie Vrydag afgesluit. Luister na die stemme van Mario Lanza, Il Divo, Charlotte Church en Nathalie Sutzman.