LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Fair 6°/21°
WEER Wind: NNW
TERUG

Tjailatyd

Tjailatyd
Maandag tot Vrydag - 15:00-18:00

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, groensake, etiket en resepte! Die lekkerste musiek sal jou in 'n japtrap by die huis kry!

 

RSS-voer

AANBIEDERS

VORIGE PROGRAMME

  • 15:00-18:00

    Dinsdag 8 Mei 2012

    ENTREPRENEURSPRAATJIE
    Amore Bekker gesels met Willie van Straaten, 'n entrepreneur en produkontwerper, oor hoekom so min mense van hulle idees 'n sukses maak. Hy gee ook wenke oor hom om jou idee in 'n suksesvolle produk te ontwikkel.

    Willie van Straaten
    011-883-7992

    Entrepreneur 8 Mei 2012

    Amore Bekker gesels met Willie van Straaten, 'n entrepreneur en produkontwerper, oor hoekom so min mense van hulle idees 'n sukses maak. Hy gee ook wenke oor hom om jou idee in 'n suksesvolle produk te ontwikkel.
    Laai die mp3 af (6 787KB)

    Etiket met Nataniël 8 Mei 2012

    Hoe hanteer mens mense wat ongwenste persoonlike vrae vra?
    Laai die mp3 af (4 630KB)

  • 15:00-18:00

    Woensdag 25 April 2012

    REKENAARRUBRIEK
    Antwoord op vraag van 18 April 2012
    Wat is UPSD?
    UPSD staan vir Urban Photonic Sandtable Display en is ‘n projek van DARPA (Defense Advanced Research Projects Agency). Dit skep ‘n intydse, kleur, 360 grade driedimensionele holografiese beeld wat veral oorlogdeskundiges help met beplanning van missies. Geen 3D brille is nodig nie en UPSD bied ‘n groot formaat, interaktiewe beeld om te help met die beplanning, visualisering en interpretasie van komplekse 3D data. Dit het veral toepassing in intelligensie en mediese rigtings. Tot twintig deelnemers/spanlede kan gelyktydig interaktief werk en die beeld kan gevries, geroteer en vergroot word tot die maksimum resolusie met ‘n visuele diepte van 12 duim.

    Realistiese tweedimensionele uitdrukke van die 3D beeld kan gemaak word wat saamgeneem kan word op die missies. UPSD is gebaseer op vol-parallaks wat elke 3D holografiese voorwerp in staat stel om die korrekte hoeveelheid lig te projekteer om ‘n 360 grade beeld te vertoon.

    UPSD kan vergroot word vanaf ‘n ses duim diagonale grootte tot ‘n ses voet diagonale beeld in monochroom en kleur formate.

    Webwerf van die week
    Lees meer oor UPSD by www.darpa.mil/NewsEvents/Releases/2011/2011/03/24_DARPA_Successfully_Completes_3D_Holographic_Display_Technology_Demonstration_Program.aspx.

    Stan wil weet of ‘n mens Internet Explorer op ‘n Galaxy Tablet 10.1 (Android) kan kry? Hy moet IE gebruik om op ‘n stelsel aan te teken.
    Daar is nie IE vir Android beskikbaar nie, maar mens kry wel ‘n IE extension vir Chrome wat mens toelaat om IE deur Chrome te hardloop. Sien www.ietab.net/ en http://www.chromeextensions.org/utilities/ie-tab/.

    Jan Mostert het die volgende webwerf ingestuur vir leerders om inligting vir take te kry: http://myfundi.co.za/a/Tuisblad.

    Alwyn het ‘n webwerf ingestuur oor aanlyn studies in Afrikaans - www.akademia.ac.za.

    Wenk van die week
    Outomatiese opdatering van Android apps: Gaan na Android Market, nou genoem Google Play. In Google Play klik die menu knoppie en kies Settings. Plaas ‘n regmerkie langs Auto-update apps. Daar is verder ook ‘n opsie beskibaar om slegs oor Wi-Fi op te dateer. Om slegs sekere apps outomaties op te dateer selekteer My Apps van die menu en kies een. Sodra die app oop is, kies Allow automatic updating.

