LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: NNW
TERUG

Sterre en planete

Sterre en planete
Vrydag - 20:00-20:30

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

RSS-voer

AANBIEDERS

VORIGE PROGRAMME

  • 20:00-20:30

    Vrydag 11 Mei 2012

    Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus vertel van die son wat weer besig is om redelik aktief te raak. Daar is ook inligting oor ‘n belangrike gebeurtenis in Junie wanneer Venus voor die son verfbyskuif.

    Foto's van Cassini se verbyvlug by Saturnus se maan Dione
    www.universetoday.com/94991/exploration-at-its-finest-cassini-visits-dione/

    Sterre en planete 11 Mei 2012

    Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus vertel van die son wat weer besig is om redelik aktief te raak. Daar is ook inligting oor ‘n belangrike gebeurtenis in Junie wanneer Venus voor die son verfbyskuif.
    Laai die mp3 af (19 081KB)

  • 20:00-20:30

    Vrydag 4 Mei 2012

    Hoe sal jy weet jy tel ‘n meteoriet op en nie ‘n klip nie? Daar is ook inligting oor die stereo-satelliete wat inligting oor die son versamel. Die komende naweek gaan ‘n maannaweek wees, want die maan sal ‘n sogenaamde supermaan wees – baie nader aan die aarde as normaalweg. Daar is ook nuus oor die volgende Sterre en Planete-aand wat by die Gariepdam plaasvind.

    Sterre en planete 4 Mei 2012

    Laai die mp3 af (19 670KB)

  • 20:00-20:30

    Vrydag 20 April 2012

    As mens na die suiderkruis kyk, lyk dit of al die sterre ewe ver van jou af is, maar dit is beslis nie die geval nie. Hennie Maas praat met Willie Koorts en prof. Matie Hoffman oor die oënskynlike afstande van sterre. Hoe helder sal Canopus byvoorbeeld wees as die ster dieselfde afstand as Alfa Centauri gehad het?

    Sterre en planete 20 April 2012

    Laai die mp3 af (20 249KB)

  • 20:00-20:30

    Vrydag 13 April 2012

    Prof. Matie Hoffman gesels oor die verskuiwing van die melkweg. Daar is ook meer inligting oor watter soort teleskoop - reflektor of refraktor - beter is vir watter hemelliggaam. Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus verduidelik ook hoe magnetiese storms op die son gemeet word.

    Sterre en planete 13 April 2012

    Laai die mp3 af (19 978KB)

  • 20:30-21:00

    Donderdag 29 Maart 2012

    Wat is die verskil tussen ‘n reflektor en ‘n refraktorteleskoop? Watter soort teleskoop is die SALT? Dr. Pierre Celliers van die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap op Hermanus praat ook oor die son en die betekenis van die nommers van die uitbarstings wat op die son voorkom.

    Sterre en Planete 29 Maart 2012

    Wat is die verskil tussen ‘n reflektor en ‘n refraktorteleskoop? Watter soort teleskoop is die SALT?
    Laai die mp3 af (19 426KB)