Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.
MEER INLIGTING
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Anthea Adams praat met Alan Jonker wat betrokke is by die Principals Management Development Programme in Kwazulu-Natal wat skoolhoofde se bestuursvaardighede ontwikkel.
Verskeie onderwyskenners het na aanleiding van minster Trevor Manuel en die Nasionale Beplanningskommissie se nege sleuteluitdagings, voorstelle gemaak om die standaard van onderwys te verbeter. Van hierdie voorstelle fokus op klaskamerpraktyk. Anthea Adams praat met Hanneke Basson, een van die Wes-Kaap se uitblinkeronderwysers oor die onderrig van Afrikaans.

Laai die mp3 af (16 688KB)
Is jy dalk ʼn vraat vir tegnologie? Dalk is jy die volgende Mark Shuttleworth wie se aanleg vir tegnologie en entrepreneurskap die wêreld op sy kop kan keer! Anthea Adams gesels met Peter Waker oor hoekom elke leerder móét inskryf vir vanjaar se rekenaar-toepassingsolimpiade wat op 11 Mei plaasvind.

Laai die mp3 af (14 741KB)
ʼn Demokratiese bestuurstyl, positiewe vennootskappe, doelgerigtheid en ʼn onwrikbare fokus op gehalte. Dit is alles deel van sy wenresep, sê Kevin Pretorius van die Rocklands primêre skool in Mitchells Plain, Kaapstad. Anthea Adams gesels met hierdie uitblinkerhoof wat op provinsiale vlak bekroon is met die 2011-toekenning vir Uitnemendheid in Leierskap: primêre skole.

Laai die mp3 af (17 707KB)
Anthea Adams gesels met Sandra Roussouw van die Joint Mentorship-projek. Hierdie projek is ʼn vennootskap tussen twee nie-regeringsorganisasies, die Universiteit van Wes-Kaap en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Sáám ondersteun hulle beginner-onderwysers.

Laai die mp3 af (18 279KB)
Anthea Adams gesels met Marelie Janse van Vuren, ʼn kenner van metakognitiewe strategieë, oor wat leer behels. Sy vertel van verskillende leerstyle, vlakke van leer en hoe leeroriëntering gemeet kan word.

Laai die mp3 af (17 890KB)