    Vraag van die week
    Wat is die verskil tussen die opsies sleep, hibernate en hybrid sleep in Win 7?

    Rekenaarrubriek 25 April 2012

    Fakir Hassen, Paul Grobler en Adie van Rensburg neem jou op 'n reis deur die wêreld van die rekenaar.
    Laai die mp3 af (7 065KB)

    Dink Groen 25 April 2012

    Dave Pepler praat oor 'n groener leefstyl.
    Laai die mp3 af (4 575KB)

  • 15:00-18:00

    Woensdag 18 April 2012

    REKENAARRUBRIEK
    Antwoord op vraag van 11 April 2012
    Wat is Raspberry Pi?
    Dit is ‘n uiters bekostigbare klein rekenaartjie wat omtrent so groot soos ‘n kredietkaart is en wat oorspronklik ontwerp is om kinders sover te kry om programmering te leer. Een van die oogmerke van dié Cambridge-ontwerpte rekenaartjies is om dit so bekostigbaar moontlik te maak sodat elke kind toegang tot een kan hê.

    Die Raspberry Pi is ‘n volledig operasionele Linux rekenaar met ‘n USB-poort vir ‘n sleutelbord en kan in ‘n HD TV inprop. Sodra dit ingeprop is by die TV kan dit dmv ‘n modem op internet gaan, multimedia vertoon, woordprosessering doen en natuurlik gebruik word om programmering te doen.

    Die Raspberry Pi kos R260 en sal in Suid-Afrika beskikbaar wees. Dit word reeds verkoop in Brittanje en die aanvraag daarvoor was totaal oorweldigend. Met die vrystelling daarvan is daar sowat 700 eenhede per sekonde verkoop!

    Die SoC (System-on-Chip) is ‘n Broadcom BCM2835 wat die ARM11 prosesseerder bevat met ‘n spoed van 700Mhz en ‘n Videocore 4 GPU. Die GPU is in staat om BluRay kwaliteit te lewer en gebruik H.264 (ook genoem MPEG-4 AVC) teen 40 Mb/s. Dit het ‘n vinnige 3D kern met OpenGL ES2.0 en OpenVG libraries. ‘n SD-kaart word gebruik vir booting en stoorplek.

    Webwerf van die week
    Lees meer oor Raspberry Pi by www.raspberrypi.org/faqs, http://dailymaverick.co.za/article/2012-03-06-sa-will-soon-taste-raspberry-pi-the-ultra-affordable-credit-card-sized-computer en http://en.wikipedia.org/wiki/Raspberry_Pi.

    Marius het laat weet dat hy Avira afgelaai het om my rekenaar te beskerm teen virusse. Al probleem is hulle bly my peper met opgradeerings en verbeterde pakette. Nou het ek onwetend McAfee afgelaai. Ek sit nou met beide op my rekenaar. Kan ek albei op hou of maak dit my rekenaar stadiger? Indien ek moet kies, watter een sou jy aanbeveel? Gewoonlik kan mens nie twee anti-virus programme op jou rekenaar hê nie, en as jy het, kan jy hulle nie gelyktydig hardloop nie. Nie alle anti-virus programme maak jou rekenaar baie stadig nie. Vir ‘n opsomming van watter anti-virus programme die beste is kyk gerus na www.techsupportalert.com/best-free-anti-virus-software.htm, http://freebies.about.com/od/computerfreebies/tp/best-free-antivirus.htm en www.av-comparatives.org/en/comparativesreviews/summary-reports.

    Mike het ook gevra of die nuwe Microsoft Security Essentials voldoende is as anti-virus program. Kyk gerus by die bogenoemde webwerwe hoe dit opweeg teen die ander anti-virus programme.

    Wenk van die week
    Soms gebeur dit dat mens YouTube videos op ‘n ander persoon se rekenaar kyk en dit wil aflaai, maar kan nie dit daar doen nie. Om die videos af te laai na jou eie rekenaar gebruik Videodropper. As jy ‘n Dropbox rekening het kan Videodropper dit in jou Dropbox aflaai. Gaan na die Videodropper webwerf en kies Login with Dropbox om aan te teken met jou Dropbox details. Klik Allow om toestemming te gee dat die video in jou Dropbox afgelaai kan word. Hierna moet die URL van die video verskaf word en dit verskyn in jou Dropbox daarna. Videodropper is beskikbaar by http://videodropper.ep.io/.

