'n Keur van kort, ligte klassieke musiek.
Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.
MEER INLIGTING
'n Keur van kort, ligte klassieke musiek.
Luister na 'n aria uit een van Vivaldi se operas, 'n lied van Grieg gespeel deur 'n trompet met orrelbegeleiding, en 'n prelude van Chopin.
Luister na 'n sonatina van Beethoven soos gespeel deur 'n panfluit met kitaarbegeleiding, 'n aria uit Gounod se FAUST en 'n seunskoor wat 'n Mozartwerk uitvoer.
Luister na 'n verwerking van 'n Skotse liedjie deur Beethoven; die opening van een van Mozart se minder bekende operas, DIE IMPRESSARIO, en twee kort deeltjies uit Victor Herbert se suite, HERO AND LEANDER.
Luister na ‘n minuet uit een van Beethoven se Klaviersonatas; ‘n aria uit ‘n opera van Vivaldi en ‘n polka van Eduard Strauss.
Luister na werke van ‘n paar Engelse komponiste soos Thomas Hewitt, Vaughn Williams en Benjamin Britten. Dan kan jy ook hoor hoe klink die CAVATINA van Joseph Raff en daar is ‘n galop uit Offenbach se GENEVIEVE VAN BRABANT.
Luister na 'n aria uit een van Mozart se onvoltooide operas, ZAHIEDE, gespeel deur 'n klarinet met klavierbegeleiding; die PERSIESE MARS van Strauss snr.; en die spel van die vermaarde pianis, Alfred Brendel.
Luister na ‘n koorwerk uit Sidney Jones se THE GEISHA, ‘n deel uit een van Francesco Salieri (die broer van die meer omstrede Antonio Salieri) se simfonieë, en ‘n werk vir tjello en klavier wat op die tuba met klavierbegeleiding uitgevoer word.