Interaktief

Programme

Tranetrekkers

Tranetrekkers

Sondag - 10:00-11:00

Tranetrekkers is nie net musiek waarna ons in melankoliese en reflektiewe oomblikke luister nie. Dis musiek wat ons al so diep geraak het of wat so gepas was vir wat op daardie stadium in jou lewe aan die gebeur was, dat jy nog jare daarna wanneer jy weer die liedjie hoor, nog steeds die herrinnering kan oproep en presies onthou oor hoekom hierdie liedjie op daardie tydstip in jou lewe, trane in jou oë laat opwel het. Johan van Lill ontgin in hierdie musiekreeks verskillende temas van musiek wat as tranetrekkers bekend staan. Tranetrekkers is nie net tot musiek beperk nie, dit sluit ook in flieks, boeke, tv-reekse en verhoogstukke.