    Vraag van die week
    Wat is UPSD?

    Dink Groen 18 April 2012

    Hoekom is daar 'n groot afname in die verkope van organsiese voedsel?
    Laai die mp3 af (4 554KB)

    Rekenaarrubriek 18 April 2012

    Fakir Hassen, Paul Grobler en Adie van Rensburg neem jou op 'n reis deur die wêreld van die rekenaar.
    Laai die mp3 af (7 073KB)

  • 15:00-18:00

    Donderdag 12 April 2012

    Hannie van der Merwe se saamrybrief

    Hierdie pad van my is ‘n seerkry pad... ‘n hartseer pad... ‘n afskeidpad. Duisende ouers in S.A. het al hierdie pad gery.

    Ons enigste dogter, Lelanie en haar man met ons enigste 2 kleinkinders imigreer vandag na Australië. Ons harte is stukkend, maar hulle voel daar is ‘n beter leefstyl en toekoms vir hul kinders. Ons ry met twee motors lughawe toe en ek sorg dat sy saam met my en haar ouboet ry. Vir oulaas wil ek haar vir ‘n rukkie net vir myself hê.

    Ons twee sit agter en soos ons uit die Paarl ry, kyk sy vir oulaas na die persblou Du Toitskloof berge en die blink rotse van Paarlberg. ’n Wasigheid kom in haar oë en die motor spoed op die N1 verby die prentjiemooi herfskleurige wingerde teen Agter Paarl berg.
    Langs my kwetter sy soos ‘n voëltjie,. Ek bekyk haar petite lyfie, haar lang welige rooi hare, sproetgesig en gul mond. Ek sien die dowwe brandmerke op haar regterskouer en by haar elmboog en ek onthou die pyn op 2 jaar toe sy die huishulp se beker tee op haar omgekeer het. Ek onthou ook haar nieroperasie waar driekwart van haar nier verwyder is weens ‘n tumor. Dan gaan my oë na die merke op haar linker arm en haar enkel; die gevolge van ‘n motorfietsongeluk waarna sy lank in ‘n koma was, maar ook wonderbaarlik herstel het.

    Ons draai af op die R300 en ek kyk na haar skraal lyfie wat 3 kinders gedra het. Daar was die seer van ‘n eersteling wat op 25 weke doodgebore is, maar ook die seëning van 2 seuntjies daarna.

    Nou nader ons die besige N2 en kyk na Tafelberg wat skoon en helder voor ons lê en te gou is die lughawe voor ons.
    Tot nou toe kon ek my emosies beheer.maar toe my meisiekind - die sonstraal in my lewe - haar arms om my gooi en haar klein lyfie wat al soveel teenslae oorkom het teen my vasdruk, huil ek dat die dak daarvan weergalm. Ek ruik die son in haar hare, ruik haar bekende lyf en weet dis wat ek sal onthou en saam terug neem... tasse en tasse vol mooi herinnering aan ‘n vreugdekind.

    Ek weet haar pad was al vol dongas, afdraaie, en dorings. Maar sy het telkens haar wiele styf gepomp en aan gery.. Haar anderland paaie gaan ook nie maklik wees nie. Tog sal sy, wat hier onder die Afrika son groot geword het, haar rigting daar ook kry.
    Ons ry dieselfde pad terug huistoe.. Dis leeg in ons. Ek kyk om my en als lyk kleurloos en vaal . Ek snuit en vee my oë af en weet: ons pad sal weer kleur kry. Die berge sal weer persblou skyn Paarlberg sal weer blinknat glinster en die wingerd sal weer groenbot. Net nie vandag nie...
     

  • 15:00-18:00

    Woensdag 11 April 2012

    REKENAARRUBRIEK
    Antwoord op vraag van 4 April 2012
    Wat is die winmail.dat aanhangsel wat ek op my Android foon kry?
    Dit is eintlik TNEF (Transport Neutral Encapsulation Format) lêers wat deur MS Outlook, Outlook Express of Microsoft Exchange gestuur word en wat nie deur gebruikers van ander epos programme soos Thunderbird of op ander platforms soos Android, Apple, iPad of iPhone en ander gelees kan word nie. Die oorspronklike e-pos met die subject, body en attachments word gekombineer in ‘n enkele winmail.dat lêer, wat soms ook ‘n generiese naam soos ATT00001.dat of ATT00005.eml kan hê.

