LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: NNW
TERUG

Met raad en daad

Met raad en daad
Sondag - 15:00-15:30

Die doel van die program is om Suid-Afrikaners nader aan mekaar te bring deur te fokus op probleemareas buite die partypolitieke arena.

 

AANBIEDERS

VOLGENDE PROGRAM

  • 15:00-15:30

    Sondag 20 Mei 2012

    Ivor Price praat met Hermien Gibson, die bestuurder by die Saartjie Baartman- sentrum op die Kaapse Vlakte. Die sentrum moet dalk sy deure weens geldnood sluit, al word meer as 4 000 vroue jaarliks hier gehelp.

    Saartjie Baartman- sentrum
    021-633-5287
    www.saartjiebaartmancentre.org.za

VORIGE PROGRAMME

  • 15:00-15:30

    Sondag 13 Mei 2012

    Ivor Price praat met Pat Gelderblom, ‘n vrywillige diensbestuurder by die St. Luke’s Hospies in Kaapstad. Hy ontmoet ook die sakeman, Nazeem Sterres, wat saam met sy gesin na sy sterwende pa omsien. Hulle praat oor die Internasionale Week vir Palliatiewe Sorg.

    Hospice Palliative Care Association of SA
    021-531-2094
    www.hospicepalliativecaresa.co.za

  • 15:00-15:30

    Sondag 6 Mei 2012

    Ivor Price praat met Frank van Zyl, ’n Kaapse prokureur, oor ’n onlangse Appèlhof-uitspraak dat die reuk van drank nie genoeg rede is om mense vir dronkbestuur in hegtenis te neem nie.

  • 15:00-15:30

    Sondag 29 April 2012

    Ivor Price praat met Thinus Groenewald, ’n senior aanklaer by die Wynberghof, oor die korrekte prosedures wat met borgtog gevolg behoort te word. Dit na aanleiding van die dood van ’n Kaapse man wat die week in die polisieselle gesterf het.

  • 15:00-15:30

    Sondag 22 April 2012

    Ivor Price praat oor onderhoudsgeld met Jason Felix, ’n student wie se pa nooit onderhoudsgeld betaal het nie. Advokaat Joy van der Heyde praat oor die regsaspekte daaraan verbonde.

  • 15:00-15:30

    Sondag 15 April 2012

    Ivor Price praat met advokaat Joy van der Heyde oor die skrapping van kriminele rekords en presidensiële kwytskelding. Adv. Van der Heyde is verbonde aan die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling.