LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: NNW
TERUG

Rekenaarrubriek

Rekenaarrubriek
Woensdag - 20:45-21:00

Die jongste gebeure in die wêreld van rekenaars en inligtingstegnologie word bespreek. Kontak RSG se Rekenaarrubriek by rekenaar@rsg.co.za

 

e-pos: rekenaar@rsg.co.za

AANBIEDERS

VORIGE PROGRAMME

  • 20:45-21:00

    Woensdag 21 Maart 2012

    Antwoord op vraag van 14 Maart 2012
    Wat is illumishare?
    Dit is nuwe tegnologie van Microsoft wat mense in staat stel om fisiese en digitale voorwerpe te deel al is hul nie naby mekaar nie. Hierdie tegnologie is vertoon by die Microsoft Techforum 2012 en sal baie toepassings in die industrie hê wanneer dit vrygestel word.

    ‘n Kombinasie van ‘n projektor en ‘n kamera in ‘n lamp-tipe apparaat wat opgestel word bo-oor ‘n oppervlak wat gedeel word, is wat Illumishare moontlik maak. Watter voorwerp ook al op die gedeelde oppervlak geplaas word, is wat almal sal kan sien. In die demonstrasie gebruik hul ‘n wit papier waarop die nulle en kruise speletjie gespeel word. Beide persone het ‘n wit papier voor hulle. Sodra die een die strepe op die papier trek vir die speletjie en die eerste kruisie maak, sien die ander persoon dit en kan gaan voort met die speletjie.

    In die volgende speletjie pak elkeen ‘n ry fisiese speelkaarte uit en beide kan dit sien. Verder wys hul hoe huiswerkvrae op ‘n papier deur een geantwoord en deur die ander gemerk word. Hierdie kommunikasie tegnologie kan nuwe betekenis gee aan aanlyn studies met ‘n aanlyn onderwyser!

    Die apparaat vir Illumishare is redelik eenvoudig en behoort nie baie te kos nie. Daar kan egter video eggo probleme wees wat waarskynlik eers aandag sal geniet voordat die tegnologie vrygestal sal kan word.

    Mens kan net dink hoeveel makliker iets verduidelik sal kan word met hierdie tegnologie.

    Webwerf van die week
    Lees meer oor Illumishare by http://blogs.technet.com/b/next/archive/2012/02/27/microsoft-research-shows-illumishare-and-blows-my-mind.aspx en www.geek.com/articles/gadgets/microsoft-illumishare-physical-objects-shared-online-with-a-projector-20120228/.

    Chris het die volgende probleem:
    Hy het sy skootrekenaar geneem vir herstelwerk. Virusse is verwyder en die hardeskyf is weer geformateer. Al die inligting is weer opgelaai en 'n virusprogram - Kaspersky is ook gelaai. As hy nou tik dan spring die merker na 'n ander deel van my dokument en neem sommer 'n deel van die woord of sin saam of hy vee eenvoudig net die sin uit. Die probleem is waarskynlik dat die touchpad van die skootrekenaar per ongeluk geraak word gedurende die tikproses en dit veroorsaak die gespring van die merker (cursor). Dit kan meer as een oorsaak hê, maar meestal is die touchpad die probleem. Skakel die touchpad af wanneer getik word deur die raad te volg op die volgende webwerwe: http://labnol.blogspot.com/2007/05/disable-touch-pad-of-your-laptop-avoid.html en http://askville.amazon.com/fix-jumping-cursor/AnswerViewer.do?requestId=2252117. As al bogenoemde nie werk nie, laai ‘n programmetjie genaamd Touchfreeze af by http://code.google.com/p/touchfreeze/ om probleem op te los.

    Jan Mostert het na aanleiding van sy vorige vraag oor die vertoon van internet soekresultate in ‘n wagon wheel laat weet dat dit egter Wonder Wheel is in plaas van wagon wheel. Hy stuur die volgende video in wat dit demonstreer: www.youtube.com/watch?v=KtJMwNqjVTk.

    Wenk van die week
    Christi het die volgende Excel wenk ingestuur:
    As mens ‘n tabel in Excel opstel, begin by die eerste sel en vul die eerste ry data in. Gebruik dan dieTab sleutel in plaas van die regspyltjie om na regs te beweeg tot by die laaste sel van die ry. Vul dan die data in die rye daarna ook so in.

    Paul noem ook Shift & Tab om te gebruik om vinnig in spreivelle te beweeg.