    Sommige TNEF lêers bevat inligting wat slegs deur Outlook gebruik word om byvoorbeeld OLE (Object Linking and Embedding) ingebedde dokumente of ander Outlook-spesifieke items soos byvoorbeeld vorms, meeting requests ens, te vertoon. Ander TNEF lêers mag die lêers bevat wat by die e-pos boodskap aangeheg was. In ‘n Outlook e-poskliënt kan TNEF enkodering nie aan- of afgeskakel word nie, behalwe deur die Registry.

    Daar is programme beskikbaar op internet om die dekodering te doen, soms as ‘n program wat afgelaai kan word, of soms as ‘n aanlyn program. Meer inligting by die webwerf van die week.

    Webwerf van die week
    Lees meer oor winmail.dat by http://en.wikipedia.org/wiki/Transport_Neutral_Encapsulation_Format en www.winmail-dat.com/winmail.php. Die Wikipedia webwerf gee ook skakels na programme wat deur die verskillende platforms gebruik kan word om die inligting in die winmail.dat lêer te vertoon. Meer inligting om te verhoed dat Exchange Server winmail.dat boodskappe stuur by www.winmail-dat.com/prevent_exchange.php. Om te verhoed dat sulke boodskappe gestuur word deur Outlook, besoek www.winmail-dat.com/prevent_outlook.php.

    Danie Oosthuizen skryf dat hy wil weet hoe om die winmail.dat aanhangsel wat hy ontvang leesbaar te maak op sy Galaxy Tab Android Tablet. Die aanhangsel kom meestal vanaf MS Outlook via 'n Exchange Server en is soms leesbaar, soms nie. Hy kry ook die winmail.dat probleem op sy Nokia slimfoon en verstaan dat Blackberry gebruikers dieselfde probleem het. Daar is ‘n oplossing vir die probleem by www.winmail-dat.com/online.php. Die winmail.dat lêer wat dikwels die totale boodskap met die onderwerp, inhoud en aanhangsels bevat, kan deur ‘n winmail.dat leser vertoon word. Die program is geskryf vir Mac, Linux, iPad, iPhone, Android, Blackberry en ander om aanhangsels wat deur MS Outlook en MS Exchange gestuur is oop te maak.

    Danie het laat weet dat hy 'n Samsung Galaxy P7300 Tab gekry het. Soos meeste besitters van 'n E-lei (tab) het ek dadelik belang gestel in die App's wat beskikbaar is en soos jy weet is daar derduisende van die goed. Hy sê hy het ook belang gestel in App's wat in Afrikaans is, maar daar was nie beskikbaar nie of hy kon hulle nie raakloop nie. Hy het toe maar self 'n paar App's in Afrikaans gaan skryf en hy nooi almal uit om na die drie te gaan soek en hul te lees. Hulle is: Afrikaanse Humor 1, Afrikaanse Humor 2, Aftree op 60. Hy het ook 'n e-boek die lig laat sien. Dit bestaan uit baie kostelike staaltjies of stories as jy wil, met wyshede, resepte en kostelike kinderstaaltjies. Gaan kyk by https://play.google.com/store/search?q=Afrikaanse+humor&c=apps.

    Wenk van die week
    Afrikaans vir tablet rekenaar: Danie het laat weet dat hy 'n Samsung Galaxy P7300 Tab gekry het. Hy noem dit 'n E-lei, want die ou mense het na die oorlog op 'n lei geskryf en hy stel hom voor dat die lei amper soos deesdae se Tab's moes lyk.

    Vraag van die week
    Wat is Raspberry Pi?

    Rekenaarrubriek 11 April 2012

    Fakir Hassen, Paul Grobler en Adie van Rensburg neem jou op 'n reis deur die wêreld van die rekenaar.
    Laai die mp3 af (6 934KB)