    Kortpadsleutels vir Facebook:
    Alt + 1: Gaan na Home Page
    Alt + 2: Gaan na jou profiel
    Alt + 3: Sien Pending Friend Requests
    Alt + 4: Gaan na Inbox (messages)
    Alt + 5: Sien al jou Notifications
    Alt + 6: Gaan na My Account
    Alt + 7: Gaan na Privacy Settings
    Alt + 8: Facebook Fan Page
    Alt + 9: Terms and Conditions Page
    Alt + 0: Help Center

    Vraag van die week
    Wat kan 'n mens alles verander op ‘n Android-tabletrekenaar?

  • 20:45-21:00

    Woensdag 14 Maart 2012

    Antwoord op vraag van 7 Maart 2012
    Wat is die verskil tussen active 3D en passive 3D?
    Om ‘n driedimensionele beeld op jou TV te sien, moet mens ‘n bril gebruik om vir elke oog ‘n prentjie wat effens verskil te wys en wat saam dan die 3D beeld skep. Klein apparate soos byvoorbeeld die Nintendo 3DS gebruik nie brille nie omdat die Nintendo self vir elke oog ‘n effens verskillende beeld wys, maar dit is nog nie moontlik op dit op groter skerms te laat werk nie.

    Mens kry dus aktiewe-sluiter brille wat eintlik klein LCD skerms is wat alternatiewelik die linker- en regterlens van die bril dim. Die bril moet ‘n infrarooi sein vanaf die TV kry sodat die dim van die regter- en linkerlens korrek geskied en elke oog die regte beeld sien om die 3D beeld te skep. Die eerste probleem met hierdie tipe 3D bril is dat dit baie duur is. Die vervaardiger van die TV moet dus die bril ook maak en dit kan ook swaar wees. Om ‘n vollengte film te kyk kan ‘n uitputtende ervaring wees. Nog ‘n nadeel is die feit dat batterye nodig is vir die bril om te werk.

    Passiewe 3D brille is soortgelyk aan spesiaal ontwerpte gepolariseerde sonbrille, maar in teenstelling met sonbrille wat eweveel lig van beide oë blok, blok hierdie 3D bril lig verskillende vir elke oog om sodoende die illusie van diepte te skep. Dit beteken dat geen delikate elektronika in die bril self nodig is nie, asook geen infrarooi seine benodig word nie. Elke lens van die bril blok lig, dus kry elke oog nie ‘n volle 1080p beeld nie, maar die twee oë tesame sien ‘n 1080p beeld. Hierdie tipe bril is heelwat goedkoper, maar die kwaliteit van die 3D beeld is natuurlik swakker as dié van die aktiewe-sluiter bril.

    Webwerf van die week
    Lees meer oor active 3D en passive 3D by www.3dtvguide.org/3d-glasses.html en www.pcworld.com/article/225218/active_3d_vs_passive_3d.html.

    Maleen het ‘n idee wat sy wil gebruik en het hulp nodig om dit verder te ontwikkel, maar wil ook die idee beskerm:
    Kry hulp by www.shuttleworthfoundation.org/ en ook www.tia.org.za/node. Beide hierdie organisasies sal jou van raad kan bedien sonder om jou idee te steel.

    Johan het ‘n webwerf ingestuur met instruksies oor hoe om Teamviewer te gebruik om te koppel na jou rekenaar vanaf jou Android of iOS slimfoon of tablet:
    www.howtogeek.com/106018/access-desktops-on-the-road-with-teamviewer-for-android-iphone/?utm_source=newsletter&utm_medium=email&utm_campaign=230212.

    Wenk van die week
    Nikolene het laat weet hoe sy wagwoorde maklik onthou: Sy het 'n Excel spreivel opgestel met die Webtuiste, 'n hyperlink na die Login bladsy, asook 'n rekeningnommer (indien nodig) met pin nommers, wagwoorde ens. Dus hoef sy net een wagwoord te onthou.

    Kortpadsleutels vir YouTube:
    Spasiebalk: Speel of Pause ‘n video
    Pyltjie na links: Rewind
    Pyltjie na regs: Fast forward
    Pyltjie boontoe: Vermeerder volume
    Pyltjie ondertoe: Verminder volume
    F: Vertoon volskerm
    Esc: Exit volskerm

    Vraag van die week
    Wat is illumishare?

  • 20:45-21:00

    Woensdag 7 Maart 2012

    Antwoord op vraag van 29 Februarie 2012
    Windows 8 is nog nie vrygestel nie en Windows 9 word alreeds beplan. Wat word beplan in Win 9?
    Mens kan nie verseker nou al weet wat als nuut in Win 9 gaan wees nie, behalwe sekere aspekte, soos byvoorbeeld dat dit ‘n gestandardiseerde koppelvlak (interface) sal hê wat al die verskillende Microsoft apparate sal deel.

    Verder sal Win 9 die eerste bedryfstelsel wees om slegs die 64-bis weergawe te ondersteun, dus geen 32-bis weergawe nie. Die vervaardigers gaan al hul sisteme skuif na hierdie weergawe en wat verhoogde sekuriteit tot gevolg sal hê.

    Win 9 sal ook vinniger wees met beter werkverrigting en sal nuwighede insluit waaroor mens geen sekerheid nou al kan hê nie. Daar word bespiegel dat Win 9 ook ‘n 128-bis weergawe kan hê. Microsoft se nuwe lêersisteem genaamd ResFS of Resilient File System wat net in die bediener (server) bedryfstelsel in Windows 8 ingesluit gaan word, sal dalk ook wyer beskikbaar wees.

    Probleme wat met Windows 8 ondervind word sal ook aangespreek word in Win 9. Mens sal byvoorbeeld moet sien of die Start Screen wat in Win 8 die Start button vervang, goed ontvang gaan word in die Win 8 bedryfstelsel. Indien 3D ondersteuning en ondersteuning vir Kinect nie in Win 8 ingesluit word nie, sal dit in Win 9 ingevoeg moet word.

    Verdere aspekte wat moontlik ingesluit kan word in Win 8 of dalk eers in Win 9 is gesigsherkenning en Smart sticky notes wat mens toelaat om hiperskakels, afprake ens daarop te plaas.

    Ons sal eers wag en kyk wat als in Win 8 is voor ons verder daaroor wonder.

    Webwerf van die week
    Lees meer oor Windows 8 by:
    www.windows9beta.net
    http://webtablab.com/windows/6-major-flaws-of-windows-8-which-microsoft-needs-to-rectify/
    http://webtablab.com/windows/windows8-features/

    ‘n Luisteraar wat nie sy naam verstrek in die e-pos nie, het gevra hoe gradeer mens op van 32-bis na ‘n 64-bis bedryfstelsel.
    Kyk of die prosesseerder in jou rekenaar in staat is om die 64-bis bedryfstelsel te hanteer: Gaan na Start -> Control Panel -> System and Maintenance en klik Performance Information and Tools. Klik View and print details. In die System afdeling kan mens sien watter tipe bedryfstelsel jy het en onder 64-bit capable kan mens sien of dit moontlik is. (Indien jou rekenaar reeds ‘n 64-bis weergawe van Windows het, sal daar geen 64-bit capable afdeling wees nie.) Daar is ongelukkig nie ‘n direkte manier om op te gradeer van ‘n 32-bis na ‘n 64-bis bedryfstelsel en al die data ens behoue te laat bly nie. Daar is ‘n gids met inligting by http://www.mydigitallife.info/workaround-to-upgrade-from-32-bit-x86-to-64-bit-x64-windows-7-operating-system/. Indien meer inligting verlang word oor of 32-bis of 64-bis die beste bedryfstelsel vir jou sal wees, besoek http://www.makeuseof.com/tag/how-to-choose-between-32-bit-64-bit-windows-7-operating-systems/.

    Peter het die volgende webwerf ingestuur waar mens kan sien hoe vinnig jy reageer in hierdie gratis speletjies:
    http://reflex.sosocial.net/. Daag ook jou vriende uit om te kyk wie is die vinnigste.

    Wenk van die week
    Ronnie Seeber het laat weet dat die Afrikaanse vertaling van malware (malicious software) is kwaadaardige sagteware in Afrikaans en mens kan dit verkort na kwadeware of kwaadware. Op sy eenvoudigste is dit dus ware wat geassosieer is met kwaad of die kwade. Kwaad (kwade) as selfstandige naamwoord word deur die HAT gedefinieer as dit “wat sleg, verkeerd, skadelik is”, presies wat hierdie soort sagteware is. Semanties en taalkundig behoort die term te voldoen. Dit is ook voorgestel dat skaadware gebruik word, maar dis veiliger om by kwaadware te bly ingeval mens ‘n term soos damageware in die toekoms kry wat dan eerder as skaadware vertaal sal word.

    Kortpadsleutels vir Flickr:
    Alt + Shift + n: gaan na die volgende bladsy
    Alt + Shift + p: gaan na die vorige bladsy
    Alt + Shift + <: gaan na die eerste bladsy
    Alt + Shift + >: gaan na die laaste bladsy

    Vraag van die week
    Wat is die verskil tussen active 3D en passive 3D?

  • 20:45-21:00

    Woensdag 29 Februarie 2012

    Antwoord op vraag van 22 Februarie 2012
    Wat is Facebook Timeline?
    Timeline is die omgekeerde chronologiese vertoon van die gebruiker se geskiedenis op Facebook en ander lewensgebeurtenisse wat die Facebook Wall en Profile vervang en kombineer. Timeline is ‘n kruising tussen ‘n visuele blog en ‘n aanlyn scrapbook. In Desember 2010 is dit vir ‘n kort rukkie vrygestel as Facebook Memories.

    Daar gaan nie ‘n opsie wees om dit nie te verander nie, almal sal moet verander na timeline. Dit gaan op verskillende datums uitgerol word aan gebruikers en vanaf die datum wat hul jou in kennis stel is daar 7 dae waarin jy die verandering moet doen. In daardie tyd kan jy inhoud afvee en inhoud wegsteek (hide) wat jy nie wil hê ander moet sien nie.

    Mens kan kies om dit aan te skakel deur op die groen knoppie met die woorde Get Timeline te klik. Mens kan nie weer teruggaan hierna nie. Op Timeline verskyn jou status opdaterings, vriendskappe gesluit, werksgeskiedenis en ander inligting op jou profiel.

    Elke Timeline inskrywing het 2 ikone vir wysigings: ‘n pen ikoon in die boonste regterkantste hoek waarmee die voorwerp afgevee of weggesteek kan word, en ‘n cog of silhouette waarmee jy bepaal wie die voorwerp mag sien. Elke voorwerp in die timeline het ‘n tuimelkieslys sodat jy kan filter wie dit mag sien.

    ‘n Voordeel van timeline is dat jy lewensgebeurtenisse kan byvoeg, wat nou plaasvind of vorige gebeurtenisse. Sommige gebeurtenisse is vooraf opgestel in Facebook, maar jy kan ook jou eie gebeurtenis of mylpaal byvoeg. Indien jy ‘n ou foto wil byvoeg kan jy die jaar bysit sodat dit chronologies inpas. Met elke voorwerp wat ingevoeg word, kan jy kies wie dit mag sien en items is nie by verstek aan almal sigbaar soos vantevore nie.

    Webwerf van die week
    Lees meer oor Facebook timeline by www.facebook.com/about/timeline en www.pcmag.com/article2/0,2817,2393464,00.asp. Timeline is ook geintegreer met ander apps soos die image scrapbooking site Pinterest om outomaties aktiwiteit op jou Timeline te pos. Vir ‘n lys van apps wat saamwerk met timeline en hoe om dit te gebruik, besoek www.pcmag.com/article2/0,2817,2399085,00.asp.

    Johan wil weet of hy android apps op sy tafelrekenaar ook kan gebruik en nie net op sy android slimfoon nie:
    Ja, dit sal moontlik wees met ‘n program genaamd BlueStacks App Player. Kry die details hiervan by http://download.cnet.com/BlueStacks-App-Player/3000-18513_4-75593133.html.

    Alwyn het die volgende webwerwe ingestuur vir besighede wat nog nie hul eie webwerf het nie:
    www.wozaonline.co.za/. Daar is ook ‘n artikel wat verduidelik hoekom dit gedoen word by www.it-online.co.za/?p=53669?utm_source=dailymailer&utm_medium=email&utm_campaign=article. Besighede wat hiervan gebruik maak kry ‘n gratis maklik-om-te-bou webwerf, gratis subdomein naam en hosting, word outomaties gelys op Google Places, het toegang tot opleidingsmateriaal en werkswinkels met gratis aanlyn ondersteuning via Google Chat en e-pos, asook een jaar gratis topvlak domeinnaam vir die eerste 10000 aansoekers.

    Wenk van die week
    Na aanleiding van ‘n vorige program oor malware het Anita vir ons die volgende webwerf ingestuur:
    www.freebyte.com/antivirus/. Die webwerf lys ‘n groot hoeveelheid gratis en ook betaalweergawes van anti-virus sagteware, firewalls, netwerk sekuriteit sagteware en baie meer.

    Vraag van die week
    Windows 8 is nog vrygestel nie en Windows 9 word alreeds beplan. Wat word beplan in Windows 9?